Background Image
Previous Page  27 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 64 Next Page
Page Background

25

verwerk. Dit sal dalk beter wees om sommer met die ontwerp

van die verwerkingsfasiliteite reeds hiervoor voorsiening te maak

en dan in die produksie in te groei.

Wat van die afvalstowwe?

Met waardetoevoeging is daar altyd afvalprodukte, byvoorbeeld

die mis van ‘n voerkraal of die semels in ‘n meule. Die vraag is hoe

kan hierdie afvalstowwe omgesit word in ‘n finansiële voordeel vir

die besigheid – vir beide die verwerkings- asook die boerdery-

besigheid. Voorts sal hierdie afvalstowwe in die bepaling van die

prys van inkope en verkope opgeneem moet word.

Die verbruiker is koning

Onthou net: Die verbruiker is koning. Hy het die geld in sy sak en

hy besluit vir wat en vir wie hy dit gee. As die verbruiker baie van

‘n produk hou, sal hy dalk bereid wees om meer daarvoor te betaal,

maar gewoonlik wil hy waarde vir sy geld hê.

Die verbruikers vereis ook toenemend dat daar naspeurbaarheid

van die produk moet wees. Hy wil weet dat die grondbone wat

hy koop aan die nodige standaarde voldoen en hy moet dit kan

kontroleer as hy wil. Dieselfde vereistes word toenemend vir meer

en meer produkte vereis.

Maak seker watter wette betrekking het op jou nuwe besigheid

en produkte in terme van voedselveiligheid, naspeurbaarheid,

inligtingbeskerming, arbeidswette, verbruikerswette en talle ander

vereistes – dat jy dit verstaan en daaraan voldoen.

Daar is baie wette waaraan voldoen moet word wat waardetoe-

voeging op produkte betref. Die bestuur van hierdie wette neem

baie tyd in beslag.

Insetverskaffers

Net soos die verbruiker koning is, sal die insetverskaffers ook hul

produkte teen die beste pryse verkoop. Maak seker dat die insette

altyd teen die regte pryse beskikbaar is en dat die fabriek reg

geposisioneer is om vervoerkoste vanaf die insetverskaffer of op-

berger en aan die verbruiker te minimaliseer.

Maak seker dat die pryse wat vir die insette betaal word, realis-

ties is sodat die besigheid winsgewend bedryf kan word. As pro-

dukte ingekoop word, maak seker dat die nodige fondse betyds

beskikbaar is. Soos in die boerdery, moet die waardetoevoe-

gingsvertakking ook sy eie kontantvloeibegroting opstel en moet

die kontantvloei bestuur word. ‘n Afsonderlike bankrekening is ver-

seker ‘n vereiste.

Waardetoevoeging is ‘n besigheid met baie hoë risiko’s en lae

winste. Toetrede van kompetisie is redelik maklik – wat die pro-

dukpryse en die grondstofpryse sal beïnvloed. Die ekonomie van

skaal kan dalk ‘n mate van beskerming gee, maar produkkwaliteit

en prys is van kardinale belang.

‘n Waardetoevoegingsbesigheid is meer blootgestel aan eksterne

faktore as ‘n boerdery. ‘n Verandering in die politieke, ekonomiese,

sosiale en maatskaplike omgewings syfer baie vinniger deur na die

besigheid. Die besigheid moet homself rat om hierdie verande-

ring die hoof te bied. Planne moet in plek wees as daar dalk ‘n staking

van werknemers is of as die klante se kooppatrone verander.

Kapitaal

Enige besigheid benodig fondse: Hetsy om kapitaalitems te koop

of vir bedryfskapitaal. Die bedryfskapitaal kan dramaties verhoog

as die grondstofpryse verhoog. Hierdie verhoging vat tyd om deur

te werk na die verbruiker en die verhoging moet derhalwe gefinan-

sier word. Sonder die nodige fondse om hierdie besigheid te bedryf,

is alles net ‘n mooi droom.

Kontantvloei is die eerste prys. Daar moet genoeg fondse beskik-

baar wees om rou produkte te koop, die produksie aan die gang

te hou en produkte op ‘n rak te kan dra. Voorsiening moet gemaak

word vir debiteure en verwerkte voorraad – dit is albei elemente wat

kontant verteer.

Dit kan soms ‘n ruk neem om gelyk te breek en enige aanvangs-

verliese en kapitaalbesteding moet gefinansier kan word of deur die

eienaar gedra word.

Ja, dit is so dat as die produksie volwaardig aan die gang is,

kontantvloei bestendig sal word, maar omdat die aankoop- en

verkoopspryse nie gelyk verander nie, sal die winsgewendheid baie

varieer.

Ongelukkig het die nuwe verwerkingsbesigheid ‘n invloed op

die kontantvloei van die boerderybesigheid. Maak seker dat die

boerderybesigheid se kontantvloei die effek van die verwerkings-

besigheid ook insluit. Dit kan gebeur dat die boerdery dalk ses

maande moet wag voor die fondse inkom om sy krediteure af te los.

Rekordhouding belangrik

Laastens, net soos in die boerdery, is rekordhouding van kardinale

belang. Hierdie inligting moet op datum wees en gebruik word om

die besigheid te bestuur en om foute vroeg op te spoor en reg te

stel. Debiteure is en bly ‘n probleem. Hou hulle op datum, sorg

dat hulle op tyd betaal en maak voorsiening vir ‘n gedeelte wat nie

ingevorder kan word nie.

Uit die bogemelde is dit duidelik dat dit nie maklik is om in die

verwerkingsbedryf te wees nie. Hierdie is net ‘n opsomming van

sommige van die kritiese aspekte waaraan aandag gegee moet

word en van die groot slaggate wat die besigheid kan kelder.

Kontak gerus vir Pietman Botha by 082 759 2991 indien jy meer in-

ligting oor die onderwerp benodig.

June 2016

Om ‘n waardetoevoegingsprojek te maak werk, verg baie goeie beplanning.