Background Image
Previous Page  58 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 58 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

56

Grondgesondheid:

Wat is dit en hoe word dit gemeet?

V

ir ongeveer 100 jaar is grond in ‘n laboratoriumomgewing

hanteer as ‘n nie-lewende sisteem. Kommersiële landbou-

laboratoriums in Suid-Afrika het gebruik gemaak van

slegs fisiese en chemiese metings om grondeienskappe te

beskryf, terwyl die bydrae van grondbiologie geïgnoreer is.

Fisiese ontledings sluit onder andere die bepaling van tekstuur,

waterhouvermoë en waterinfiltrasievermoë in. Met chemiese

metings word gebruik gemaak van soute, alkaliese en suur-ekstrak-

siemiddels om onderskeidelik grond-pH te bepaal en om plant-

voedingselemente uit grond te ekstraheer.

Hierdie fisiese en chemiese grondeienskapinligting word dan direk

deur die produsent of indirek deur middel van konsultante gebruik

om kalktoedieningsprogramme en bemestingsprogramme op te

stel. Hierdie programme het dan ten doel om gewasproduksie op

die plaas optimaal in te stel.

Daar is al hoe meer besprekings aangaande grondgesondheid in

die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing. Hierdie besprekings sluit

artikels in populêre publikasies en wetenskaplike joernale, na-

graadse studies op tersiêre vlak, simposiums en radio- en televisie-

onderhoude in. Daar word ook groot volumes bemarkingsmateriaal

geskryf wat die verbetering van grondgesondheid, deur die toe-

diening van spesifieke produkte op grond, adverteer.

Die woord “grondgesondheid” kan egter net gebruik word indien

daar instemming is dat ons in die landbou te doen het met grond as

‘n lewende, dinamiese sisteem. Die bewyse dat grond wel ‘n lewen-

de, dinamiese sisteem is, kan nie meer weggeredeneer word nie.

Daar is oorvloedige bewyse dat grond groot diverse hoeveelhede

lewende organismes bevat. Hierdie lewende organismes werk saam

in een groot ekologiese sisteem, ingesluit klimaat, plante en diere

ten einde volhoubare landgebruik te verseker.

Indien die grond bewerk, bewei en chemikalieë toegedien word,

word eksterne druk op hierdie ekologiese sisteem geplaas. Die na-

tuurlike balans word dus versteur met landbou-aktiwiteite, maar hoe

kwantifiseer ons die versteuring(s) in terme van grondgesondheid?

In die 1980’s was grondkwaliteit een van die groot navorsings-

fokuspunte, maar wetenskaplikes kon vir ‘n dekade en ‘n half nie

saamstem oor wat presies grondkwaliteit nou eintlik is en hoe dit

gemeet kan word nie.

In 1994 het dr Rick Haney, ‘n navorser by die Amerikaanse De-

partement van Landbou, begin met navorsingswerk om grond-

mikrobe-aktiwiteit en koolsuurgas (CO

2

)-produksie te gebruik as

‘n indeks van grondgesondheid, asook om alternatiewe ekstra-

heermiddels vir plantvoedingselemente te ondersoek.

Gedurende die laaste twee dekades is groot vordering gemaak

– veral in Amerika – in terme van die ontwikkeling van ‘n metode

vir die bepaling en meting van grondgesondheid in die laborato-

rium. Onder andere word die invloed van spesifieke produksieprak-

tyke soos bewaringslandbou en die gebruik van dekgewasse op

grondgesondheid gemonitor. Die verbetering en/of agteruitgang

van grondgesondheid oor tyd kan derhalwe gekwantifiseer word.

Die vraag ontstaan dus of ons in Suid-Afrika kan kies uit die

bestaande grondgesondheidslaboratoriummetodes sodat die ont-

ledingsdata impak kan maak om die beginsel van bewaringslandbou

te kwantifiseer?

Plaaslike beskikbare grondgesondheidsverwante ontledings sluit,

onder andere, Solvita grondmikrobiologiese aktiwiteitstoetse in.

Hierdie mikrobiologiese aktiwiteitstoets is voorheen nie in kom-

mersiële laboratoriums gedoen nie.

Addisioneel tot die mikrobiologiese aktiwiteitstoets kan organies-

gebinde N en P nou ook bepaal word. Die organies-gebinde N en P

dra natuurlik by tot plantvoeding. Deur die organies-gebinde N en

P te bepaal, kan die bydrae van die organiese fraksie in grond tot

bemesting in ag geneem word. Sodoende kan geld bespaar word

deur meer effektief te bemes.

Die ondergemelde laboratoriummetodes is ‘n opsomming van

nuwe en bestaande beskikbare grondgesondheidsverwante ontle-

dingsmetodes in Suid Afrika:

Ontledingsmetodiek

Afsonderlike, vinnige laboratoriummetodes

Solvita mikrobe-aktiwiteit

Die toets word die 24 uur Solvita CO

2

-produksietoets genoem. Die

toets word oor 24 uur op grond in ‘n laboratorium gedoen en bepaal

die hoeveelheid koolsuurgas (CO

2

) wat oor 24 uur geproduseer

is. Afleidings word dan gemaak in terme van die hoeveelheid CO

2

geproduseer – wat die aktiwiteit van die grondmikrobes indirek

verteenwoordig, asook die berekende potensieel-mineraliseerbare

grondstikstof.

Soil labile amino nitrogen (SLAN)

Hierdie toets bepaal die organies-gebinde hoeveelheid stikstof (N)

in die grond. Die toets word soortgelyk aan die Solvita-toets ook oor

24 uur onder laboratoriumtoestande gedoen.

Kaliumpermanganaat-aktiewe koolstof (C)

Die toets lewer insig oor die aktiewe hoeveelheid koolstof teen-

woordig in grond. Die aktiewe koolstof is die koolstoffraksie wat

in die grond teenwoordig is en wat maklik deur mikrobes benut

kan word.

Aggregaatstabiliteitstoets

Die aggregaatstabiliteitstoets stel ons in staat om die persentasie

stabiele aggregate teenwoordig in ‘n grondmonster te bepaal.

Aggregaatstabiliteit is belangrik in boerdery omdat stabiele

aggregate goeie waterinfiltrasie in grond verseker. Onstabiele

aggregate (lae aggregaatstabiliteit) veroorsaak dat grond verdig en/

of toeslaan indien die grond blootgestel word aan waterdruppels

(besproeiing of reën). Toegeslane grond veroorsaak onder andere

waterafloop en erosie, maar ook laer gronddeurlugting.

Grondgesondheidsevaluasie en -indekse

Daar is twee skole van denke oor grondgesondheidsevaluasie

en grondgesondheidsindekse, naamlik die Cornell-grondgesond-

heidsevaluasie en die Haney-grondgesondheidstoets.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

DR HENDRIK SMITH,

grondkundige, NviroTek Laboratoriums