

69
June 2015
Hierdie luise vlieg veral in redelike getalle wanneer koring sensitief
is vir virusoordraging (Grafiek 3). Luise wat vanaf riete na bome
beweeg, kan deur die kleur van koring aangetrek word en op die
koring land en voed voordat hulle aanbeweeg op soek na bome.
Dit gee genoeg tyd vir die virus om na die koring oorgedra te word,
indien die luise vooraf op gars geel dwerg virus besmette riete
gevoed het.
‘n Literatuurstudie gedurende Januarie vanjaar het twee rekords
opgelewer waar gars geel dwerg virus uit hierdie riete in Europa
geïsoleer is en dus is die teorie nie heeltemal onwaarskynlik nie.
‘n Soortgelyke ondersoek word tans hier gedoen om vas te stel of
riete waarop luise gevoed het, wel die gars geel dwerg virus be-
vat. Hierdie inligting kan verdere kennis verskaf oor die vektore
van die gars geel dwerg virus.
Eweneens vlieg baie
Aphis
sp. luise vroeg rond, wanneer koring
sensitief is vir die oordraging van virusse, en dus sal hierdie
moontlikheid ook ondersoek moet word (Grafiek 3).
Die inligting uit hierdie suigvalle is nog beperk, maar die voordele
wat hieruit kan spruit, is alreeds besig om duidelik te word. Soos
meer data vanaf hierdie suigvalle inkom, kan die prentjie duideliker
word en sal meer akkurate gevolgtrekkings gemaak
kan word wat tot verdere uitbreidings in die studie
van vektore van gars geel dwerg virus kan lei.
Grafiek 2: Vlugpatrone van koringluise by Groblersdal. Die gekleurde blok dui die tydperk aan wanneer koring sensitief is vir virusbesmetting.
Grafiek 3: Vlugpatrone van grasvoedende plantluise by Groblersdal. Die gekleurde blok dui die tydperk aan wanneer koring sensitief is vir
virusbesmetting.
1: ‘n Suigval by Groblersdal.
Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur die finansiële bystand
van die Wintergraantrust en die Landbounavorsingsraad.