Background Image
Previous Page  26 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 64 Next Page
Page Background

24

Wees bedag op

DIÉ SLAGGATE

‘n

“waardetoevoegingsplan” klink altyd goed – tot dit begin

skeefloop, dan is dit ‘n groot en duur gemors wat die be-

staande besigheid maklik groot skade kan berokken. Om ‘n

waardetoevoegingsprojek te maak werk, verg sorgvuldige

beplanning, volgehoue kwaliteit produksie, knap bestuur en sekerlik

die belangrikste: Baie goeie markontleding en bemarking. Verder is

langtermyn-vooruitbeplanning van kardinale belang.

Geleentheid om geld te maak

Waardetoevoeging word gewoonlik oorweeg en geïmplementeer

om ‘n toekomstige bedreiging vir die boerdery-onderneming om te

skakel in ‘n geleentheid om geld te maak en te kan bly voortbestaan.

Net só sal daar vir die waardetoevoegingbesigheid weer nuwe ge-

leenthede ontstaan, wat ook benut kan word.

Mense dink dikwels die prys waarteen byvoorbeeld mieliemeel in

‘n kettingwinkel verkoop word, die prys sal wees wat hulle vir hul

geproduseerde meel gaan ontvang. Dit is ‘n groot fout. Verwerkers

kry nie naastenby daardie pryse nie. Baie kostes en winste word

nog in die verspreidings- en bemarkingsketting bygevoeg. Die

winste wat veral op waardetoegevoegde produkte gemaak word, is

maar laag en daarom is volgehoue hoë omsette van produkte baie

belangrik.

Kundigheid

Een van die sleutelvereistes vir sukses, is die inbring van kun-

digheid en spesialisasie. Maak gebruik van kundige persone om

die uitvoerbaarheidstudie en markontleding te doen. Gebruik

ook kundiges om die fisiese en finansiële beplanning vir die

nuwe besigheid te doen en aan te beveel watter infrastruktuur en

masjinerie aangeskaf moet word, asook watter personeelposte

geskep en wanneer dit gevul moet word.

Hierdie aspek is krities, omdat ‘n fout hierin die besigheid van die

begin af kan kelder. By die aanstelling van personeel, maak seker

dat kundige werkers aangestel word: ‘n Bestuurder, rekenmeester,

debiteure- en krediteureklerke en personeelbestuurders is voor-

beelde van personeel wat aangestel moet word – en sulke kundiges

kos geld.

Pasop vir kruissubsidie

Dit is van kardinale belang dat die verwerkingsvertakking so

vinnig moontlik op sy eie voete moet kom – wat beteken dat daar

afsonderlike stelle boeke en bestuur moet wees. Hierdie nuwe

besigheid is ‘n besigheid op sy eie en daarom moet kruissubsidie

voorkom word.

Die werkslas en druk van die bestuur van die huidige boerderybe-

sigheid gaan ook verhoog as daar op ‘n nuwe waardetoevoe-

gingsbedryf besluit word. Waardetoevoeging is niks anders as ‘n

vertakking wat ekstra hoë bestuursintensiewe aandag benodig

nie. As hierdie nuwe vertakking nie by die bestaande boerdery-

besigheid en bestuur inpas nie, gaan iets skade ly. As eienaar sal

jou taak van toesighouding en beplanning toenemend belangrik

raak en ook meer van jou tyd in beslag neem.

Trek spesialiste in

Deur spesialiste toe te laat om hul spesialis-kundigheid tot jou

voordeel toe te pas, verhoog die winsgewendheid van die besig-

heid omdat hulle die effektiwiteit en doeltreffendheid verbeter. Die

twee is saam die boublokke van ‘n suksesvolle besigheid.

Die spesialiste moet sorg dat die produksie met die vraag ooreen-

stem en dat kwaliteit gehandhaaf word. Spesialiste neem nie jou

verantwoordelikheid ten opsigte van beplanning en kontrole weg nie

– jy het nou net hulp op daardie spesifieke gebiede.

Besigheidsplan

‘n Volledige besigheidsplan wat alle aspekte en gepaardgaande

risiko’s insluit, moet opgestel word voor daar tot waardetoevoe-

ging toegetree word. As dit nie op papier werk nie, is die kans dat

dit in die praktyk gaan werk, bitter skraal. Hierdie besigheidsplan

moet gereeld gekontroleer en aangepas word as die waardetoevoe-

gingsbesigheid eers aan die gang is.

Markontleding

Die proses om te bepaal tot watter bedryf toegetree moet word,

val saam met die ontleding van die mark en spesifiek die behoefte

wat jou produk gaan bevredig, asook die bemarkingsomgewing

waarbinne die besigheid val. Gegewe hierdie realiteite, sal dit sin

maak om die langtermyn-winsgewendheid ook te ontleed.

Dit is belangrik om te weet hoe groot die mark in der waarheid is,

wie en hoeveel kompetisie daar is en wat jou kompeterende voor-

dele sal wees.

Die verwagte veranderinge van smake en voorkeure van die ver-

bruikers moet ook in aanmerking geneem word. Verbruikers se

eienskappe moet ook ontleed word, met ander woorde: Is hulle

pryssensitief, kwaliteitbewus, gemakgeoriënteerd of tegnologies

ingestel? Dit sal die toekoms van jou produkte bepaal.

Vir bemarking is dit belangrik om die regte produk, teen die regte

prys, op die regte tyd, by die regte verbruiker met die spesifieke

behoefte uit te kry.

Watter ondernemingsvorm?

Die ondernemingsvorm wat jy vir jou besigheid kies, is net so

belangrik. Maak gebruik van kenners om jou hiermee te help. Dit

is belangrik om te weet watter effek die besighede op mekaar

gaan hê as daar dalk byvoorbeeld ‘n droogte is en een van die afde-

lings ‘n verlies maak en of en hoe opgehoopte belastingverliese

benut kan word.

Die ondernemingsgrootte en produksiekapasiteit is belangrik.

Maak ook voorsiening om insette van buite te kan inkoop en te kan

FOKUS

Waardetoevoeging

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

Junie 2016