

67
June 2015
Meer as twee-derdes van alle onkruidspesies is breëblaarspesies
(dikotiele), waarvan probleem winteronkruide dan wel ook meestal
breëblare is. Die enigste grasse wat inderdaad in die winter pro-
bleemonkruide kan wees, is meerjarige grasse (monokotiele), soos
byvoorbeeld kweekgras (
Cynodaon dactyon
) en bosveldbeesgras
(
Urochloa mosambicensis
).
Dan kry ‘n mens ook grasse wat laat in die somerseisoen nog
suksesvol ontkiem en welig kan groei tot laat in die herfs, soos
byvoorbeeld kruisvingergras (
Digitaria
spp.), jongosgras (
Eleusine
coracana
), tarentaalgras (
Rottboellia cochinchinesis
), Johnsongras
(
Sorghum halepense
) en wilde graansorghum (
Sorghum bicolor
).
Hierdie eenjarige somergrasse moet beheer word om sodoende
saadstorting in die herfs of vroeë winter te verhoed/verminder.
Die beheer van bogenoemde onkruide is ‘n kopseer vir meeste
produsente dwarsoor die mielieproduksieareas (somerreënval-
streke). Wanneer hierdie onkruide welig en aktief groei, of selfs
nou net begin ontkiem, staan meeste van die somergewasse nog
op die lande en is dit dus onmoontlik om met gewone trekkerspuite
chemiese onkruidbeheer toe te pas.
Produsente wat wel ‘n hoogloopspuit het, kan hierdie onkruide
meer tydig beheer nog voordat die stroper deur die lande geloop
het. Trekkerspuite en/of implemente sal heel moontlik eers na-oes
in die lande kan inkom, wat dan gewoonlik te laat is. Dit beteken
die onkruide het al te groot geword en kan na-opkoms onkruiddoders
se effektiwiteit benadeel. Dit is wel bekend dat hoe kleiner die
onkruid, hoe meer effektief kan dit beheer word. Dit geld ook vir
winteronkruide wat meestal eers ‘n rosetgroeivorm as saailing het,
voordat daar vertakkings begin. Die rosetfase is die ideale fase om
hierdie onkruide (skraalhanse en witblombloudissel) te beheer.
Onkruiddoders wat wel suksesvol toegedien kan word ná af-
droog van die gewas, sluit in glifosaat (sistemiese onkruiddoder)
en paraquat (kontakonkruiddoder). Dit raak ook nou ‘n algemene
praktyk onder produsente wat bewaringsboerdery toepas om ten
minste een winterbespuiting te doen, hetsy net voor stroop of
net ná stroop. Hierdie bespuitings het baie waarde aangesien die
lande skoon bly van enige onkruide tydens die wintermaande, die
grondvog word bewaar en geen nuwe saad word by die saadbank
gevoeg nie.
Onkruide in wintermaande kan nie gesien word as ‘n “dekgewas”
nie aangesien die kompeterende effek vir grondvog van die
aktiefgroeiende onkruide te sterk is. Bewerking tydens wintermaan-
de word nie aanbeveel nie, aangesien die verlies aan grondvog
te groot is.
Vir enige navrae rakende onkruid-identifikasies of
chemiese beheermaatreëls, kontak dr Elbé Hugo by
018 299 6298 of
HugoE@arc.agric.za .2: Witblombloudissel-infestasies moet in wintermaande beheer word.
3: Kaapse dubbeltjie-infestasies in sonneblomlande.
4: Onkruide moenie toegelaat word om onbeheerd op oorlêlande te groei nie.
5: Vaalskraalhanse moet verkieslik in die rosetvorm beheer word.
2
5
3
4