Background Image
Previous Page  48 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

46

Plantsapontledings maak pasgemaakte

bemestingsprogramme moontlik

P

lantsapontledings bied aan die produsent die geleentheid

om die voedingstatus van gewasse en hul groeikragtigheid

regdeur die seisoen te monitor en sodoende sy risiko te

bestuur. In Suid-Afrika is die tegnologie nog redelik onbe-

kend, maar verwysings na sapontledings kan reeds sover terug

soos die vroeë dertigs nagespeur word (Pettinger [1931]; Poehl-

man [1935]).

Bekende internasionale maatskappye bied sapontledings kommer-

sieel aan, waaronder Omex (UK), Ag Vita & Hortus (Australië),

NovaCrop (Nederland) en Omnia Nutrilogie

®

wat in Suid-Afrika ge-

setel is. Omex doen reeds meer as 40 jaar sapontledings en Omnia

se OmniSap

®

, wat die tegnologie uit Omex verkry het, ontwikkel

die konsep reeds 20 jaar in Suider-Afrika en verskeie ander lande

soos Australië en Nieu-Seeland.

Doel en plek van sapontleding

Die doel van sapontleding is om die gewas se voedingstatus en

groeikragtigheid deur die seisoen te monitor en vervolgens te

bestuur. Sapontledings is die skakel tussen ‘n grondontleding en

‘n blaarontleding. Die produsent sal voor-plant sy bemestings-

program na aanleiding van ‘n onlangse grondontleding en op-

brengspotensiaal bepaal, maar na opkoms bied sapontleding die

geleentheid om intydse regstellings te maak soos wat die gewas

groei en ontwikkel.

Verskil van blaarontleding

Sapontledings verskil basies van blaarontledings in terme van wat

ontleed word en waarvoor dit gebruik gaan word.

Met ‘n sapontleding word die sap in die blare en petiole van die

gewas onder hoë druk uitgepers, gefiltreer en ontleed. Daar kan

dus daarna verwys word as ‘n “bloedtoets vir die plant”. Die resul-

tate gee ‘n aanduiding van die voedingstowwe beskikbaar vir groei

op daardie spesifieke groeistadium – dit is met ander woorde ‘n

intydse ontleding.

Foto 1

vertoon ‘n voorbeeld van die sodanige hoëdrukperse wat

gebruik word om sap te pers. Selfs graangewasse soos mielies

en koring het gewoonlik voldoende sap in ‘n minimum volume-

monster – selfs onder droëlandtoestande.

Alhoewel die fokus van die artikel op graangewasse is, moet ge-

noem word dat sapontledings baie goed op permanente gewasse

soos sitrus en druiwe werk. Met ‘n blaarontleding word die blare

gedroog, veras en dan ontleed. Anders as met ‘n sapontleding,

skets ‘n blaarontleding dus ‘n geskiedkundige prentjie, met ander

woorde dit wys vlakke van elemente wat reeds histories in die plant

se weefsel ingebou is.

Weens hierdie basiese verskil, kan ‘n sapontleding tekorte of wan-

balanse voortydig aandui – nog voor dit op die plantweefsel sigbaar

is. Dit is dus moontlik om potensiële opbrengsverliese tydig aan

te spreek.

Tydigheid van sapontledings

‘n Verdere voordeel van sapontleding is vinnige resultate – weens

die baie kort tydsverloop vanaf monsterneming tot die resultaat.

Resultate is gewoonlik binne enkele dae nadat dit by die laborato-

rium ontvang is, beskikbaar.

Dit maak praktiese regstellings moontlik – in teenstelling met blaar-

monsters wat weke neem om resultate te lewer. Daar moet daarop

gelet word dat ‘n sapontleding nie noodwendig ‘n blaarontleding

vervang nie. Sapontledings is aanvullend tot blaarontledings, wat

gewoonlik eers heelwat later in die groeisiklus gedoen word.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

WILLEM JONKER,

bestuurder: OmniSap, Omnia Nutrilogie

1: Hoëdruksapperse soos dié wat deur Chemtech laboratoriums gebruik

word. Hierdie perse is in staat om tot 60 bar druk toe te pas.

2: Chemtech se Bellingham & Stanley Brix-meter. Hierdie instrument

kompenseer outomaties vir temperatuur. Brix word op 20

°

C gekalibreer.

1

2