Background Image
Previous Page  50 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 108 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Sukrose is die primêre produk van fotosin-

tese in hoër plante en dien as die belangrik-

ste bron van energie en suikervervoer.

Sukrose dien as ‘n kritiese bousteen in die

groei en die onderhoud van plantweefsel.

Gevolglik is ‘n Brix-lesing ‘n aanduiding van

die plant se groeikragtigheid en -reserwes.

Plante met hoë Brix-lesings is ook gewoon-

lik meer teen droogte en rypskade bestand

weens die laer wateraktiwiteit in die sap.

Die laer wateraktiwiteit is die gevolg van

meer suikers en opgeloste stowwe in hoë

Brix-gewasse.

In die geval van vrugte en groente, sal ge-

wasse met hoër Brix-waardes langer rak-

leeftyd en beter turgiditeit en smaak besit.

Gewasse onder stremming produseer hoër

styselvlakke ten koste van sukrose.

Sukrosevlakke word hoofsaaklik deur fos-

faat (reeds in die Calvin-siklus van foto-

sintese), kalium, magnesium, swael, sink en

boor beheer.

Grafiek 2: Tipiese voorbeeld van patroon-identifikasie – in hierdie geval word ammoniumtoksisiteit

aangedui. Let op die hoë

ammomnium:nitraatverhouding

, onderdrukte kalium, kalsium en magne-

sium, asook die verhoogte fosfaat- en swaelvlakke.

Plantsapontledings