Background Image
Previous Page  73 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 84 Next Page
Page Background

M

nr Charl Senekal, ‘n bekende suikerrietprodusent, het

onlangs in die spervuur beland omdat hy gesê het

slegs ongeveer 100 produsente in Suid-Afrika produseer

80% van die land se voedselsekerheid.

Die ekonoom, mnr Fanie Brink, het intussen standpunt ingeneem

ten gunste van ‘n aanname dat ongeveer 20% van die land se produ-

sente vir 80% van voedselsekerheid verantwoordelikheid neem.

Dit beteken dus dat ongeveer 8 000 produsente in terme van die

ekonomie van skaal boer en produseer op só ‘n wyse dat die land-

bou-ekonomie standhoudend kan produseer; alhoewel nie nood-

wendig op so ‘n wyse dat daar aan die totale vraag na voedsel

– onder alle omstandighede – voorsien kan word nie.

Dit is dan ook dié produsente wie se wel en weë die pendulum vir

Suid-Afrika kan laat swaai tussen ‘n Zimbabwe-scenario en relatie-

we welvaart. Indien die regering hul landboubeleid só formuleer

dat hierdie 20% nie volhoubaar kan produseer nie, sal die politieke

en ekonomiese nadraai katastrofies vir minstens 5% van die totale

arbeidsmag van Suid-Afrika wees en die bruto nasionale produk

(BNP) sal onder onhoudbare kontraksie gebuk gaan.

Landbou is een van die min industrieë in hierdie land wat meer uit-

voer as wat ons invoer. Die relaas oor grondplafonne en titelaktes

raak byna elkeen van hierdie produsente en net meer as 1 000 van

hulle sal direk benadeel word deur die vasstelling van grondplafon-

ne wat betref huidige eienaarskap. Dan verwys ons nog nie na die

gekwantifiseerde nadele van die negatiewe persepsies betreffen-

de eienaarskap wat ons die wêreld instuur nie.

Die feit dat die regering van tyd tot tyd met die sogenaamde

“leierprodusente” om ‘n klein tafel byeenkom, bevestig dat be-

sluitnemers ten minste ‘n bepaalde besef het van die impak van

hierdie groep produsente. Die vraag is nou: In watter mate laat

hierdie werklikhede die ander 80% van landbouers in Suid-Afrika op

droë grond?

Soos dit is, is ons voedselproduksie onder toenemende druk van

‘n groeiende bevolking, nie net in hierdie land nie, maar wêreldwyd;

veral in Afrika en in ander ontwikkelende lande. Indien ons kan

veronderstel dat die syfer van 8 000 produsente reg is, is dit

steeds waar dat daar ‘n dringende momentum is vir die ander

32 000 produsente in Suid-Afrika om deel te word van die “ketting

van onontbeerlikes” (die 20% groot of leier voedselprodusente).

Dit is nou ten spyte daarvan dat dit ewe katastrofies vir beide

werksgeleenthede en die BNP sou wees indien die 20% produksie

van die 80% “middelklasprodusente” uit die sommetjie gehaal word.

Daar is egter ‘n ander ewe belangrike rede hoekom hierdie so-

genaamde 20% uiters noodsaaklik is wat die toekoms betref. ‘n

Onlangse gesprek tussen my en die wortelprodusent van Tarlton,

mnr Vito Rugani, het my weer laat besef wat die waarde is van ‘n

landbougemeenskap wat staatmaak op laterale denke.

Rugani se argument is eenvoudig: Landbouproduksie is die konse-

kwensie van ‘n institusionele geheue waarsonder innoverende

denke haas onmoontlik is. Sportpersoonlikhede verwys daarna as

muscle memory

.

Om die waarheid te sê, dit is juis wanneer hierdie institusionele ge-

heue nie geëer word nie, dat nuwe landbouprojekte of onderne-

mings tot niks kom nie. Hierdie beginsel geld waarskynlik vir byna

elke nuwe onderneming of sektor, maar terwyl landbou so spesifiek

in die politieke spervuur is wat beleid betref, is dit dalk ‘n kritieke

punt wat gemaak moet word.

Indien daar nuwe toetreders tot die ekonomie van skaal gaan kom

in landbou, kan dit waarskynlik primêr net wees uit die sogenaam-

de “middelklasprodusente”. Indien die staat dus vir die toekoms

van landbou wil beplan, sal dit moet wees om van kleinboere mid-

delklasprodusente te maak wat uiteindelik ‘n institusionele geheue

kan ontwikkel om tot die som van voedselsekerheid gevoeg te word.

Daar is nie kortpaaie na grond- en landbouhervorming nie. Die

sprong van kleinboer na middelklasprodusent is egter ‘n byna on-

moontlike opsie omdat kleinboere in ‘n oorlewingsekonomie vas-

gevang is en die middelklasprodusent reeds in die leefwêreld en

milieu van kommersiële produksie funksioneer. Dit is nie logies dat

die organisatoriese instinkte en rituele van feodale oorlewing ‘n

landbouer noodwendig voorberei vir die “institusionele geheue”

wat noodsaaklik is vir kommersiële landbou nie.

Die landbou-ingenieur en produsent van Wildeklawer, mnr Louis

de Kock, wys my daarop dat die gemiddelde ouderdom van ‘n

produsent in Suid-Afrika ongeveer 62 jaar is. Dit beteken ons

institusionele geheue is ryk en ruim, maar dalk kom daar nie ge-

noeg jonger produsente in die landbou-ekonomie in om die institu-

sionele geheue standhoudend te maak nie.

Dít is waar ons groot gevaar lê wat die toekoms betref en dalk

behoort dit die fokuspunt van grondhervorming te wees: Jongboere

en goeie akademiese landboutechnikons is dalk die antwoord.

Só, vir nou is die 20% landbouprodusente wat verantwoordelik-

heid neem vir ‘n beduidende 80% van ons voedselsekerheid dalk

net die mees kritieke deel van ons landboutoekoms en behoort die

leierprodusente seker te maak die regering sien dit ook so.

‘n Institusionele geheue moet

ontwikkel word

PIET CROUCAMP,

politieke ontleder

POLITIEKE

ont leding

71

June 2015

AKTUEEL