

61
June 2015
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Graanvertakking / Veevertakking / Boerderypraktyke / Vogbestuur
Boer eerste om God te eer
en dan die res
M
nr Egon Zunckel is ‘n nederige man wat sy kop hoog
kan hou. Hierdie Graan SA/Syngenta Graanprodusent
van die jaar-finalis en sy vrou, Gaynor, boer naby Berg-
ville in KwaZulu-Natal, met hoofsaaklik graan en vee.
Die graanvertakking bestaan grotendeels uit mielies en sojabone,
terwyl die veevertakking uit ‘n osboerdery bestaan.
Zunckel vertel dat hy die moeilike kant van die lewe ervaar het
tot die Here op ‘n dag ingegryp het. Hy sê dat alles op dié dag ver-
ander het. Sy uitkyk het verander, sy aanslag het verander en sy
passie is aangepas.
Dieselfde dag het die algemene stand van sy boerdery drasties
begin verander. Finansieel het dit begin beter gaan, verhoudinge
met werkers en insetverskaffers het positief geswaai en Zunckel
het as mens die voordele van hierdie veranderinge begin ervaar.
Dit was nie en is nie alles maanskyn en rose nie en volgens
Zunckel bly dit ‘n uitdaging om jou wang te bly draai, maar hy werk
steeds daagliks daaraan.
Boerderypraktyke
Gedurende die droogtes van die tagtigerjare het Zunckel begin
boer en só het hy begin om sy passie uit te leef. Hy moes ‘n lening
by die Land Bank hiervoor aangaan om te kon begin en het uit
die staanspoor die geykte produksiemetodes van die ouer geslag
bevraagteken.
Hy het die boerderypraktyke wat op die plaas toegepas is, ont-
leed, die swakpunte daarin geïdentifiseer en dit aangespreek. In
die tyd toe Zunckel begin boer het, was die land in ‘n droogtesiklus
vasgevang en daarom het hy begin om te fokus op vogbestuur en
vogvoorsiening. Verskeie damme is gebou om gewasse gedeeltelik
te besproei, maar die groot verandering het gekom deur die hulp-
bronne optimaal aan te wend.
Lande en natuurlike weiding is fisies gekarteer en volgens hulle
potensiaal aangewend en bestuur. Lande is gekontoer en die ploeg-
praktyk is vir deklaagbewerking verruil. Dit was die begin van die
bewaringspraktyke wat vandag op hierdie plaas toegepas word.
– Egon Zunckel se slagspreuk waarvolgens hy sy boerdery bedryf
Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finalis
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
1
3
4
2
1: Egon Zunckel, middel, en sy twee seuns, Tyson en Carl.
2: Arbeid is ‘n belangrike komponent in die produksieproses op die plaas.
Deur saam te werk en elkeen se sterkpunte uit te bou, word effektiwiteit
verhoog.
3: ‘n Geenbewerkingsplanter besig om ‘n dekgewas te plant.
4: Let op die gesonde kondisie van die stoppels. Dit was mielies ná ko-
ring. Die mielies het 15,8 ton/ha gegee.