Background Image
Previous Page  59 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 108 Next Page
Page Background

Definisie

Grondgesondheid is ‘n funksie van die wisselwerking tussen

klimaat, plante, diere, fisiese-, chemiese- en biologiese grond-

prosesse en tyd.

Grondgesondheid (GG) = f (k, p, d, f, c, b, t) waar:

k = klimaat

p = plante

d = diere

f = fisiese grondprosesse

c = chemiese grondprosesse

b = biologiese grondprosesse

t = tyd

57

Cornell-grondgesondheidsevaluasie

Die Cornell-evaluasie is baie intensief omdat fisiese, chemiese en

biologiese aspekte, wat oor tyd gemeet word, ingesluit word.

Die onderstaande lys van grondeienskappe word in ag geneem in

die Cornell-grondgesondheidsevaluasie:

Aggregaatstabiliteit;

plantbeskikbare water;

organiese koolstof (totaal);

aktiewe koolstof (intyds beskikbaar);

penetrometerweerstand (oppervlak-hardheid);

potensieel-mineraliseerbare N; en

grondchemiese samestelling.

Haney-grondgesondheidstoets

Die Haney-grondgesondheidstoets (wat deur Rick Haney ontwikkel

is) is ‘n berekening wat belangrike gemete faktore insluit, soos

die grond anorganiese N, P en K, die Solvita CO

2

-bepaling, die

grond C:N-verhouding, organies-beskikbare N en P, asook aktie-

we koolstof.

Twee ekstraksiemiddels word gebruik om plantbeskikbare voe-

dingselemente te bepaal, naamlik water en H3A.

H3A is ‘n mengsel van swak organiese sure wat die plant se

worteluitskeidings naboots vir die bepaling van plantbeskikbare

voedingselemente. Die Haney-grondgesondheidstoets is relatief

vinnig om te bepaal en neem biologiese en chemiese aspekte in

ag, soos:

Solvita mikrobe-aktiwiteit;

organiese swak suur-ekstraheerbare voedingselemente soos N,

P en K;

wateroplosbare P, N en C vir die bepaling van C:N-verhoudings;

bepaling van anorganiese beskikbare P en N;

bepaling van organiese P en N (voorheen afgeskeep); en

berekening van die Haney-grondgesondheidsindeks.

Opsomming

Grondgesondheid in terme van biologiese prosesse is ‘n bena-

dering wat gedurende die afgelope eeu min aandag geniet het.

Groot ontwikkelings het egter gedurende die laaste twee dekades

plaasgevind, hoofsaaklik in Amerika, maar ook elders in die wêreld.

Hierdie ontwikkelings het plaasgevind in terme van metodiek-

ontwikkeling en navorsing om grondgesondheid te kwantifiseer.

Grondgesondheid in Suid-Afrika is in sy kinderskoene, maar grond-

gesondheidsbewustheid bestaan wel. Amerikaanse lang-termyn-

moniteringsinligting oor die effek van bewaringslandbou en die

gebruik van dekgewasse in kommersiële landbou, het genoeg

bewyse opgelewer dat die inligting wat grondgesondheidsme-

tings verskaf, noodsaaklik is vir volhoubare landgebruik.

Die definisie in die

kassie

is ‘n opsomming van my opinie en erva-

rings tot dusver in Suid-Afrika en het ten doel om die kompleksiteit

van die interaksies van klimaat, plante, diere, fisiese-, chemiese- en

biologiese grondprosesse en tyd op grondgesondheid te benadruk.

Die akkuraatheid van die kwantifisering van grondgesondheid

hang van die aantal faktore wat gemeet word, asook die moni-

teringsiklustyd, af. Grondgesondheidsmetings moet daarom altyd

‘n kontrolegeval insluit waarteen gepaste metings oor tyd vergelyk

kan word.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

DISTRIBUTED RHINO AGRIVANTAGE

a healthy and

sustainable change

Amino acids

and biostimulators

Foliar fertilizers

Preventives

Deficiencies

correctors chelates

Soil and water

conditioners and

correctors

Coadjuvants

CODA sustainable agro solutions

are beneficial to all needs of your crop.

+27 21 975 4633 |

www.rhinoagrivantage.co.za