Background Image
Previous Page  20 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 64 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Junie 2016

18

Wean Benadie (landboukundige: Agricol) – links en Johan Badenhorst

(bemarker: Agricol) – regs, verduidelik die voordele van hierdie voer-

sorghumkruis van Agricol aan Modisa Ramadie (produsent van

Swartruggens) by Agricol se saadplot. Hierdie kruis is ‘n uitstekende

voer vir beeste, kan dien as vroeë kuilvoer, is ‘n aggressiewe groeier

en die hergroei kan ook benut word.

Christo Helm (besturende direkteur: Topcon) en Werner Helm (tegniese

spesialis: Topcon) by die X30-konsole van Topcon. Hierdie konsole het

‘n reputasie as die maklik-bruikbaarste konsole op die mark, asook ‘n

alles-in-eenontwerp wat die oorlaai van die kajuit verminder.

Josua Vermeulen (produksieveldbestuurder: Monsanto) en

Lukie van der Merwe (produksieveldbestuurder: Toerusting, Monsanto)

het ‘n hidrouliese plantereenheid van Monsanto by Dekalb se saadplot

gedemonstreer.

Jimmy Ebersohn (vervaardigingsbestuurder: Flintco) en Tiaan van

Loggerenberg (meganiese ingenieur: Flintco) by die Seedmax-planter

met xfert. Die Seedmax xfert-kombinasie is jou alles-in-eenoplossing

vir optimale diversiteit. Die planter kan ook afsonderlik van xfert

gebruik word.

NAMPO Oesdag 2016 troef verskeie rekords

Die Landini 7-190 (130 kW) is ‘n nuwe reeks wat onlangs bekend

gestel is. Daar is drie modelle in die reeks (Landini 7-175, Landini 7-190

en Landini 7-215) en dit is toegerus met ‘n BetaPower-enjin.

Mike Terblanche (besturende direkteur: Argo) en Callie Human

(verkoopsbestuurder: Argo) het Oesdaggangers meer oor die

trekkers vertel.

Voor: Ernst Retief (BLSA) en René Carter (Sasol Base Chemicals). Agter:

Liz Theron (West Rand Honorary Rangers), Louwtjie Naudé (West Rand

Honorary Rangers), Margaret Williams (West Rand Honorary Rangers),

Natasha Nel (Mabula) en AP de Wet (Sasol Base Chemicals). Sasol het ‘n

hegte verbintenis met West Rand Honorary Rangers en het hulle genooi

om hul voëlkompetisie-fondsinsamelingsprojek op hul standplaas by

NAMPO te bemark.