Background Image
Previous Page  72 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2015

70

AKTUEEL

SA vanjaar ‘n invoerder van graan,

hoor GOSA-simposium

D

ie landbousektor is verplig om voedselveiligheid en

-sekerheid te bevorder en ons moet standpunt inneem

teen gebeure wat dit nadelig kan beïnvloed, soos

onoordeelkundige grondhervorming en die gebruik van

bewerkbare landbougrond vir mynbou-aktiwiteite.

Intussen kan die uiterste droogtetoestande wat die afgelope tyd

algemeen in somergraangebiede voorgekom het, veroorsaak dat

die huidige mielie-oes selfs kleiner as die geskatte 9,6 miljoen ton

kan wees.

“Oor die afgelope 20 jaar sedert 1994 was daar nog nie ‘n droog-

te soos hierdie jaar s‘n nie. Ons in landbou moet seker maak dat

die regering die regte leiding hieromtrent ontvang deur die

voorbeeld wat ons as landbou-organisasie stel,” het me Annatjie

Loio, president van die Graanhanteringsorganisasie (GOSA), tydens

die opening van hul 2015-simposium op 18 en 19 Maart in Boks-

burg gesê.

“Gemeet aan ‘n binnelandse verbruik van ongeveer 9 miljoen ton,

‘n oordragvoorraad van 1,5 miljoen ton en ‘n krimpende mielie-

oes weens die droogte, sal Suid-Afrika ongetwyfeld vanjaar ‘n

invoerder van graan wees,” het Loio gesê. Die eerste skeepsvrag

geelmielies word eersdaags in Kaapstad se hawe verwag, terwyl

geelmielie-invoere deur Port Elizabeth en Durban hawens ook reeds

geskeduleer is.

“Die mark sal eers na afloop van strooptyd finaal weet wat die

werklike impak van die droogte is,” het sy gesê en bygevoeg dat

mense betrokke in en by die graanbedryf, benewens die droogte,

ook senuweeagtig is oor die politiek en die ekonomie. Teen dié

agtergrond is die simposium se sprekers noukeurig uitgesoek om

te verseker dat die inhoud van die program relevant is.

‘n Volledige politieke, ekonomiese en media-perspektief oor globale

en veral plaaslike omstandighede is deur die onderskeie sprekers

gebied. Hulle meen dat die gebrek aan sterk politieke leierskap, die

ANC se ideologiese verwardheid, wankelrige beleid en die chaos

wat heers in staatsbeheerde organisasies, soos Eskom, nie daarop

dui dat Suid-Afrika ‘n mislukte staat is nie, maar wel ‘n struktuur

wat besig is om aan die brand te slaan. Te midde van ‘n politieke

klimaat wat as wisselvallig, onseker, weersprekend en twyfelagtig

beskryf is, het die sprekers sonder uitsondering hul positiwiteit

oor die land en die landbousektor se potensiaal uitgespreek. On-

danks die onsekerheid oor grondhervorming en die huidige droog-

te, het hulle voortgesette gesprekvoering en interaksie met die

regering bepleit.

Die sprekers was mnre Dawie Roodt (Efficient Groep), Theo Vorster

(Galileo Capital), Tim du Plessis (oud-koerantredakteur en

kykNET

se hoof van nuus) en Theo Venter (NWU Sakeskool).

Op ‘n tegniese noot het mnr Palle Dybdal, van Cimbria Unigrain

in Denemarke, inligting verskaf oor nuwe-generasie, omgewings-

vriendelike graandroërs, terwyl me Alta Swanepoel, ‘n regskenner,

lig gewerp het op die nuwe Padverkeerswetgewing rakende die

oorlading van voertuie.

Mnr Jaco Minnaar, ‘n produsent en hoofbestuurslid van Graan SA,

het dié organisasie se bydrae tot die volhoubare sosio-ekonomie-

se produksie van grane in perspektief gestel. Een van Suid-Afrika

se top avonturiers en inspirerende sprekers, mnr Peter van Kets,

het simposiumgangers uitgedaag om persoonlike doelwitte te stel,

vas te byt en ‘n nalatenskap agter te laat.

Die simposium is deur bykans 200 afgevaardigdes bygewoon,

wat bestaan het uit graanhanteerders soos Afgri, BKB, Kaap Agri,

NTK, NWK, Overberg Agri, OVK, Senwes en Suidwes asook die

verwerkings- en distribusiebedrywe, finansierders, insetverskaffers

en statutêre rolspelers. Loio sê die goeie jaarlikse bywoningsyfer

en stygende ledetal van die organisasie is tekenend van die

graanbedryf se behoefte aan ‘n onafhanklike organisasie soos

GOSA wat die oordra van bedryfspesifieke inligting fasiliteer.

Tydens ‘n algemene jaarvergadering is GOSA se raad eenparig her-

kies en mnr Gideon Ralepeli van Senwes Grainlink is as ‘n addisio-

nele lid verkies. Hy sluit hom op die raad aan by me Annatjie Loio

van Unitrade (president), mnre Esli Rall van RMB (visepresident),

Awie Kriel van Kaap Agri, Pieter Malan van Senwes Grainlink,

Ferdinand Meyer van Ronin GMS, Marco Pretorius van Afgri,

Hein Rehr van National Fumigants en Lukas Swarts van Ensign

Shipping.

JOHAN SMIT,

namens die Graanhanteringsorganisasie

1: Volgens Annatjie Loio, president van GOSA (tweede van links), het die sprekers tydens die 2015-

simposium daarin geslaag om presies die regte punte aan te spreek. By haar is van die sprekers (van

links): Dawie Roodt (Efficient Groep), Theo Vorster (Galileo Capital) en Theo Venter (NWU Sakeskool).

2: Die jongste toevoeging tot die raad van

GOSA is Gideon Ralepeli van Senwes

Grainlink.

1

2