Background Image
Previous Page  55 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 108 Next Page
Page Background

53

July 2017

FOKUS

Bemesting

Spesiale

In die afgelope seisoen se najaar het gewasse merendeels in die

bogrond gevoed en die volgende waarnemings is gemaak:

Produsente wat die afgelope paar jaar daarin geïnvesteer het

om variasie in grondvrugbaarheid te balanseer met presisie-

boerdery, is van die toppresteerders.

Oordragstikstof vanaf die vorige twee produksieseisoene het

die meeste gewasse, selfs sojabone, bevoordeel weens swak

verwydering en minimale loging.

Die klimaat was ideaal vir die uitbreek van swamsiektes en dit

was duidelik wel die geval by van die breëblaargewasse met

‘n penwortelstelsel soos sojabone en sonneblom, maar op ‘n

gewas soos mielies was dit verbasend laag:

Die meer aktiewe bywortelstelsel in die bogrond kon meer

van die belangrike elemente in die hande kry om die plante se

natuurlike verdedigingstelsel te ondersteun; en

dit beklemtoon die waarde daarvan om in die toekoms meer

blaarontledings op die regte groeistadium te neem en volgens

die “swak skakels” net die nodige elemente toe te dien deur

middel van blaarvoeding.

Variërende plantestand en -kunsmistoediening het hoëpoten-

siaalgronde bevoordeel teenoor tradisioneel dieselfde plante-

stand en kunsmis op variërende grondpotensiaal.

Plante wat in die ry goed gespasieer is en gelyktydig opgekom

het teenoor dié wat swakker gespasieer was en onegalig

opgekom het, het ook opbrengste bevoordeel weens plante

wat meer aggressief na opkoms ontwikkel het weens goeie

grondtoestande.

Wat moet ek in gedagte hou gedurende

my beplanning vir die nuwe groeiseisoen?

Kyk na verwyderingssyfers/ton van die gestroopte gewas en

hou in gedagte dat heelwat van die nutriënte vanjaar uit die

bogrond verwyder is, wat bogrondchemie baie meer as normaal

gaan beïnvloed:

Baie goeie rede om vanjaar grondontledings te laat doen; en

mielies: 5 t/ha verwyder 17,5 kg tot 20 kg P/ha en 10 t/ha ver-

wyder 35 kg tot 40 kg P/ha.

Heelwat stikstof is verwyder en heelwat stikstof het waarskyn-

lik ook geloog. Daar moet dus voluit vir die beplande opbrengs

bemes word.

Wees versigtig om oordadig te bemes na aanleiding van wat

vanjaar gestroop is, omrede die klimaatsomstandighede ‘n uit-

sondering was en ons langtermynrisiko’s op ons grondtipes in

ag moet neem.

Vlakker- en/of nat gronde se ondergrondkeerlae is gevul met

grondwater en verhoog die risiko van versuiptoestande vroeg

in die komende seisoen indien te laat geplant word en reënval

is normaal. Tref daarom onderskeid tussen goed gedreineerde

gronde en vlakker-/natter gronde wanneer aanplantings be-

plan word.

Hidrouliese verdigting gaan moontlik op ons diep sande plaas-

vind en moet opgehef word.

Grondvrugbaarheid

P

seudowetenskap bestaan uit bewerings, gelowe en prak-

tyke wat as wetenskaplik en geloofwaardig voorgestel

word, maar nie deur wetenskaplike metodes geregverdig kan

word nie.

In die praktyk is “pseudowetenskap” die verkondiging van uiterse

onsin op só ‘n manier dat die slagoffer glo dat dit ‘n wetenskaplik-

bewese feit is.

Hierdie soort ding gebeur dikwels – sedert die vroegste tye in

besigheid, vandaar die gesegde “

Caveat emptor

” oftewel koper

wees versigtig!

Die geval van die bokse

Een van die mees bisarre gevalle van die afgelope tyd is dié van

die “Bokse”. Die uitvoerders van hierdie verneukspul het produsen-

te wat die afgelope tyd slegte seisoene beleef het, met oeste wat

erg benadeel is deur droogtes, uitgebuit. Die bewerings oor die

bokse was so oortuigend dat meer as 50 000 ha “behandel” is.

Volgens lede van Fertasa is dit tragies om die lande van die

slagoffers te aanskou na die wonderlike reëns waarmee die

boerderygemeenskap geseën is.

Die uitvoerders van hierdie verneukspul sal hopelik aan die pen

ry, maar geweldig baie skade is aangerig. Dit is ook moeilik om te

bepaal onder watter dissipline die oortreding ressorteer aange-

sien “energievelde” genoem is en niks eintlik aan die grond toe-

gedien is nie.

Vermyding van herhaling van

soortgelyke voorvalle

Produsente moet nie “nuwe en wonderlike” toestelle of middels

gebruik voordat daar eers bewyse van werking en evaluasie van

wetenskaplike bewerings gesien is nie. Een van die eerste mense

om te kontak, moet betrokke wees by/of werk vir ‘n maatskappy

wat ‘n lid van Fertasa is.

Verantwoordbaarheid word hoog aangeskryf by maatskappye wat

lede van Fertasa is. Hulle streef na verskeie beginsels, insluitende:

Beskerming van gewasprodusente teen twyfelagtige verskaf-

fers; en

onderwerping aan ‘n gedragskode wat die integriteit van die

kunsmisbedryf bevorder.

Om meer inligting oor Fertasa te verkry, gaan na die webwerf

www.fertasa.co.za .

DR PIETER HAUMANN,

hoof uitvoerende beampte, Fertasa

– moet nie ‘n slagoffer van “pseudowetenskap” word nie

Die mening van die skrywers is hul eie en

SA Graan/Grain

is gevrywaar van enige aanspreeklikheid.