Background Image
Previous Page  51 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 92 Next Page
Page Background

49

July 2015

almal wat by die daarstelling van voedselsekerheid vir Afrika be-

trokke is, hierdie realiteit erken en aanvaar.”

Na beraming is daar in Afrika 870 miljoen mense wat aan wan-

voeding ly. Wat skokkend is, is dat 60% van hulle bestaansboere

is. Wat Suid-Afrika betref, kan die regering se algemeen-aanvaarde

doelwitte van grondverdeling en die ontwikkeling van bestaansboere

aan die een kant, en voedselsekerheid aan die ander kant, nooit

versoenbaar wees nie.

Die hoofrede is dat dit onmoontlik is vir kleinboere om noemens-

waardig tot voedselsekerheid by te dra indien hulle nie volhoubaar

en winsgewend kan boer nie, het Brink beklemtoon.

Werksgeleenthede-potensiaal in landbou

Enige noemenswaardige groei in werksgeleenthede op plase kan

alleen geskep word deur addisionele besproeibare grond te ont-

wikkel, tesame met verbeterde lewenstandaarde en verhoogde

indiensneming in die kommunale boerderygemeenskap. Bedrywe

wat die grootste potensiaal in werksgeleenthede bied, is meestal

besproeiingsgebaseer, aldus prof Nick Vink, voorsitter van die

Departement van Landbou-ekonomie, Universiteit van Stellenbosch.

Hy het gesê Suid-Afrika bewerk tans ongeveer 13 miljoen ha

landbougrond. Beskikbare landbougrond beloop ongeveer 15 mil-

joen ha. Dit laat 2 miljoen ha beskikbaar, hoofsaaklik in die voor-

malige tuislande, vir verdere uitbreidings.

“Ongeveer 300 000 werksgeleenthede kan in die kommunale

(stamgebiede) geskep word, waar nagenoeg 1,3 miljoen huishou-

dings toegang tot grond het. Die minder intensiewe gewassektor

het ‘n potensiaal van 10 000 op-die-plaas-geleenthede. In totaal

kan die getal primêre en sekondêre werksgeleenthede wat geskep

kan word, 900 000 oorskry,” het prof Vink bygevoeg.

Vir verdere besonderhede, skakel mnr Adam Mostert by 082 803

5394 of 012 349 1450.

Geen produsent sal

sy grond verloor nie

– Zokwana

“Geen produsent sal sy grond verloor as gevolg van grond-

hervorming nie,” het die Minister van Landbou, Bosbou en

Visserye, mnr Senzeni Zokwana, op Fertasa se jaarkongres in

Kaapstad gesê.

Hy het die misstofbedryf geloof vir sy insette as die grootste

en een van die belangrikste komponente om te verseker dat

daar genoegsame bekostigbare voedsel vir ‘n groeiende bevol-

king beskikbaar is. Die regering erken die noodsaaklikheid

van samewerking in voortgesette pogings om voedselsekerheid

te verseker.

“Om hierdie doel na te streef, nooi ek Fertasa om meer dikwels

met my te skakel ten einde die uitdagings wat die bedryf in die

gesig te staar, aan te spreek. Daar is reeds terreine, soos regula-

toriese aangeleenthede, waar die regering en die bedryf saam-

werk, maar ek wens ons kan op meer terreine saamwerk, soos:

Die bemagtiging van opkomende boere om hul bydra tot

voedselsekerheid te verseker.

Navorsing en ontwikkeling.

Die uitvoer van kunsmis na Afrika.

“Daar is ‘n behoefte aan ‘n onderneming van almal van ons om

saam te werk om aangeleenthede van gemeenskaplike belang

aan te spreek,” het die minister beklemtoon.

1: Minister Senzeni Zokwana, Jaco Raath

(direkteur: Industrial Commodities Hold-

ings en ook visevoorsitter: Fertasa),

Adriaan de Lange en Adam Mostert.

2: Annette Steyn (DA skaduminister van

Landbou, Bosbou en Visserye), het die

Fertasa-kongres as eregas bygewoon.

Links is Adriaan de Lange en regs

Jaco Raath.

Geen produsent

ter wêreld, ongeag

die grootte van sy

plaas, kan tot voed-

selsekerheid bydra

indien hy voedsel

nie winsgewend

en volhoubaar kan

produseer nie.

1

2