Produk-inligting
Moenie invloed van grondvrugbaarheid en
gronddiepte op huidige oes onderskat nie
T
ans word verrassende en onverwags-goeie opbrengste
gestroop. Die klimaatsomstandighede deur die seisoen het
‘n groot bydrae gelewer, maar hoekom het soortgelyke kli-
maatsomstandighede in vorige jare nie dieselfde eindre-
sultaat ten opsigte van opbrengsverhoging opgelewer nie?
Wat kan ons uit die afgelope seisoen se resultate leer en hoe kan
jy as produsent die inligting in toekomstige bemestingsbeplanning
tot jou voordeel gebruik?
Gronddiepte
Die gronddiepte wat beskikbaar is vir ‘n gewas se wortelstelsel,
bepaal hoe groot die “kruidenierswinkel” is waarin wortels kan
ontwikkel om plantnutriënte vir groei en stoor in bogrondse plant-
materiaal bymekaar te maak. Hoe meer van die plant se nutriënte in
vegetatiewe plantmateriaal gestoor kan word, hoe meer is ná blom
beskikbaar om graan te vul en so opbrengs te verhoog.
Gedurende verlede jaar se grondopnames deur SGS NviroCrop,
waar ‘n meganiese boor ‘n 1 m kern op ‘n slag uit die grond by-
mekaarmaak tot op dieptes van 3 m tot 4 m, was dit duidelik dat
voorafgaande gewasse se wortels in tradisioneel-beperkende
grondhorisonte vir wortelontwikkeling (weens anaërobiese toe-
stande), wel ontwikkel het.
Die positiewe impak hiervan op opbrengste op tradisioneel-vlakker
gronde met vogkeerlae gedurende die vorige seisoen, het die im-
pak van gronddiepte en ‘n groter “kruidenierswinkel” bevestig.
Die afgelope seisoen het ons daarom in die Wes-Vrystaat en
Noordwes Provinsie op gronde wat oorgelê het, maar nie versadig
was met water nie en in Mpumalanga en KwaZulu-Natal op
aanvanklike droë grondprofiele, geplant. Gronde het daarom
groot kapasiteit gehad om water te kan akkumuleer voor versuip-/
anaërobiese toestande in die ondergrond kon realiseer en
daarom het gewasse se wortelstelsels die eerste deel van groei-
seisoen baie meer nutriënte opgeneem as in vorige seisoene.
Grondvrugbaarheid
Die effektiewe benutting van grondvrugbaarheid deur die gewas
gedurende die afgelope groeiseisoen het bevestig dat as genoeg
water en suurstof in die bogrond in die paar weke voor blom
beskikbaar is, ‘n gewas baie nader aan sy genetiese potensiaal
kan presteer.
Die voorafgaande droë jare was dit egter nie die geval nie en daar-
om is dit van belang om te besef dat ons plante in só ‘n situasie
geforseer was om die meeste van hul nutriënte in die ondergrond
te ontgin waar daar moontlik wel vog teenwoordig was, aangesien
die vrugbare bogronde droog was. Die vraag is: Hoe lyk my “krui-
denierswinkel” in die ondergrond?
In die presisieboerdery-nutriëntkaarte (
Figuur 1a
en
Figuur 1b
) is
dit duidelik dat die bogrond se kaliumvlakke nader aan optimaal is
en ondergrond (30 cm tot 40 cm) totaal en al uitgeput is. ‘n Gewas
sou dus in ‘n droë najaar ‘n tekort aan kalium (K) ontwikkel, alhoewel
die bogrondontleding daarop dui dat voldoende K teenwoordig is
vir optimale plantvoeding.
51
July 2017
FOKUS
Bemesting
Spesiale
COBUS BURGER
, besigheidsbestuurder, SGS NviroCrop
Figuur 1a en 1b: Bogrond K (mg/kg) en ondergrond K (mg/kg).
1a
1b