

Junie 2015
64
Challenger-stropers
haal uit en wys
B
arloworld Agriculture het die afgelope 18 maande ’n
reuse-stroopprogram onderneem om te verseker dat sy
Challenger-rotorstropers plaaslik in ‘n verskeidenheid toe-
stande en gewasse tot hul reg kom. Die uitslae spreek
vanself: Challenger-stropers verlaag brandstofverbruik met tot
20%, stroop vinnig en lewer ’n puik graanmonster.
Barloworld Agriculture bied drie stropermodelle in sy Challenger
500C-reeks. Vir die toetsprogram is die groter Challenger 540C
(klas 7) en 560C (klas 8) gebruik.
Die strooptoetse en -proewe is in samewerking met Challenger-
ingenieurs uit Amerika onderneem om seker te maak Challen-
gerstropers word optimaal ingestel vir plaaslike behoeftes. Die
volgende gewasse is gestroop: Mielies (Middelburg), sonneblom
(Hoopstad), sojabone (Standerton), saadsojas (Winterton) en koring
(Caledon en Douglas/Prieska). Toetse word in die huidige oessei-
soen ook in ander areas gedoen.
Die belangrikste resultate was ten opsigte van brandstofverbruik,
stroopspoed en graangehalte. In al drie kategorieë het die stropers
uitgehaal en gewys, soos gesien kan word in
Tabel 1
.
Algehele dieselverbruik was tot 20% minder as ander rotor-
stropers in dieselfde klasse. Die hoofrede hiervoor is die brand-
stofdoeltreffende 9,8 liter sewesilinder- AGCO Power-enjin (wat
teen 2 100 rpm ’n indrukwekkende 276 kW en 343 kW by die CH 540C
en 560C onderskeidelik uitskop).
Brandstofekonomie word verder verhoog deurdat die enjin met
90° gekantel is om dit in lyn met die rotor te plaas. As gevolg hier-
van is slegs twee aandryfbelde nodig en word maksimumkrag
aan die rotor gelewer. Die kragverlies tussen die enjin en rotor is
minder as 10%.
Indien jy met ‘n ander rotorstroper teen 10 liter brandstof per hek-
taar stroop, behoort jy met Challenger 8 liter per hektaar te kry.
Teen ’n dieselprys van R14/liter kan jy dus op 1 000 hektaar tot
R38 000 per seisoen aan brandstof alleen bespaar.
Ook wat die persentasie gebreekte graan betref, het Challenger
uitstekend gevaar teenoor nasionale gemiddeldes. Silo-opnames
dui op ‘n nasionale gemiddeld van 3% vir mielies en sowat 4%
vir soja. By saadsojas mag dit nie meer as 1% wees nie. Boonop was
vermorsing minder as 1%.
Die grondspoed van ’n stroper is ’n direkte weerspieëling van sy
kapasiteit. Sleutelfaktore wat bydra tot die hoë werkverrigting
van Challenger-stropers, is die groot sluk en die gladde vloei van
materiaal na die rotor. Danksy die gesegmenteerde invoerdrom
OP PLAASVLAK
Werktuie, toerusting en implemente
ROBBIE HALL,
Barloworld Agriculture
Produk-inligting
GEWAS, GEBIED
STROPER EN
TAFEL/KOP
TOESTANDE
OPBRENGS
GEMIDDELDE
GRONDSPOED
GEMIDDELDE
BRANDSTOF-
VERBRUIK
MONSTERGE-
HALTE/PERSEN-
TASIE GEBREEK-
TE GRAAN
Koring (windry)
Caledon
CH 540C,
15 voet-opteller
Droë materiaal,
laatmiddagvog 4 ton/ha
7 km/h
6,2 liter/ha
A-graad
Koring (besproei-
ing) Douglas/
Prieska
CH 540C,
30 voet-
draper
Droog en warm 8 - 9 ton/ha
6,5 km/h
8 liter/ha met
strooikerwer
A-graad
Mielies (droëland)
Middelburg
CH 560C, 8-ry 30” Droog
7 ton/ha
10 km/h
6,5 liter/ha
2,20%
Mielies (spilpunt)
Middelburg
CH 560C, 8-ry 30”
Droë pitte, nat
blare
14 ton/ha
10 km/h
8,5 liter/ha
2,40%
Sonneblom
(droëland)
Hoopstad
CH 540C, 25 voet Droog
1,3 ton/ha
8 km/h
5,4 liter/ha
<1%
Soja (droëland)
Standerton
CH 540C, 30 voet
Flex Auger
Droë pitte
2,5 ton/ha
8 - 9 km/h
6,5 liter/ha
1,40%
Soja (spilpunt)
Standerton
CH 540C,
25 voet-
draper
Droë pitte, nat
materiaal
3 - 4 ton/ha
6,5 km/h
7,5 liter/ha
1,40%
Saadsojas (droë-
land) Winterton
CH 540C, 30 voet
Flex Auger
Droë pitte, groen
stamme
4 ton/ha
5,5 km/h
9 liter/ha
0,6 - 1,4%
TABEL 1: CHALLENGER-STROOPTOETSPROGRAM.
Hierdie data is ingesamel en gerapporteer deur verskillende persone en is gegrond op toetse wat in spesifieke toestande gedoen is. Uitslae mag verskil afhangend van
area, voggehalte en graankultivar.