Background Image
Previous Page  34 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 64 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Markomgewing van kommoditeite

Mielies

Internasionaal is daar voldoende mielies beskikbaar. Volgens die

VSA se wêreldvraag-en-aanbodverslag van Maart, is die geprojek-

teerde eindvoorraad 209 miljoen ton teenoor die vorige seisoen se

207 miljoen ton. Die eindvoorraad is 60% van die totale VSA-oes.

Die hoë voorrade plaas natuurlik volgehoue druk op die interna-

sionale mielieprys. Buiten vir die lae pryse, het VSA-produsente

daarby ook nog meer subsidies ontvang, wat beteken dat die

VSA-produsente steeds teen hierdie lae pryse kan produseer

(

Grafiek 2

).

In terme van die plaaslike pryse is die prys van wit- en geelmielies

relatief hoog en baie naby aan invoerpariteit. Dit is natuurlik hoof-

saaklik weens die droogte en beperkte voorrade. Die groot vraag

is egter of die weerpatrone ‘n goeie oes vir die komende seisoen

sal toelaat. Die meerderheid van die voorspellings dui op ‘n posi-

tiewe vooruitsig vir die komende seisoen, wat beteken dat daar

weer moontlikhede bestaan van ‘n bogemiddelde oes. Dit hang

natuurlik af van baie faktore soos beskikbare grondvog aan die

begin van die seisoen en wanneer dit gaan reën.

Gegewe die verwagte 3,8 miljoen ton invoere kan die mielie-

bedryf eindig met ‘n verwagte eindvoorraad van 869 000 ton in

die 2016/2017-bemarkingsjaar. Dit beteken dat as daar in die nuwe

seisoen ‘n gunstige oes geproduseer word, die land weer surplus-

vlakke kan beleef en dat pryse opnuut na uitvoerpariteit kan beweeg

(

Tabel 3

en

Grafiek 3

).

Die daling kan dan natuurlik die besluit van alternatiewe gewasse

drasties beïnvloed. Die sensitiwiteitsanalise gebaseer op die voor-

genome produksiekosteberekeninge dui aan dat teen 4,5 t/ha

die mielievertakking nie meer winsgewend is as die witmielieprys

onder R2 400 is nie (

Tabel 4

). Dus sal dit baie belangrik wees om die

plantvoornemens vir mielies noukeurig dop te hou.

Oliesade

Die verwagte internasionale produksievlakke vir sojabone in

2016/2017 is steeds hoog. Die International Grains Council (IGC)

verwag dat die produksie 319 miljoen ton gaan wees – wat slegs

een miljoen ton onder die rekordproduksie van 2014/2015 is.

Ten spyte van die hoë produksiesyfers, verwag die IGC dat eind-

voorrade gaan daal, wat grootliks die gevolg van die styging in

vraag na sojabone is. Daar moet wel in gedagte gehou word dat

die Suidelike Halfrond eers in September begin aanplant. Dit kan nog

‘n groot effek op aanbod hê.

Wat sonneblomproduksie betref, is die verwagte wêreldproduksie

volgens Oilworld op 44,5 miljoen ton. Dit is hoër as die vorige sei-

soen. Die hoër vraag na oliesade het ook ‘n impak op sonneblom-

eindvoorrade en het tot gevolg dat die eindvoorrade – gemeet teen

die vorige seisoen – daal.

Op die plaaslike mark is daar ‘n groot vraag na oliesade weens die

uitbreiding in perskapasiteit, wat natuurlik tot gevolg het dat soja-

bone nader aan invoerpariteit verhandel. ‘n Goeie maatstaf is die

afgeleide pryse. Tans verhandel die sojaboonprys baie naby aan

die afgeleide prys en die sojaboonprysmarge is ook relatief laag.

Sojabone is dus op ‘n relatiewe goeie vlak en daar word nie verwag

dat pryse drasties gaan verander nie.

Prysverhoudings

Die mielie/sojaboonprysverhouding is ook altyd ‘n goeie maatstaf

vir gewasbeplanning. Sedert Februarie het die verhouding verswak

en as daar na die markvooruitsigte gekyk word, is daar ‘n groot risiko

dat die verhouding meer ten gunste van oliesade gaan wees as die

mielieprys na uitvoerpariteitsvlakke beweeg (

Grafiek 4

).

Opsommend

Produksiekrediet vir die komende seisoen gaan ‘n uitdaging

wees.

Alternatiewe gewasse kan ingespan word om produksiekoste te

bestuur.

Punte/faktore om dop te hou (te monitor):

Produksiekoste – waar wisselkoers ‘n groot rol speel.

Mielieprysbewegings teenoor verwagte aanplantings.

Oliesademark en afgeleide pryse.

Mielie-/oliesaadprysverhoudings.

Grafiek 3: Witmielie-invoer- en uitvoerpariteit – Amerika – gelewer op

Randfontein.

Bron: Graan SA en Safex

Grafiek 4: Mielie- en oliesaadprysverhoudings.

Bron: Graan SA

GRAANMARK-OORSIG

OP PLAASVLAK

Junie 2016

32