

63
June 2015
7: ‘n Gesonde stand mielies verg tot vier swamdoderbespuitings. Let op die egalige stand en dít sonder enige presisieplate op die planter.
8: Mielies ná koring teen 80 000 plante per hektaar.
7
8
Zunckel noem dat om vorentoe te gaan, jy self nuwe gedagtes
moet toets en dit implementeer. Die KwaZulu-Natal No-Till Klub
het ook ‘n groot rol in hierdie boerdery gespeel. “Dit is hier waar
ons geleer, geprobeer en uitgeruil het,” sê Zunckel. Tans is die boer-
dery besig om die implementering van dekgewasse te verbeter.
Volhoubaarheid
Goeie boerderypraktyke bly belangrik. Wisselbou, gereelde che-
miese grondkarterings, doelgerigte regstellings en die gebruik
van die nuutste tegnologie help om hierdie besigheid suksesvol
te hou. Daar word op hierdie plaas gefokus op volhoubaarheid en
alles word om dit beplan. Graanprysverskansing en tyd van be-
marking is ook rolspelers wat die volhoubaarheid van die boerdery
help verseker.
Die nuutste stroperkaarte en grondontledings word aktief gebruik
om die produksieproses te rig. Soms is dit nodig om van die be-
staande praktyk af te sien om sekere produksiebeperkende pro-
bleme op te hef.
“Daar was kolle in die lande wat erge suurversadigingsprobleme
gehad het wat reggestel moes word. Die vinnigste manier om
dit reg te stel, was om kalk en gips uit te strooi en die kolle te be-
werk sodat die kalk en gips goed met die grond kan vermeng,” ver-
duidelik Zunckel.
Wisselbou
Wisselbou is ook ‘n belangrike been waarop die boerdery rus. Op
die oomblik word ‘n mielie/sojabone-rotasiestelsel bedryf waar die
gewasse jaarliks geroteer word. Dekgewasse wat onder meer hawer
en radyse insluit, word ook geplant.
Wat die mieliekultivars aanbetref, word geen Roundup Ready-
kultivars aangeplant nie. Die rede hiervoor is om die mielie-opslag
maklik te kan beheer. Die sojabone wat geplant word, is egter almal
Roundup Ready-kultivars.
Daar is ook oor tyd baie met rywydtes en plantestand geëksperi-
menteer. Tans word die gewasse in 65 cm rye geplant en die
trekkers en masjiene ry tussen die rye waar daar ook geplant word.
Dekgewasse word verder met ‘n direkte plant-planter geplant en dit
word so vroeg as moontlik ná die somergewas ingesit.
Meganisasie
Meganisasiebreuke en probleme kan die boerdery se produksie-
vermoë erg benadeel. In hierdie boerdery glo hulle dat die masjiene
in kritieke tye sonder probleme moet werk, staantyd moet tot
die minimum beperk word en alles moet klopdisselboom gaan.
Masjiene word optimaal aangewend en daarom word die belang-
rike masjiene gereeld vervang. Op dié manier word die effektiwi-
teit van die masjiene verhoog en hoog gehou. Groter masjiene
verhoog ook die effektiwiteit van die arbeid. In hierdie boerdery
word daar geneig na groter masjiene om sodoende die bestaande
arbeid se effektiwiteit te bly verhoog.
Toekoms
Dié besigheid fokus op die toekoms. Nuwe praktyke word getoets
en nuwe maniere om koste te bespaar, word ondersoek. Energie,
beide diesel en elektrisiteit, is reeds duur en gaan nog duurder
word en daarom word daar tans gekyk na maniere om hierdie
koste te verlaag. Volgens Zunckel is baie interessante nuwe tegno-
logie beskikbaar wat energiekoste kan verlaag.
As daar verdere vrae is, kan Egon Zunckel by 083 627 5760 ge-
durende die dag gekontak word of jy kan ook vir Pietman Botha
skakel by 082 759 2991.