Background Image
Previous Page  56 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

54

Voorkom dié slaggate

die komende seisoen

D

ie afgelope seisoen het weer eens die groot wisselvallig-

heid van gewasproduksie in Suid-Afrika beklemtoon. Oor

die somersaaigebied het opbrengste van totale misoeste

tot bogemiddelde opbrengste gevarieer.

In baie gevalle is die verkryging van finansiering vir insette onder

erge druk en sal daar baie slim met beskikbare fondse te werk

gegaan moet word. Ons almal is al vertroud met die voorkoms van

slaggate op ons paaie, maar die komende seisoen gaan daar baie

meer slaggate in gewasproduksie as in die verlede wees.

Hierdie groot variasie gaan beplanning vir die komende seisoen

baie bemoeilik. Elke plaas en selfs elke land sal hierdie jaar op sy

eie geëvalueer moet word om moontlike slaggate te identifiseer en

iets daaromtrent te kan doen.

Kontak jou landboukundige om jou hiermee by te staan.

Grondgebruik en bewerking

Gronde is oor ‘n wye gebied baie droog en daar is nie genoeg-

same oordraggrondvog (water) beskikbaar nie. ‘n Gebrek aan opge-

gaarde water bring mee dat die oes wat ingesit gaan word, reeds

vanuit die staanspoor ‘n hoër risiko dra.

Dit veroorsaak dat waar befondsing beperk is, slegs die hoëpoten-

siaalgronde geplant moet word en die laerpotensiaallande glad nie

geplant moet word nie. Die risiko is eenvoudig net te hoog om die

laerpotensiaallande te plant.

Laat lê hierdie laerpotensiaallande eerder oor om genoegsame

water op te gaar om volgende seisoen ‘n laerisiko-oes in te sit. In-

dien gronde met planttyd nie ten minste in die orde van 100 mm

water bevat nie, moet daar baie goed besin word voordat hierdie

lande geplant word.

Gedurende jare met beperkte befondsing moet daar eerder minder

lande geplant word. By dié lande wat wel geplant gaan word, moet

daar nie vanaf die basiese beginsels van gewasverbouing afge-

wyk word nie. Om by die basiese beginsels te bly, is die eerste en

belangrikste stap in suksesvolle gewasverbouing.

Grondbewerking kan nie afgeskeep word nie, want dit sal net tot

swakker water- en voedingstofbenutting lei. Onkruidbeheer gaan

die komende seisoen selfs nog belangriker wees en lande met

hoë onkruiddruk moet vroegtydig bewerk word om waterverliese

te beperk.

Gewaskeuse

Markkragte en gevolglik die prys wat die voedselprodusent vir sy

produkte ontvang, is van kardinale belang by gewaskeuse. Vanuit

‘n landboukundige oogpunt is daar ook ‘n verskil in die droogtever-

draagsaamheid van gewasse.

Só is sonneblom en graansorghum byvoorbeeld meer droogte-

verdraagsaam as mielies. Hierdie verskil kom in by byvoorbeeld

die morfologiese verskille van die wortelstelsels en die blare. Soja-

bone het weer ‘n baie langer blomperiode as byvoorbeeld mielies.

Dit bring mee dat indien daar ‘n kort droogteperiode tydens die

blomtyd van die gewasse voorkom, mielies baie gouer ‘n oes-

verlies kan ervaar as byvoorbeeld sojabone. Wat egter ook waar

is, is dat sojabone geneig is om meer blommetjies onder lae

humiditeitstoestande af te speen as gewoonlik.

Dit wil lyk asof die nuwegenerasie-sojaboonkultivars sulke toe-

stande beter hanteer. Sulke gewasverskille lei daartoe dat mielies

gewoonlik op die hoërpotensiaallande en sonneblom op byvoor-

beeld die laerpotensiaallande geplant word.

Daar is ook ‘n groot verskil in die insetkoste van die verskillende

gewasse en indien fondse beperk is, kan dit ook ‘n rol in gewas-

keuse speel.

Bemesting

Bemestingsaanpassings gaan in die komende seisoen ‘n belangrike

rol speel aangesien bemesting oor die algemeen tussen 25% en

35% van die insetkoste uitmaak. Daar behoort na bekalking, die

oordraging van bemesting, gedifferensieerde bemesting en ook die

effektiwiteit van bemesting gekyk te word.

Bekalking

Bekalking is ‘n hoeksteen in gewasverbouing en moet geensins

verwaarloos word nie. In jare met beperkte kapitaal, is die gebruik

om heel eerste op bekalking te sny. Die besluit is dan gewoonlik

dat die bekalking “volgende jaar” gedoen sal word.

Bekalking word gedoen om grond-pH (grondsuurheid) reg te stel

en ook om kalsium en magnesium aan te vul. Grondsuurheid het

‘n direkte invloed op wortelontwikkeling en die opneembaarheid

van plantvoedingstowwe. Indien daar nie genoegsaam bekalk

word nie, kan dit tot ‘n swakker wortelstelsel lei wat water- en voe-

dingstofopname sal benadeel.

Onder sulke toestande kan dit selfs finansieel meer lonend wees

om te bekalk en minder te bemes, as om voluit te bemes. Die afge-

lope seisoen het weer gewys dat op dié lande wat gereeld bekalk

word, die gewasse baie langer gehou het.

Oordraging

‘n Produsent kan waar daar die afgelope seisoen ‘n misoes of

‘n ver ondergemiddelde oes was (weens moontlike oordraging

van bemesting), die komende seisoen op bemesting sny. Dit

moet in gedagte gehou word dat mielies ongeveer 20 kg N/ton

graan verwyder.

LANDBOUKUNDIGE-SPAN: OPBRENGSVERBETERINGSTELSELS,

Kynoch