Background Image
Previous Page  29 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 64 Next Page
Page Background

27

June 2016

asook benodigde utiliteite opgestel. Insgelyks word afvalstrome en

geassosieerde hanterings gedefinieer vir omgewingsdoeleindes.

Energiebalans

Dit moet uitgevoer word ten einde die waterverbruik en elektrisiteits-

verbruik van alle toerusting, fasiliteite en infrastruktuur te bepaal.

Infrastruktuurontwerp

Hierdie stap sluit in die ontwerp van die geboue wat die proses-

toerusting sal huisves, asook die ontwerp vir stoorfasiliteite.

Kosteberamings in terme van kapitaaluitleg

Dit moet bereken word vanuit ontwerps- en spesifikasie-inligting.

Bedryfskapitaal

Bedryfskapitaal word bereken na aanleiding van arbeidkostes,

energiekostes (water en elektrisiteit), aankoopkostes vir die rou

produk, vervoerkostes, stoorkostes en administratiewe kostes.

Slotsom

Die gevolgtrekking wat ‘n persoon hieruit kan maak, is dat die

meeste van ons onwetend reeds besig is met agro-prosessering,

byvoorbeeld die bak van brood in ons eie kombuise.

Meer inligting in die vorm van handleidings is

beskikbaar by die LNR-Instituut vir Landbou-

Ingenieurswese. Die kontakpersoon is Elmarie Stoltz

by 012 842 4017 of

stoltze@arc.agric.za .

Figuur 1: ‘n Voorbeeld van ‘n prosesvloeidiagram.

Die meeste van ons is onwetend reeds besig met agro-proses-

sering, byvoorbeeld die bak van brood in ons eie kombuise.