Background Image
Previous Page  28 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 64 Next Page
Page Background

Junie 2016

26

‘n Kykie na agro-prosessering

in Suid-Afrika

A

gro-prosessering (wat insluit voedselverwerking) is ‘n

kombinasie van tegno-ekonomiese aktiwiteite wat plaas-

vind ten einde landbouprodukte te verwerk na voedsel,

veevoer, vesel, brandstof en industriële produkte.

Voedselprosessering/-verwerking het betrekking op voedsel as ‘n

eindproduk wat slegs geskik is vir menslike gebruik. Beeshuid/-vel

(landboukundige rou produk) kan byvoorbeeld verwerk word na

leerbekleedsel as ‘n industriële produk in die motorbedryf. Agro-

prosessering in Suid-Afrika is nie ‘n modewoord nie; die aanwen-

ding en implementering daarvan word aanvaar as ‘n belangrike

middel tot volhoubare groei in die landbousektor.

Die volgende stappe moet gevolg word in die ontwerp en imple-

mentering van ‘n agro-prosesseringseenheid:

Omvang van werk

Bepaal die tegno-ekonomiese haalbaarheid in terme van die gekose

landboukundige rou produk, die verwerkingsproses en die verwag-

te eindproduk(te).

Ekonomie van skaal

Bepaal die kapasiteit van die prosesseringseenheid teenoor die

ekonomiese haalbaarheid daarvan. So byvoorbeeld sal ‘n klein-

skaalse of mediumskaalse agro-prosesseringseenheid moontlik

dieselfde oorhoofse koste hê vergeleke met ‘n grootskaalse pro-

sesseringseenheid, maar sal nie staat wees om dieselfde winste te

genereer nie.

Massabalans

Voer ‘n massabalansoefening uit wat die kapasiteit van die agro-

prosesseringseenheid sal bepaal. Die kapasiteit/grootte van die

eenheid word bepaal deur die verlangde produkdeurvoer en die be-

dryfsfilosofie (stop/aanskakel of kontinue bedryfsproses), byvoor-

beeld as daar ‘n 10 800 ton produk deurvoer per jaar (342 dae) is,

sal die verlangde kapasiteit 31,4 ton per dag wees. Met ‘n 24 uur

werksdag word ‘n 1,3 ton per uur proseseenheid benodig, terwyl

daar vir ‘n agt uur werksdag ‘n 3,93 ton per uur proseseenheid

benodig word.

Die netto effek daarvan is dat daar ‘n drie keer groter proseseenheid

benodig word vir die agt uur-werksdag, gemeet teen die 24 uur-

werksdag.

Prosesvloeidiagram

Met inligting verkry vanuit die omvang van werk en die massabalans,

word ‘n prosesvloeidiagram (

Figuur 1

) opgestel.

Detailontwerp

Met behulp van die prosesvloeidiagram word detail spesifikasies en

ontwerpe van prosestoerusting (insluitend interkonneksies en pype),

PIET SNYMAN

en

THERESA SIEBERT,

LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese

Prosessering

Die “proses” is die “intelligente” aksie wat plaasvind om rou

produkte/materiaal te verander na bruikbare eindprodukte. Pro-

sessering word omskryf as logiese opeenvolgende aktiwiteite

wat vervat word in prosesvloeidiagramme. ‘n Prosesvloeidia-

gram gee dus aanleiding tot die ontwerp van die prosestoerus-

ting benodig, die ontwerp van die fabriekuitleg, asook die

ontwerp van die infrastruktuur (onder andere elektrisiteits-

voorsiening, watertoevoer en afvalverwydering. Rou produkte/

-materiaal word beskou as die belangrikste deel van alle proses-

insette. Water, elektrisiteit, arbeid en kapitaal is ondersteunende

prosesinsette. Die eindproduk moet in so ‘n mate verwerk en

geberg word dat dit aanvaarbaar is vir die eindverbruiker. By-

produkte en afvalmateriaal kan uit prosesse herwin word en as

bruikbare produkte aan kliënte beskikbaar gestel word.

Voedselprosessering

Dit konsentreer slegs op die prosessering van landbouprodukte

(byvoorbeeld koring) na voedsel (in hierdie geval brood vir mens-

like gebruik). Voedsel word geproduseer vanaf vier hoofbronne

naamlik diere, pluimvee, vis en plante (insluitend swamme soos

sampioene en truffels as voorbeelde). Deur gebruik te maak

van prosessering word meer komplekse voedsel vanaf hierdie

vier bronne geproduseer. Die meeste voedselprodukte beskik-

baar aan kliënte word vooraf geprosesseer, byvoorbeeld deur

produkte te was voor verpakking. Alle vorms van prosessering

het ‘n effek op die rou materiaal en kan die kleur, smaak, tek-

stuur, voorkoms, aroma, asook die voedingswaarde van die

finale produk verander. Primêre voedselprosessering is die een-

voudigste vorm van prosessering en sluit onder andere in die

was, skil, opkap, veroudering, slag, pers, afdop, skoonmaak van

vis en die fynmaal van koring. Sekondêre voedselprosessering

behels die verandering van primêre geprosesseerde produkte

na meer komplekse voedselprodukte deur middel van ver-

menging, vorming/gieting, verhulling/verdeling, pers, belugting

en verhitting/verkoeling.

Agro-prosessering

Agro-prosessering is die versamelwoord van rou landboupro-

dukte wat na eindprodukte geprosesseer word. Hierdie produkte

is nie noodwendig voedsel vir menslike gebruik nie. Voedsel-

prosessering is dus ‘n onderafdeling van agro-prosessering.

Definisies

FOKUS

Waardetoevoeging

Spesiale