Background Image
Previous Page  50 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

48

Misstofbedryf is verbind tot

nakoming van gedragskode

“T

en einde die misstofbedryf te vestig as ‘n erkende

en voorkeur-instansie verbind tot die uitbouing van

die beeld van sy bedryf, het Fertasa (Misstofvereni-

ging van Suider-Afrika) ‘n doeltreffende raamwerk

van selfregulering daargestel. Dit sluit die onderskrywing van ‘n

gedragskode en die nakoming van ‘n oudit in asook daaropvolgende

akkreditasie vir sy lede ingevolge internasionale standaarde,” het

mnr Adriaan de Lange (voorsitter: Fertasa en besturende direkteur:

Omnia Kunsmis) gesê.

Met die aanbieding van sy jaarverslag tydens die 55ste Fertasa-

kongres in Kaapstad, het hy gesê Afri Compliance is gekontrak-

teer om die nakoming van die gedragskode te implementeer. Nadat

sulke nakoming bevestig is, word ‘n lidmaatskapsertifikaat toege-

ken. Die eerste sertifikaat is aan mnr Tom Mason (hoof uitvoerende

beampte: Metson Manufacturing) oorhandig.

Aldus De Lange is die doel met nakoming van die gedragskode juis

die skep, handhaaf en monitor van ‘n etiese kultuur van nakoming,

integriteit en vertroue binne die misstofbedryf.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ingestem

tot ‘n afsonderlike Kunsmiswet. Om die misstofbedryf te reguleer,

is noodsaaklik vir die beskerming van die omgewing en die besker-

ming van die verbruikers van voedsel waar bemesting gebruik is

asook die beskerming van produsente teen verdagte verskaffers.

Voorgenome wysigings tot die regulasies vervat in Wet 36 van 1947

om die gebruik van sink-as as ‘n kernbron in misstofprodukte te

beheer, is aan die Registrateur voorgelê.

Fertasa het ook riglyne opgestel vir die registrasie van Groep 3-

misstowwe, aangesien daar tans geen duidelike riglyne hiervoor

bestaan nie.

De Lange het bygevoeg dat sowel lede as nie-lede bygestaan word

met produkregistrasie-aansoeke wat by die Registrateur ingedien

moet word ten einde vertragings te verminder.

Lidmaatskap van die vereniging het toegeneem van 28 verlede jaar

tot ‘n huidige 42.

Afrika se voedselpotensiaal

Mnr Adam Mostert (hoof uitvoerende beampte: Fertasa) het

gesê dat verskeie invloedryke bronne dikwels beweer dat Afrika oor

die potensiaal beskik om nie net sy eie bevolking te voed nie, maar

ook om surplusse vir uitvoer beskikbaar te hê. Die vraag is egter:

Wat word gedoen om hierdie potensiaal te ontgin?

Die feit is dat mense nie van potensiaal kan lewe nie. Hulle leef

van dit wat werklik geproduseer word. Die huidige produksie is

onvoldoende, aangesien miljoene Afrika-inwoners aan hongersnood

en wanvoeding ly.

“Afrika spandeer jaarliks 35 miljard dollar aan voedselinvoere.

Sonder verandering, sal steeds meer mense van hongersnood

vergaan. Ons kan nie sit en ginnegaap terwyl alles om ons in duie

stort nie.”

Mostert het genoem dat hy onlangs die Afrika-Groenrewolisie-

forum bygewoon het wat die Kofi Annan-stigting in Addis Ababa

aangebied het. Tydens dié forum is klem gelê op die volgende

aspekte waaraan dringend aandag geskenk moet word ten einde

Afrika te help om sy voedselpotensiaal te bereik:

Uitbreiding van die voedsel- en agribesigheidsektor in Afrika.

Belegging in noodsaaklike, kritieke infrastruktuur. Regerings

moet in landbou belê – nie omdat dit die “regte” ding is om te

doen nie, maar omdat dit die “slim” ding is om te doen.

Beleidsimplementering om eiendomsreg te verseker. Indien ons

produktiwiteit wil verhoog en volhoubaarheid wil verbeter,

moet ons

eiendomsreg in Afrika verseker.

Verhoogde toegang tot finansiële dienste.

Die prioritisering van oplossings vir klimaatkwelpunte.

Zambië

Dr Guy Scott (Lusaka) en ‘n voormalige waarnemende president

van die Republiek van Zambië, het gesê die gebruik van minimum-

grondbewerking kan tot verhoogde mielieopbrengste vir sowel

kleinboere as kommersiële produsente in Zambië lei.

Daar is reeds heelwat navorsing en ontwikkeling gedoen om verlie-

se wat deur laat aanplantings, onakkurate saadplasing, uitermatige

onkruidgroei, onnoukeurige toediening van plantvoedingstowwe

en onvoldoende waterretensie veroorsaak is, te beperk. Hierdie ge-

noemde aspekte lei tot opbrengsverliese van 65%.

“Handelsmaatskappye in die sintetiese misstofbedryf moet ‘n toe-

gewyde belangstelling toon in die breër konteks waarbinne mis-

stowwe gebruik word, veral deur kleinboere, om sodoende groter

doeltreffendheid vir die toekoms te bewerkstellig.”

Volgens dr Scott beland baie van die kunsmis wat elke jaar in Zambië

versprei word, ongelukkig in die hande van invloedryke persone,

insluitend staatsamptenare en die plaaslike politieke elite. Hulle

skuil agter sogenaamde “koöperasies” waar lede (kleinboere) nie

die kunsmis kry wat hulle toekom nie. Misstofdistribusie stel dus

die minderheid “mediumskaalboere” daartoe in staat om die oor-

grote deel van die mielieoes deur middel van korrupsie te produseer.

Kleinboere is nie die antwoord nie

Onafhanklike landbou-ekonoom, mnr Fanie Brink, het beklemtoon

dat voedselproduksie deur kleinboere nooit die antwoord op

voedseltekorte en die uitwissing van armoede in Afrika kan wees

nie. “In baie gevalle sukkel hulle self om ‘n bestaan te maak. Hulle

was nooit in die verlede die antwoord nie; en sal dit ook nie in die

toekoms wees nie.

“Geen produsent ter wêreld, ongeag die grootte van sy plaas, kan

tot voedselsekerheid bydra indien hy voedsel nie winsgewend

en volhoubaar kan produseer nie. Die tyd het nou aangebreek dat

HANS LOMBARD,

namens Fertasa