Background Image
Previous Page  60 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

58

Sojabone

Grafiek 1

en

Grafiek 2

toon die P- en

K-voedingstofopnametempo van sojabone

aan. Uit hierdie inligting is dit duidelik dat

die sojaboonplant die P en K die vinnigste

rondom die R4-groeifase, of as die soja-

plant begin blom, opneem. N-opname is

nie aangetoon nie omdat die plant self sy

eie stikstof met behulp van knoppiesbak-

terieë kan vervaardig.

Wat sojaboonbemesting betref, maak dit

sin om seker te maak dat die makro-ele-

mente wel tot die beskikking van die plant

tydens plant is. Dit is algemeen bekend

dat sojabone goed op residuele grond-

vrugbaarheid reageer. Maak net seker dat

die voedingstowwe beskikbaar is as die

plant dit benodig. Indien daar besluit word

om nie te bemes nie, moet die onttrekte

elemente net weer vervang word. Indien

opbrengste van meer as 3,5 ton/ha ver-

wag word, moet produsente dit oorweeg

om ekstra N toe te dien.

Sonneblomme

Sonneblom se bemestingsinligting is maar

skraps. Tog is daar konsensus dat die

voedingsbehoeftes van die sonneblom

vinnig toeneem vanaf die tienblaar-sta-

dium. Tekorte in die vroeë groeistadium

kan nie regtig opgevang word nie en

daarom is die algemene aanbeveling dat

die voedingstowwe met- of voor-plant

uitgestrooi word. Die voedingstowwe wat

verwyder word, is egter heelwat minder as

wat benodig word. Maak dus seker dat jy

weet hoeveel bemesting om te gee.

As daar enige vrae is, kan Pietman Botha

by 082 759 2991, Pieter Rademeyer by

082 776 5583 of Nico Barnard by 082 850

1503 gekontak word.

Die grootste gedeelte van hierdie artikel is

met behulp van die

Bemestingshandleiding

van die Misstofvereniging (nou Fertasa)

opgestel.

Bemesting:

Wanneer is hoeveel nodig?

Figuur 1: Opname van voedingstowwe deur mielies.

Kopiereg: Pannar

Grafiek 1: Fosfaatopname van sojabone.

Grafiek 2: Kaliumopname van sojabone.