Background Image
Previous Page  56 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

54

Bemestingshandleiding

hersien

D

ie

Bemestingshandleiding

het ‘n integrale deel van die

kunsmisbedryf in Suid-Afrika geword. Toe die Misstof-

vereniging van Suid-Afrika (MVSA) – nou Fertasa – in

1959 tot stand gekom het, was dit nodig om bemestings-

aanbevelings te standaardiseer.

Navorsing is uitgevoer om bemestingsriglyne vir die belangrikste

gewasse op te stel. Vandag is daar riglyne vir die meeste van die

gewasse wat in Suid-Afrika verbou word. Daar is ook besef dat

bemestingsaanbevelings sonder begrip van grond, klimaat, water

en tegnologie nie van veel waarde kan wees nie. Daarom is besluit

om alle relevante aspekte wat ‘n rol in die wetenskaplike, doeltref-

fende en omgewingverantwoordelike bestuur van grondvrugbaar-

heid kan speel, in te sluit in die

Bemestingshandleiding

.

In die strewe om ‘n groeiende menslike bevolking te kan voed, moet

nuwe tegnologie voortdurend ontwikkel word en dit bring nood-

wendig vernuwing en verandering voort.

Die

Bemestingshandleiding

bevat algemene riglyne en nie intel-

lektuele eiendom (IP) wat deur ons lede ontwikkel is nie. Die kuns-

misbedryf is hoogs kompeterend en uitstekende navorsing word

deur lidmaatskappye gedoen. Uiteraard kan dit lei tot kompete-

rende voordele vir die maatskappye wat nie inligting deel nie en

dit moet eerbiedig word.

Die doel met hierdie artikel is om sommige opdaterings van die

2007

Bemestingshandleiding

na die 2016

Bemestingshandleiding

bekend te stel.

Fertasa se lede het die dienste van uiters bekwame wetenskaplikes

en ons erken met trots met hierdie handleiding hul insette oor die

jare. Ons erken met dankbaarheid ook insette van wetenskaplikes

buite Fertasa lidmaatskap. Ons glo dat met goeie koördinasie en

samewerking ons net die beste diens vir ons lede en die produsente

van Suid-Afrika kan lewer.

Die grond waarin geproduseer word, kry tot ‘n groot mate aandag

en daar is heelwat aanpassings aan hierdie gedeelte gemaak. Die

gewasproduksiepotensiaal, wat die basis van beplanning is, is aan-

sienlik deur prof Alan Bennie uitgebrei. Aspekte soos “Hoe om die

potensiaal te bepaal” word bespreek.

Grondmonsterneming, asook grondontledings, is ook aangepas.

Drs Arrie van Vuuren, Louis Ehlers en mnr Tesman Beyers, asook

lede van AgriLASA, het hand bygesit. Die grondmonsternemings

en merktegnieke word voorgestel. Die grondontledingsmetodes

word ook in detail beskryf. Aspekte rakende presisieboerdery en

die grondmonsterneming hiervan word ook bespreek.

Mnr André Smith het die organiese materiaal in grond herskryf

en laat die klem op van die volgende aspekte val: Die organiese

materiaal se funksie in die grond, die

koolstof:stikstof-verhouding,

faktore en praktyke wat die organiese vlakke beïnvloed en laastens

word die effek op die klimaat aangeraak.

Grondwater, wat die basis van produksiebeplanning vorm, is weer

deur prof Alan Bennie hersien. Die hoeveelheid plantbeskikbare

water en die grondwaterbestuur word onder andere op ‘n praktiese

wyse bespreek. Die plantbeskikbare water, asook die verwagte

reënval, kan deur produsente gebruik word om die produksiepoten-

siaal vir die volgende jaar te voorspel.

Grondsuurheid is een van die groot produksiebeperkinge in veral

die saaibedryf. Die oorsake van grondversuring en die opheffing

van grondsuurheid word prakties bespreek. Hierdie aspek is met

nuwe data aangepas en aansienlik uitgebrei ten opsigte van onder-

grondsuurheid, grondkorsvorming en praktiese voorbeelde is ook

ingespan om die beginsels te verduidelik. Drs Pieter Haumann,

Koos Bornman, Arrie van Vuuren en Erik Adriaanse het in hierdie

gedeelte ‘n groot aandeel gehad.

Soutgeaffekteerde gronde (brak) is by sommige produsente ‘n

probleem. Dr Piet Nell spreek hierin nuwe gedagtes rakende hier-

die aspek.

Aspekte rakende water is ook ‘n nuwe gedeelte. Waterkwaliteit

en waterbesoedelingsriglyne word bespreek. Besproeiingskedule-

ring is ‘n aspek wat produksie en winsgewendheid uitermate kan

beïnvloed.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

DR PIETER HAUMANN,

hoof uitvoerende beampte, Fertasa

Kyk uit vir die nuwe

Bemestingshandleiding

.