Background Image
Previous Page  22 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 64 Next Page
Page Background

Junie 2016

20

SmartFarm in praktyk gaan

voort by Syngenta saadplot

S

yngenta het vanjaar voortgegaan met hulle SmartFarm-konsep

wat produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer,

besluite neem, produkte koop en in hulle gewasse belê, te her-

oorweeg, te verander en om dinge op ’n slimmer manier te doen.

Die saadplotte was verlede jaar vir die eerste keer by NAMPO te

sien, waar saadmaatskappye die geleentheid kry om hul produkte

en dienste eerstehands aan produsente en verbruikers ten toon

te stel. Verskeie personeel en bestuur was deurgaans beskikbaar

om produsente en belanghebbendes se vrae te beantwoord of

om selfs in te skryf vir die kompetisie wat hulle aangebied het. ‘n

Produsent kon in die kompetisie in aanmerking kom vir ‘n 40 ha

prima na-opkomsmieliespuitprogram. Baie geluk aan die wenner

van die kompetisie: Danie Malan van Volksrust.

Syngenta se volledige reeks SmartFarm-produkte en -dienste

was duidelik sigbaar op hul saadplot met heelwat handleidings en

pamflette wat beskikbaar was vir die produsent.

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1: Du Preez Kritzinger (produkbestuurder: Rygewasse, Oostelike streek, Syngenta) by AC en

Brahm Greyling van Bultfontein. AC is besig om sy “Raai slim en wen”-inskrywing in te handig.

Oesdaggangers kon raai watter produkte op Syngenta se saadplot gespuit is om in aanmerking

te kom vir ‘n 40 ha prima na-opkomsmieliespuitprogram van Syngenta.

2: Janco Joubert (Bekker Landbouskool) gesels met Chandré Jansen van Rensburg en

Suria Bekker (albei van Syngenta) oor aalwurmbeheer. Die produk Avicta kan byvoorbeeld gebruik

word vir die beheer van aalwurms.

3: Max Hildebrand (Syngenta), Marius en Lindi Ellis (Kroonstad) en Nico du Plessis (Bronkhorst-

spruit) by ‘n demonstrasie waarin Syngenta se Avicta Complete vergelyk word met geen behande-

ling en die effek van nematodes.

4: Cassie Leonard (Syngenta) en Stephan Fourie (Frankfort). Stephan gebruik Syngenta se Potato

Pack vir aartappelproduksie en ander middels soos Amistar, Amistar Top en Callisto op die res van

sy gewasse (mielies).

5: Johan Viljoen (veldbioloog: Syngenta), Jaco Liebenberg (verkope: Syngenta), Cassie Leonard

(verkoopsbestuurder: Weste, Syngenta), Andreas Boon (hoof: Tegnies, Syngenta), Christo Viljoen

(verkoopsbestuurder: Noord-Kaap, Syngenta), Francois Viljoen (veldbioloog: Syngenta) en

Gerhard de Villiers (verkoopsbestuurder: Limpopo en Botswana, Syngenta).

6: Syngenta het vanjaar weggedoen met hul twee uitstalruimtes by NAMPO en alle aksies gedryf

vanaf hul saadplot wat verlede jaar vir die eerste by NAMPO te sien was.

7: Frans Roos (Potchefstroom), Theunis Meiring (Syngenta), Gerhard Uys (Potchefstroom) en

Gerrit Venter (Syngenta) by Syngenta se saadplotuitstalruimte.

8: Arina Senekal (Marble Hall), Theunis Meiring en Mollie van Zyl (Pretoria). Arina en Mollie gesels

oor Ampligo, Lumax en Amistar Top wat hulle in hul boerdery gebruik.

1

4

6

7

8

2

3

5