Markvooruitsigte en gewasbeplanning
l
andbou in Suid-Afrika het gedurende die afgelope vyf jaar se
produksieseisoene druk ervaar wat klimaatsomstandighede
betref – meer spesifiek droogtes en rekord-hoë temperature
tydens die bestuiwingsperiodes. Dit het tot gevolg gehad dat
die kontantreserwes van prod sente stadig maar seker begin
verminder het.
Dit het weer ‘n direkte impak op landbouers se kontantvloei gehad.
Tesame met die volgehoue droogtes het oorlaatskuld al hoe groter
begin word en landbouers word met al hoe minder finansierings-
moontlikhede gekonfronteer.
Maar soos die ou gesegde lui, maak “‘n boer ‘n plan.” Die tendens
plaaslik en internasionaal is normaalweg om in droogtetye na alter-
natiewe gewasse soos oliesade te kyk, omdat die gewasse bietjie
later geplant kan word en ook omdat dit moontlik is om dit goed-
koper te produseer.
Dit beteken dat minder produksiekrediet benodig word en dit is
dus makliker om dan finansiering te bekom. Om só ‘n besluit te
neem, moet ‘n mens egter die volgende faktore in gedagte hou en
noukeurig monitor:
Produksiekoste van die verskillende
gewasse
Produksiekoste speel ‘n belangrike rol weens verskeie redes.
Die alternatief kan goedkoper geplant word as mielies en sommige
produsente oorweeg dit selfs om sonder kunsmis te plant.
Dit word natuurlik nie deur landboukundiges aanbeveel nie weens
die feit dat die grondbalans iewers op die langer termyn weer reg-
gestel sal moet word – wat beteken dat addisionele grondstowwe
in die toekoms toegedien moet word. Dit kan weer ‘n direkte finan-
siële impak op die produsent hê.
Gegewe die verwagte produksiekoste, is dit duidelik dat die oliesade
wel goedkoper produksiekoste as mielies kan realiseer, maar tans
is die netto marge meer gunstig vir mielies as gevolg van die rela-
tiewe hoër pryse. Dit sal dus baie belangrik wees om die verandering
in produksiekostes en die verwagte prysbewegings noukeurig te
monitor. Later in die artikel sal die moontlike impak bespreek word
(
Tabel 1
).
Markomgewing van insetkostes
Die plaaslike insetkoste word sterk gedryf deur die wisselkoers
weens die feit dat die meerderheid van die produkte ingevoer word.
Alhoewel die internasionale pryse gedaal het, het die plaaslike pryse
gestyg as gevolg van die verswakking in die wisselkoers.
Alhoewel die R/$ sedert Februarie versterk het, was die jaar-op-
jaarverswakking nog steeds 20%. Die vraag is egter wat die wis-
selkoers vir die res van die jaar gaan doen. Dit hang af van faktore
soos die opkomende verkiesing, ekonomiese groei en die krediet-
gradering. As daar na al hierdie faktore gekyk word, neig die rand
in die komende maande moontlik na ‘n verswakking. Die veran-
derlikes is egter net te groot om ‘n akkurate voorspelling te maak
(
Tabel 2
en
Grafiek 1
).
DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 28 April 2016
OP PLAASVLAK
HUIDIGE PRODUSENTPLAASHEKPRYS
BEPALING VIR DIE BESTE GRAAD
WITMIELIES GEELMIELIES SONNEBLOM SOJABONE
Huidige Safexprys (R/ton)
3 354
2 962
6 200
6 200
Totale bemarkingskoste (R/ton)
272
272
309
63
Huidige produsentplaashekpryse (R/ton)
3 082
2 690
5 891
6 137
Ton
4,5
4,5
1,5
1,5
KOMENDE SEISOEN
Totale veranderlike koste (R/ha)
8 527
8 527
6 023
5 829
Totale oorhoofse koste (R/ha)
2 457
2 457
2 357
2 180
Totale koste (R/ha)
10 984
10 984
8 380
8 008
Netto marge (R/ha)
2 885
1 121
457
1 197
TABEL 1: GESKATTE PRODUKSIEKOSTE VIR DIE KOMENDE SEISOEN.
Junie 2016
30