

Junie 2015
66
Die beheer van winteronkruide
in somerreënvalstreke is
ook belangrik
E
en van die definisies van onkruide, is dat dit plante is wat
groei waar dit nie moet nie. Alle plante wat gesien word
as ‘n onkruid, het gewoonlik kenmerkende eienskappe,
soos ‘n lang leeftyd, vinnige ontkieming, welige groei en
produksie van derduisende sade.
Onkruide is sterk kompeteerders wat in wisselende omgewings-
toestande kan gedy. Volgens literatuur is ongeveer een derde van
die wêreld se onkruidpopulasies eenjarige plante, terwyl die res be-
skou word as meerjarige plante.
Eenjarige plante voltooi ‘n hele lewensiklus (ontkiem, groei, pro-
duseer saad, sterf af) in een jaar, terwyl meerjarige gewasse se
lewensiklusse oor meer as een jaar strek en veral gekenmerk word
deur vegetatiewe reproduksie, soos byvoorbeeld by knolle/bolle
en selfs rankers/steggies.
By beide eenjarige en meerjarige onkruide is daar onkruide wat
in die somer hulle lewensiklus voltooi (someronkruide), maar daar
is ook heelwat onkruide wat in die winter met hulle lewensiklus
begin, dit wil sê winteronkruide. Meeste produsente is goed ver-
troud met onkruidspesies wat in die somer opkom en beheer moet
word, maar wanneer die winter aanbreek, dink heelwat produsen-
te die stryd is gewen. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Met al
hoe meer wisselvallige reënvalpatrone, en die klem op gebrekkige
reënval in sommige gebiede, raak die vogbewaring van grond
kritiek vir volhoubare gewasproduksie.
Omdat winter- sowel as someronkruide, sterk kompeteerders is,
moet dit beheer word om welige groei en saadstorting in die winter
te bekamp. Eerstens kan winteronkruide die grondvog verbruik
en aansienlik verlaag. Tweedens word die winteronkruidsaadbank
in die grond elke jaar aangevul, wat die probleem net sal vererger
oor tyd. Winteronkruide ryp ook nie dood nie, terwyl someronkrui-
de wel sal afsterf ná ryp (sien
Foto 2
van witblombloudissel).
Die mees algemene winteronkruide in veral die Noordwes Pro-
vinsie en die Vrystaat is radiatorbossie (
Senecio consaquineus
),
vaalskraalhanse (
Conyza
spp.) en witblombloudissel (
Argemone
ochroleuca
).
Sommige onkruidspesies kan wel ook laat in die somer begin
ontkiem en deur die winter saad stort; hulle sluit in kakiebos
(
Tagetes minuta
), kleinkakiebos (
Schkuhria pinnata
), knapsekêrels
(
Bidens
spp.) en Kaapse dubbeltjie (
Emex australis
).
OP PLAASVLAK
Onkruide / Winter / Beheer
Geïntegreerde plaagbeheer
ELBÉ HUGO,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1: Radiatorbossies moet vroegtydig beheer word wanneer dit nog klein is.
1