Background Image
Previous Page  57 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 108 Next Page
Page Background

55

Mnre Frans Joubert en Felix Reinders het ‘n klompie nuwe gedagtes

en praktyke hier ingewerk.

In die plantvoeding-afdeling is ook heelwat aanpassings gemaak.

Die afdelings oor stikstof en fosfor is in geheel herskryf deur

drs Erik Adriaanse en Chris Schmidt, onderskeidelik. Vergewis

jouself gerus oor die maatreëls om stikstofloging en stikstofvervlug-

tiging te beperk, watter bronne om waar en wanneer, sowel as en

die hoeveelheid daarvan om te gebruik vir optimale produksie. Die

fosfaatbemesting is deur drs Koos Bornman en Arrie van Vuuren

hersien en ook aangepas.

Prof Giel Laker het die mikro-elemente-afdeling in geheel herskryf.

Mikro-elementtekorte is dalk juis dié elemente wat produksie be-

duidend kan benadeel.

Die plantvoedsel wat deur plante verwyder word, vorm die basis

van heelwat bemestingsaanbevelings. In hierdie nuwe handleiding

is die tabelle uitgebrei om meer elemente in te sluit en is die nuut-

ste navorsing ook opgeneem.

Die ontwikkeling en struktuur van die kunsmisbedryf is deur

mnr Adam Mostert en dr Gert van der Linde opgegradeer. Land-

boukalk en gips is ook aangepas. Die bronne asook die metode

om die kalkbron te kies, word aangetoon. Vir die aanpassings was

drs Koos Bornman, Arrie van Vuuren en Pieter Haumann ver-

antwoordelik.

Dit help nie veel dat die regte bemestingstowwe toegedien

word, maar die toerusting is nie reg gekalibreer nie. Daarom het

dr Louis Ehlers ‘n nuwe afdeling “Kalibrasie van toerusring en

doseertoerusting by besproeiing” geskryf, wat ook ingesluit is.

Die verskillende hoofgewasse se bemestingsaanbevelings is ook

weer hersien en met nuwe inligting aangepas. Droëlandkoringver-

bouing in die winterreënvalstreke is saamgestel deur mnr Tesman

Beyers, met ‘n aanvulling deur Omnia Wes-Kaap. Heelwat ver-

anderinge is ook hierin gemaak.

Vir kanolaverbouing is die nuwe bemestingsaanbeveling, soos deur

die Proteïennavorsingstigting (PNS) in 2014 voorsien, opgeneem.

Drs Chris Schmidt en Erik Adriaanse het die mieliebemestingsrig-

lyne in geheel hersien en verander.

Sonneblombemestingsaanbevelings is deur dr André Nel met die

nuutste data aangepas.

Doen self die moeite om ook na die bemestingaanbevelings van

die groente en ander gewasse te kyk. Ook hier is heelwat aanpas-

sings gemaak.

Presisieboerdery en inligtingstelsels is die nuwe praktyke en teg-

nologie van die toekoms wat die winsgewendheid van gewasver-

bouing kan verhoog. Daarom is ‘n nuwe afdeling (saamgestel deur

dr Louis Ehlers) ingesluit om hierdie aspekte beter te verduidelik.

Dit is beslis die moeite werd om die nuwe boek aan te skaf. Die

Bemestings Adviseurs Sertifisering en Opleiding Skema (BASOS)

maak reeds gebruik van die 2016-weergawe van die

Bemestings-

handleiding

.

Die

Fertilizer Handbook

is nog in die pyplyn en behoort teen middel

vanjaar beskikbaar te wees.

Indien jy enige navrae het, rig dit aan Candice van der Walt by

candice@fertasa.co.za .