

Junie 2015
68
Migrerende plantluise
kan ‘n storie vertel
V
lieënde plantluise migreer op hoogtes van 12 m en hoër.
Hierdie plantluise is baie keer die draers (vektor) van siek-
tes na plante en kan dus bydra tot die uitbreek van
plantsiektes. Dit is waarom die LNR-Kleingraaninstituut
(LNR-KGI) betrokke geraak het by die monitering van plantluise
wat die gars geel dwerg virus of in Engels bekend as
barley yellow
dwarf virus
kan oordra.
Gars geel dwerg virus is daarvoor bekend dat dit sedert 2006
skade by koring onder besproeiing in verskeie gebiede, maar veral
KwaZulu-Natal, veroorsaak. Migrerende plantluisgetalle word sedert
Junie 2013, in samewerking met die Universiteit van Pretoria, met
behulp van vier suigvalle by Koedoeskop, Brits, Groblersdal en
Winterton gemonitor (
Foto 1
).
Hoe vroeër virusoordraging op koring plaasvind, hoe skadeliker kan
dit vir die gewas wees. Aangesien die klimaat tussen die gebiede
verskil, word kultivars op verskillende tye in die verskillende gebiede
aangeplant en dus verskil die periodes waartydens die koring
sensitief is vir virusoordraging, ook tussen gebiede. Hierdie periode
word bepaal deur tien weke by die laatste plantdatum in ‘n gebied
te voeg. Plantluise wat dus in hierdie periode in groot getalle
migreer en op grasse voed, kan as ‘n moontlike vektor van gars geel
dwerg virus dien.
Meer as twintig verskillende
plantluisspesies
Met ongeveer 18 maande se data tot ons beskikking, is die basis
van die inligting gelê en kan ons nou daarop voortbou soos wat
die inligting verder ingesamel word. Tussen 20 en 30 verskillende
plantluisspesies is in elk van hierdie suigvalle gevang.
Die koringluise wat die gars geel dwerg virus oordra, maak maar
vyf van hierdie spesies uit. Nog ‘n verdere vyf tot agt spesies wat
ook op sommige tye wel op gras voed, verhoog die potensiële
vektore tot omtrent 13, maar dit wissel tussen gebiede. Die vlug-
patrone kan varieer as gevolg van klimaatsverskille asook die tipes
gewasse wat in groot hoeveelhede aangeplant word.
Data wys alreeds vae prentjie
Luise wat in al vier gebiede in die grootste aantalle voorgekom
het, was die hawerluis (
Rhopalosiphum padi
) en mielieluis
(
Rhopalosiphum maidis
) (
Grafiek 1
– Winterton). Hulle het egter
in die eerste vyf maande van die jaar gevlieg, maar gelukkig in
baie lae getalle gedurende die periode waar koring sensitief is vir
virusbesmetting.
Die eerste gevolgtrekking kan dus wees dat hulle geen faktor is
in die oordraging van virusse nie. Die groot getalle wat vlieg, kan
egter veroorsaak dat meer luise op grasse aangrensend aan lande
kan oorleef. Hierdie luise kan met gemak dan van grasse na koring
beweeg en die virus na koring oordra. Laasgenoemde beweging sal
eers bevestig moet word.
In die Groblersdal-omgewing het die koringluise se patrone van
beweging verskil van dié van hawerluise – wat laat en in groter
getalle voorgekom het – terwyl bruinaarluise (
Sitobion avenae
)
regdeur die periode wanneer koring sensitief is vir virusbesmetting,
voorgekom het (
Grafiek 2
). Hierdie is ook ‘n goeie voorbeeld van
hoe die migrasiepatrone tussen die verskillende gebiede varieer.
Ander grasvoedende luise ook betrokke
Die grasvoedende plantluise wys ook interessante patrone. In die
Groblersdal-omgewing is daar veral drie van hierdie spesies wat
in redelike getalle voorgekom het. Een van hulle is
Hyalopterus
pruni
wat ook op perskes en pruime voed (
Grafiek 3
). Hulle
tussengasheerplante is egter riete wat langs die meeste riviere en
vleigebiede regoor die land groei.
OP PLAASVLAK
Vlieënde plantluise / Migreer / Draers / Siektes
Geïntegreerde plaagbeheer
GODDY PRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut
Grafiek 1: Vlugpatrone van koringluise by Winterton. Die gekleurde blok dui die tydperk aan wanneer koring sensitief is vir virusbesmetting.