Background Image
Previous Page  24 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 64 Next Page
Page Background

Eqstra stel DEUTZ-FAHR 9 TTV-reeks

bekend tydens NAMPO

E

qstra Industrial Equipment (EIE) het tydens Graan SA se NAMPO

Oesdag vanjaar hul nuutste en opwindende Deutz-Fahr 9 TTV-

reeks trekkers bekend gestel. EIE is die gelisensieerde verspreider

van Same Deutz-Fahr (SDF)-produkte in Suid-Afrika.

Die 9-reeks trekker bestaan uit vier modelle wat wissel van 270

tot 340 perdekrag met ‘n maksimum hysvermoë van 12 000 kg.

Met gerief as ‘n waarmerk van Deutz-Fahr-trekkers, bied die nuwe

MaxiVision-kajuit ‘n stil binneruim en uitstekende sigbaarheid vanaf

die nuwe enkeleenheid-windskerm.

Krag word gelewer deur die Deutz TTCD 7,8 liter dubbelturbo-ses-

silinderenjin. Met die aggressiewe, dog gebruikersvriendelike ont-

werp het die Deutz-Fahr 9340 onlangs die Europese 2015 “Golden

Tractor for the Design”-toekenning ingepalm. In ‘n gesprek met

mnr Lodoviko Tarabini (uitvoerende direkteur: Uitvoere, SDF) het hy

genoem dat SDF, die beheermaatskappy van Deutz-Fahr, onlangs

uitgebrei het deur kantore in Suid-Afrika te vestig.

Hy noem dat SDF die nood gesien het om self langtermynven-

nootskappe in Suid-Afrika te vestig. Hul uiteindelike doel is om Sub-

Sahara Afrika te diens en belange uit te brei. As bewys van hierdie

belofte, het hulle verskeie personeel wat reeds kantore beman en

diens lewer, in Suid-Afrika.

1: Lodovico Tarabini en Yolandy Cornelius (Eqstra) tydens die

bekendstelling van die splinternuwe Deutz-Fahr 9 TTV tydens hierdie

jaar se NAMPO Oesdag. Heelwat produsente en media het die

geleentheid bygewoon.

2: Bunty Raphael (SDF), Christo Bamberger (Eqstra), Reinier le Roux

(Eqstra), Lodoviko Tarabini, Yolandy Cornelius en Martiens van Heerden

(Eqstra) by die bekendstelling van die Deutz-Fahr 9 TTV

(Agrotron 9340).

3: Jan Brand, Desmond Payne (albei van Vaalharts) en

Martiens van Heerden by die Frutteto 80.4 4x4-wingerdtrekker. Die

trekker het ‘n driesilinder 3 000 cm³ tussenverkoelde turbo-enjin en

lewer 60 kW/310 Nm.

4: Christo Bamberger, Stefan du Toit en Deon du Toit (albei van

Douglas) by die Agrofarm 115 GGS. Die Agrofarm 115 GGS is toegerus

met ‘n viersilinder 4 000 cm³ enjin en lewer 81 kW met 396 Nm

wringkrag. Die trekker se hysvermoë (agter) is 4 800 kg.

5: Die Eqstra-uitstalruimte het vanjaar behoorlik gewemel van al die

besoekers, met die Deutz-Fahr 9 TTV (Agrotron 9340) wat geweldig

aandag getrek het.

6: Tollie Nel (Newcastle) en Dru Connold (SDF) binne die kajuit van die

Deutz-Fahr Agrotron 9340 TTV. Die nuwe MaxiVision-kajuit bied ‘n stil

binneruim en uitstekende sigbaarheid.

7: Jean du Plessis, Hennie van Romburgh, Kobus du Plessis,

Leon du Preez (almal van Vaalharts) saam met Carl Naudé (Eqstra) by

die Frutteto 75 4x2-wingerdtrekker.

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

3

6

7

4

5

2