Background Image
Previous Page  49 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 108 Next Page
Page Background

47

July 2017

Sapmonsters op graangewasse

Onder droëlandtoestande word roetine sapmonsters op graange-

wasse gewoonlik net voor topbemesting getrek, wat die geleentheid

skep om ander makro- en mikro-elemente wat onvoldoende mag

wees, saam met die gewoonlik-toegediende stikstof reg te stel.

‘n Opvolgmonster word ook tydens blom gedoen en waar ekono-

mies haalbaar, kan kritiese tekorte met vliegtuigbespuiting regge-

stel word. Indien nie, word die sap tydens blom gebruik om die

plantermengsel van die opvolggewas met elemente wat tekort

skiet, aan te vul.

Onder besproeiingstoestande is sapontledings ideaal en kan mon-

sterneming baie meer gereeld gebruik word om voedingsregstel-

lings gerieflik deur middel van byvoorbeeld ‘n spilpunt, te doen.

Monsterneming

Sapmonsters moet streng volgens voorskrif geneem en vervoer

word om akkurate ontledings te verseker sodat dit met onwikkelde

norme vergelyk kan word. Sapmonsters het ‘n beperkte leeftyd

sonder die regte verpakking en verkoeling. Die korrekte logistiek is

onontbeerlik in die verskaffing van ‘n sapontledingsdiens.

Verskeie saplaboratoriums gebruik verskillende plantgedeeltes

met ontleding, derhalwe moet daar altyd seker gemaak word van

die voorskrifte rakende die betrokke monsterneming. Ontledings-

metodiek en ekstraksiemetodes verskil ook (De Kreij, 1993).

Sommige laboratoriums vries die monsters en ander nie. Sommiges

versap die monster, maar ander pers dit. Weens gemelde redes is

dit sinneloos om fisiese waardes van een laboratorium met ‘n ander

te vergelyk.

Dit is belangriker om seker te maak dat ‘n laboratorium gebruik

word wat wetenskaplik-gestaafde norme vir plaaslike omstandig-

hede ontwikkel het. Opbrengspotensiaal het ook ‘n groot invloed

op sapelementvlakke en verhoudings wat norme betref.

As voorbeeld verskil ‘n sapnorm vir droëlandmielies dramaties van

mielies onder besproeiing. Verder verskil sapnorme vir mielies in

die noordwes-gebiede van Suid-Afrika ook van mielies in die Oos-

Vrystaat. Dit is krities dat sapnorme aan opbrengs gekoppel word

en sover moontlik streekspesifiek is.

Voorbeeld van sapontledingsverslag

Grafiek 1

toon ‘n voorbeeld van ‘n plaaslike maatskappy, Omnia

Kunsmis, se sapontledingsverslag. Die ontledings word deur

Chemtech laboratoriums gedoen, die eerste en enigste laborato-

rium in Afrika suid van die Sahara met SANAS ISO 17025-akkredi-

tasie vir sapontledings. Dit sluit al die voedingselemente – van

ammonium, stikstof tot silikon – in.

Die ontledingverslag sluit ook Brix, as aanwyser van koolhidraat-

vlakke (suiker), sowel as sap-pH in. Die elemente is almal reeds

vanaf kritiek laag tot hoog geïnterpreteer en netjies met verkeerslig-

geassosieerde kleure aangedui.

Plantsapontledings is veel meer as

slegs ‘n voedingstofontleding

Wat selde besef word, is dat patroonidentifisering ‘n uiters belang-

rike rol in sapontledings speel. Deur middel van hoofkomponent-

ontleding (PCA) word elemente wat soortgelyke gedrag toon onder

sekere toestande gegroepeer, wat dan sekere patrone uitwys.

Sodoende sal ‘n ontleding met hoë ammonium-stikstof- en lae

nitraatstikstofvlakke, in kombinasie met lae kalsium- en/of magne-

sium- of kaliumvlakke, op aluminiumtoksisiteit dui. Dit kan as

vroeë waarskuwing vir die produsent dien wat risiko betref.

Grafiek 2

wys ‘n tipiese voorbeeld van ‘n monster met ammo-

niumtoksisiteit. In ‘n ander geval sal die kombinasie van lae kalsium,

fosfaat en kalium op ‘n sterk moontlikheid van wortelprobleme,

soos kompaksie of nematodes, dui – sien

Grafiek 3

. Hierdie tipe

patroonidentifisering omskep ‘n sapontleding in ‘n totaal nuwe vlak

van insig en toepassings.

‘n Verdere toepassing van PCA is om die gekombineerde element-

groepe te gebruik om beperking in opbrengspotensiaal deur middel

van diskriminant-ontleding te voorspel. Hierdie tipe voorspelling

stel die produsent op ‘n vroeë stadium in staat om regstellings in

terme van voedingstofvlakke te maak en sy gewas se opbrengs-

potensiaal vanaf ondergemiddeld na bogemiddeld aan te pas.

Brix-ontleding

Die insluiting van ‘n Brix-lesing as deel van ‘n sapontleding voeg

‘n verdere dimensie by. Brix word in grade gemeet en gee ‘n akku-

rate aanduiding van koolhidrate – veral sukrose – in die plantsap.

Grafiek 1: Voorbeeld van ‘n sapontledingsverslag soos deur Omnia Nutrilogie voorsien.

Sapontledings

is aanvullend tot

blaarontledings,

wat gewoonlik

eers heelwat

later in die

groeisiklus

gedoen word.