Background Image
Previous Page  25 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 64 Next Page
Page Background

Lees, leer en implementeer:

Dít is waardetoevoeging

A

s daar gepraat word van waarde-

toevoeging in die graanbedryf, is

die eerste gedagte wat opkom ‘n

meule. Dit is egter nie noodwendig

die beste opsie vir produsente nie.

Die meeste mense wat reeds waarde tot hul

produkte toevoeg, noem dat dit gepaard

gaan met ekstra bestuurstyd. Die dag raak

net voller en meer verantwoordelikhede sal

na ander werknemers afgeskuif moet word.

Die werk waarvan jy as produsent hou,

word dalk van jou weggeneem en van jou

word vereis om ander take te verrig, soos

kantoorwerk, onderhandelinge, beplanning,

kontrole en bemarking. Dit kan dalk meer

van jou bestuurstyd in beslag neem. Sien jy

kans hiervoor?

Tog is daar in enige besigheid ‘n plek

waar waarde toegevoeg kan word. En dit

is gewoonlik binne jouself. Hoe gereeld

meet en verander jy jou eie langtermyn- en

korttermyndoelwitte? Wanneer laas het jy

in jouself belê of ‘n boek gelees om jou

kennis uit te brei? Jy as bestuurder is die

grootste bate van jou besigheid: Jy moet

die pas en rigting aangee, maar daar word

nie tyd gemaak om jou kennisvlakke uit te

brei en doelwitte aan te pas nie.

As jy dit kan regkry om jou kennis uit te brei,

moet daardie nuwe kennis in nuwe prak-

tyke in jou besigheid toegepas word. Dit

sal die effektiwiteit en doeltreffendheid

van jou besigheid verhoog en dalk die

opbrengste ook verhoog. Dit sal nie nood-

wendig gepaard gaan met die spandering

van ‘n groot klomp ekstra kapitaal nie, maar

heel moontlik sal dit bydra tot ‘n verlaging

in kostes en/of ‘n verhoging in opbrengs

– wat in albei gevalle tot hoër wins sal lei.

Investeer in jouwerknemers

Die volgende plek waar jy dalk meer in

moet investeer, is die werknemer op die

plaas. Hierdie mense is eintlik die hart van

jou besigheid. Gelukkige werknemers gee

gewoonlik meer as wat jy verwag.

Jou werknemers is jou oë, ore en hande.

So hoekom wil jy nie in hulle belê nie? Daar

kan verskeie redes wees (soos dat jy bang

is hulle sal weggaan). Daar is mos talle

verskonings om te noem.

Alle mense (ek en jy inkluis) wil graag

positiewe erkenning ontvang. Gee jy as be-

stuurder genoeg positiewe terugvoer vir jou

werknemers of insetverteenwoordigers?

Wanneer laas het jy jou werknemers bedank

vir hulle bydrae tot die besigheid?

Gebruik jy as bestuurder die woordjie

“dankie” genoeg – tot voordeel van jou

eie besigheid? Gebruik hierdie woord baie

meer gereeld en jy sal sien hoe jou besig-

heid se effektiwiteit en doeltreffendheid

(en daarmee saam jou wins) verhoog.

Miskien is dit tyd dat jy met die werk-

nemers gaan sit en na hulle drome luister,

dan sal jy dalk verstaan waarom hulle

optree soos hulle optree. Kultuur en kul-

tuurverskille maak dat ons nie dieselfde

reageer en oor sake dink nie. Die plek waar

ons grootgeword het en die waardesisteem

waarin ons glo, verskil en dit maak dat

produksie nie geoptimaliseer word nie.

Persepsies tussen kulture verskil dramaties.

Jy as eienaar dink dalk jy is wonderlik,

maar die werknemers dink dalk net mooi

die teenoorgestelde en andersom ook. Die

lewe draai om persepsies en persepsies is

die oorsaak van optrede. Dit is dus belang-

rik dat die regte feite tydig en ontydig

gedeel word en dat persepsies bestuur

moet word.

Daar is baie gerugte wat ‘n boerdery-

onderneming en ‘n bedryf raak. Gewoonlik

word net oor die negatiewe sake berig. Dit

kan daarom nie genoeg beklemtoon word

dat dit belangrik is om perspektief te be-

hou nie. As al die gerugte waar was, moes

produsente al lankal alles verkoop en weg

gewees het. Tog is ons nog hier en word

daar welvaart geskep.

Jy as bestuurder moet dus weet wat jy

wil hê, hoe jy dit gaan bereik en hoe jy die

werknemers gaan motiveer om hierby in te

koop en dit te maak werk. As die werknemer

nie inpas nie, oorweeg ander alternatiewe

en as hy inpas, beloon hom. As daar nuwe

aanstellings gemaak moet word, maak seker

dat die regte aanstelling gemaak word.

Die effek van verhoging in doeltreffendheid

kan nie oor die hoof gesien word nie. Die

effek van ‘n 5%-verhoging in opbrengs oor

vyf jaar is ongelooflik. ‘n Verhoging van 5%

opbrengs in graanproduksie vir ‘n oostelike

Hoëveldplaas met dieselfde insette kan

lei tot ‘n 15%-verhoging in die boerdery

se netto boerderywins – en dít sonder ‘n

dramatiese uitleg in kapitaal!

Gegewe die situasie waarin die meeste

produsente hul bevind, is dit nie dalk die

weg om te volg om winsgewendheid te

verhoog nie?

Kontak Pietman Botha gerus by 082 759

2991 indien jy meer inligting verlang of

navrae oor die onderwerp het.

23

June 2016

FOKUS

Waardetoevoeging

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker