FOKUS
Bemesting
Spesiale
Gelukkige kliënte is
Ekor Fert se getuigskrif
E
kor Fert is ‘n suksesvolle en geloofwaardige onderneming
wat hoëgehalte kunsmis teen mededingende pryse verskaf.
Ekor Fert beskik oor ‘n versakkingsaanleg waar enige
mengsel vir jou gemeng kan word afhangende van jou spesifieke
landboukundige ontleding en aanbeveling. Ons tevrede kliënte is
ons trots en ons beste verwysings.
Verpakkings is beskikbaar in 50 kg sakke in
slings
, 500 kg sakke en
1 000 kg sakke.
Kliënte kan ook verseker wees van betroubare en effektiewe vervoer
van hul produk.
Onthou van
Fertasa-simposium
HANS LOMBARD,
namens Fertasa
V
erskeie vooraanstaande internasionale sprekers gaan
vanjaar aan die Fertasa (Misstofvereniging van Suider-
Afrika) se jaarlikse grondvrugbaarheid- en plantvoeding-
simposium deelneem. Die simposium vind op 30 Julie
by die WNNR in Pretoria plaas. Die tema is “Moderne tendense in
grondvrugbaarheid en plantvoedsel”.
Dr Richard Ferguson van die Universiteit van Nebraska,
VSA, gaan praat oor nitrifikasie en urease-stremmers om die
doeltreffendheid van stikstofbemesting te verhoog.
Dr Catherine Watson, AgriFood and Biosciences Institute,
Noord-Ierland, gaan stikstof- en fosforverliese van weidings en
potensiële verminderingstrategieë behandel.
Dr Lawrence van Rensburg, Nulandis, gaan praat oor die rol
van swael in gewasvoeding.
Ander sprekers, soos dr Neil Miles, SASRI; mnr Thomas
Mason, Metson; en dr Christo Malan, Agrilibrium, gaan ‘n reeks
ander onderwerpe behandel.
Meer besonderhede kan verkry word by Julie McLachlan,
Fertasa, by 012 349 1450. Die volledige program vir die simposium
is beskikbaar by
www.fertasa.co.za .ELMARI FICK,
Ekor Fert
Figuur 1: Mengsels beskikbaar.
Produk-inligting