

Junie 2015
62
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
5: Mielies wat opkom in ‘n hawer dekgewas.
6: Hawer en Japannese radys as dekgewas.
5
6
Interessant dat die geenbewerkingsboerderypraktyke (
no-till
) wat
tans toegepas word, die potensiaal van die grond ontsluit het.
Veral die laer potensiaal gronde het besonder goed op die nuwe
produksiestelsel gereageer. Tesame hiermee, het die winsgewend-
heid ook verbeter. Hoër opbrengste is behaal en relatief minder
insette is benodig.
Finansiële bestuur
Nie net is ou produksiepraktyke aangepas nie, maar so ook die
finansiële bestuur van die besigheid. Zunckel het baie kursusse
bygewoon om sy kennisvlakke te verbreed en hierdie nuwe kennis
is in sy boerdery geïmplementeer.
Die belangrikheid van kontantvloei is vroeg besef. Gereelde produk-
sie- en bemarkingsbeplanning en langtermynstrategieë vorm tans
die basis van die kontantvloei. ‘n Kontantvloei sonder kontrole,
help niks nie en daarom het dit die aanstel van ‘n kantoordame ge-
regverdig om die rekords op datum te hou.
Boerderybeplanning
Vandag word die boerderybeplanning só gedoen dat hulle ‘n jaar
se beplanning klaar vooruit in plek het. Bestuur moet fokus op die
toekoms, wat gedoen moet word en wat die uitkoms moet wees.
Moontlike uitdagings moet geïdentifiseer word en maniere om dit
aan te spreek, moet gesoek word. Zunckel beklemtoon hier dat die
belangrikste egter is om altyd die Here in hierdie aspek te onthou en
Sy belange eerste te stel.
Arbeid is ‘n belangrike komponent in die produksieproses op
die plaas. Deur saam te werk en elkeen se sterkpunte uit te bou,
word effektiwiteit verhoog. Hier speel Zunckel se twee seuns, Carl
en Tyson, ook ‘n belangrike rol.
Carl is goed aangelê vir die meganiese kant van die boerdery, ter-
wyl Tyson se talente weer by die elektroniese kant van die boerdery
lê. Nuwe tegnologie vereis gereelde kontrole sodat die masjiene
die nodige werk reg doen, die inligting reg opneem en verwerk.
“Saam maak ons ‘n goeie span wat lekker werk,” sê Zunckel. “Goeie
verhoudinge met personeel word nie net gekry nie; dit verg harde,
volgehoue werk, maar dit is lekker om te sê dat hierdie boerdery
tans goeie personeelverhoudinge handhaaf.”
Verhoudinge
Daar is ook ander rolspelers wat ‘n groot bydrae tot die boerdery
se sukses lewer. Goeie verhoudinge tussen die boerdery en inset-
verskaffers is kritiek en daar vind gereelde uitruil van kennis tussen
dié partye plaas.
Boer eerste om God te eer en dan die res