Background Image
Previous Page  59 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Wanneer is hoeveel nodig?

V

ir enige gewas om optimaal te

produseer, moet die nodige be-

mestingstowwe altyd op die regte

tye beskikbaar wees. Watter be-

mestingstowwe is dus die belangrikste, hoe

werk hulle en wanneer moet die bemes-

tingstowwe vir die plante beskikbaar wees?

Die hoof makro-elemente wat algemeen

deur ‘n plant benodig word, is stikstof (N),

fosfaat (P) en dan kalium (K), maar daar is

‘n reeks ander elemente, soos magnesium

(Mg), swael (S), kalsium (Ca), sink (Zn) en

mangaan (Mn) wat ook teenwoordig moet

wees om groei te bewerkstellig. Sodra

elementtekortsimptome deur ‘n gewas

vertoon word, is daar reeds skade aan

die oes.

Elke element het sy eie bydrae tot die oes

en tog is nie een belangriker as die ander

nie. As daar aan een element ‘n tekort is,

sal dit die opbrengs verseker benadeel. Die

grondontleding en die verwagte opbrengs

sal bepaal hoeveel van watter element

benodig en toegedien moet word.

Stikstof (N)

Die meeste stikstof word in die vorm van

nitraat (NO

3

) deur die plant opgeneem.

Hierdie nitraat word dan na die amienvorm

(-NH

2

) gereduseer wat deur ‘n hele klomp

prosesse gebruik word. N kom in die plant

voor in die organiese verbinding, soos

aminosure, proteïene, adenosientrifosfaat

(ATP), adenosiendifosfaat (ADP), deoksiri-

bose nukleïensuur (DNA), fosfolipiede en

chlorofil en dus ook in strukture, soos sel-

kerne, selwande en chromosome.

Hieruit is dit duidelik dat die lewensproses-

se, soos fotosintese, groei, voortplanting

en handhawing van genetiese identiteit,

deur stikstof medebepaal word. Die op-

vallende effek van stikstof is dat dit die

kenmerkende groen kleur aan blare gee en

die vegetatiewe groei van plante word met

stikstof geassosieer.

Fosfor (P)

P word hoofsaaklik in die vorm van oplos-

bare ortofosfaat (H

2

PO

4

) opgeneem en

word in hierdie vorm in organiese verbin-

ding en plantstruktuur ingebou. Die be-

langrikste is fitien, ATP, ADP, DNA en

fosfolipiede. Soos in die geval van N, speel

fosfor dus ook ‘n rol by fotosintese, groei,

voortplanting en handhawing van genetie-

se identiteit en ook by respirasie. P word

veral geassosieer met seldeling, wortel-

groei, blomvorming en met rypwording.

Kalium (K)

Plante benodig relatief groot hoeveelhede

K in vergelyking met die ander minerale.

Anders as N en P, kom K egter nie in

organiese verbindings en strukture van

plante voor nie, maar wel in die selsap. K

speel ‘n rol by die vervoer van stikstof in

die plant asook by die translokasie van

stysel en dit bevorder fotosintese.

K bevorder ook veselsterkte en het ‘n in-

vloed op die oop- en toemaak van huid-

mondjies. K word geassosieer met die

stewigheid van stamme (veral by grane),

droogte- en kouebestandheid en vrugkwa-

liteit. Dit bevorder ook die vorming van

proteïene, suiker, stysel en olies.

Daar is verder ook ‘n verskeidenheid

mikro-elemente wat benodig word, wat

elemente insluit soos sink (Zn), mangaan

(Mn), koper (Cu), yster (Fe), boor (B) en

molibdeen (Mo), om die belangrikste te

noem. Baie navorsingswerk is al gedoen

om te bepaal hoeveel bemestingstowwe

deur gewasse onttrek word.

Tabel 1

toon

die onttrekkingsyfers van die hoof somer-

akkerbougewasse.

‘n Plant se werklike voedingsbehoeftes

verskil egter van die onttrekkingsyfers. As

die plant eers dood is, sal daar ‘n gedeel-

te van die voedingselemente hersirkuleer

word. Maak net seker dat daar genoeg voe-

dingstowwe ten alle tye vir die plant be-

skikbaar is.

Elke gewas neem voedingstowwe volgens

sy eie behoeftes op. Dit is belangrik om

seker te maak dat die voedingstowwe wel

daar is as die plant dit nodig het en dat dit

in ‘n vorm is waarin die plant dit kan op-

neem. Baie navorsing is reeds gedoen om

hierdie opnametendense te bepaal.

Mielies

In

Figuur 1

word die NPK-voedingstofop-

nametempo van mielies (soos deur Pannar

bepaal) getoon.

Uit hierdie figuur is dit duidelik dat die

mielieplante se tempo van K-opname baie

vroeg piek. Beide die P- en N-opnametem-

po’s is die hoogste rondom die blomtyd

van die mielieplant. Uit hierdie figuur maak

dit dus sin om te sorg dat die P en K met-

plant beskikbaar gestel word. Wat N aan-

betref, kan die stikstofbemesting met twee

paaiemente toegedien word om verlies te

beperk. Vir droëlandmielieverbouing moet

die totale N-behoefte voor vyf- tot ses-

weke-ouderdom toegedien wees. ‘n Mielie-

plant het teen blom reeds 65% van die N,

75% van die K en 50% van die P opgeneem.

57

July 2015

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

GEWAS

BEMARKBARE PRODUK

VERWYDER

PLANTVOEDSEL-ELEMENTE VERWYDERING DEUR 1 TON

BEMARKBARE PRODUK (KG/TON)

N

P

K

Ca

Mg

S

Graansorghum Graan

30

4,5

20

5,5

4,5

Mielies

Graan

15

3

4

0,5

1

1 - 3

Hele plant, maar uitgedruk per ton graan

27

4,5

20

5

4,5

2 - 6

Sojabone*

Hele plant, maar uitgedruk per ton graan 75 - 100

8

25 - 35

8

Sonneblom Saad

25

2

9

4,5

TABEL 1: ONTTREKKINGSYFERS VAN DIE HOOF SOMER-AKKERBOUGEWASSE.

* Sojabone kan in die meeste van die stikstofbehoeftes self voorsien deur die binding van lugstikstof met behulp van knoppiesbakterieë

Bron:

Bemestingshandleiding

, 2007