Background Image
Previous Page  57 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 92 Next Page
Page Background

55

July 2015

Verder lewer Suid-Afrikaanse mieliegronde, afhangende van die

kleipersentasie, ongeveer 30 kg tot 40 kg N/ha. Grondmonsters,

om die hoeveelheid oorgedraagde stikstof in die grond te bepaal,

kan wel geneem word. Hierdie monsters moet op ‘n spesifieke

manier getrek word en dit is raadsaam om ‘n landboukundige daar-

oor te skakel.

Verder bestaan daar ook die nodige inligting om die ontledings-

waardes te interpreteer en te bepaal of daar wel ‘n reaksie op

N-bemesting verwag kan word. Dit is ook so dat die N-inhoud van

die grond baie vinnig ná byvoorbeeld ‘n groot bui reën kan ver-

ander, maar die grondontledingsresultaat sal steeds ‘n aandui-

ding wees.

Wat ander voedingstowwe, soos fosfaat, swael, kalium, kalsium

en magnesium betref, is die beste advies om nuwe grondmonsters

te trek en dan aanpassings dienooreenkomstig te maak.

Die bemestingsbehoefte vir die komende seisoen moet voorsien

word vanuit die lewering van die grond, plus moontlike oorge-

draagde bemesting (indien enige), plus die bemesting wat vir die

komende seisoen gegee gaan word. Die nodige hulpmiddels be-

staan wel om dit doeltreffend te bestuur.

Dit is juis met die onoordeelkundige vermindering van bemesting

dat daar in groot slaggate getrap kan word. Kynoch se Opbrengs-

verbeteringstelsel-landboukundiges kan die produsent bystaan om

kunsmispeile oordeelkundig, indien moontlik, te verlaag.

Gedifferensieerde bemesting

Gedifferensieerde bemesting is waar bemesting met presisieboer-

derypraktyke van land tot land of selfs binne dieselfde land, ver-

ander. Gedurende jare met beperkte kapitaal, kan dit nie bekostig

word om alle lande dieselfde te bemes nie en raak gedifferensieer-

de bemesting al hoe belangriker en selfs ‘n noodsaaklikheid.

Gedifferensieerde bemesting begin by ‘n onlangse grondontleding

asook die opbrengsmikpunt waarvoor daar bemes moet word.

Met hierdie inligting kan die bemestingsbehoefte vir elke land of

gedeelte van ‘n land bereken word. Hierdie bemestingsbehoef-

tes kan dan weer gegroepeer word om by ‘n prakties werkbare plan

uit te kom. Gedifferensieerde bemesting kan insetkoste sowel as

risiko verlaag.

Effektiwiteit van bemesting

Die effektiwiteit van verskillende kunsmisprodukte kan baie verskil.

Almal is bewus van hoe ureum byvoorbeeld onder sekere toestan-

de kan vervlugtig (verlies). Daar bestaan wel produkte in die handel

wat hierdie ureumverliese kan bekamp, soos byvoorbeeld die pro-

duk KynoPlus.

Kalksteenammoniumnitraat (KAN) kan ook gebruik word as die

verlies van stikstof beperk wil word. Onthou net elke produk is uniek.

Maak seker dat dit reg bestuur word en sodoende sal optimale

prestasie verkry word.

Die plasing van kunsmis kan ook die effektiwiteit daarvan ver-

hoog. Dit kan oor die algemeen gestel word dat bandgeplaasde

kunsmis, indien maksimumhoeveelhede nie oorskry word nie, meer

effektief as breedwerpigtoegediende kunsmis is.

Dit geld veral vir fosfate, tot ‘n mate vir kalium en tot ‘n mindere

mate vir stikstof. Die rede hiervoor is dat fosfate feitlik glad nie in

die grond beweeg nie, terwyl stikstof baie maklik in die grond be-

weeg met kalium tussen die twee.

Die tyd van toediening kan, afhangende van die grondtipe, ook die

effektiwiteit van kunsmis bepaal. Kunsmis wat voor-plant toege-

dien word, is vir ‘n langer periode aan grondreaksies blootgestel,

terwyl na-planttoegediende kunsmis onmiddellik deur die gewas

opgeneem kan word.

Indien bemesting eers na-plant en nie voor-plant toegedien word

nie, kan dit verder ook ‘n positiewe invloed op die kontantvloei van

die boerderyeenheid hê.

Blaartoegediende bemesting se opname kan tussen tien en 30

keer meer effektief as grondtoegediende bemesting wees. Onge-

lukkig kan ons nie in die gewas se totale voedingsbehoefte met

blaarvoedings voorsien nie. Blaarvoeding is ook ‘n uitstekende

manier om die metaboliese prosesse in die plant te bestuur.

Weens die verskil in effektiwiteit van die verskillende bemestings-

produkte, moet daar vir die komende seisoen ook gewaak word

daarteen om nie maar net die “goedkoopste” kunsmis te koop

nie. Die spreukwoord: “Jy kan jou bankrot spaar” of “goedkoop

koop, is duur koop” is ook hier van toepassing.

Samevatting

In jare met beperkte kapitaal en ná droogtes, is die belangrikste

om heel eerste die basiese dinge reg te doen.

Die kombinasie van grondgebruik, gewaskeuse, bekalking, moont-

like oordrag van plantvoedingstowwe, gedifferensieerde bemes-

ting en die effektiwiteit van bemestingsprodukte, is hierdie

komende seisoen nog belangriker as ander jare.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

– Amanda van Blerk 2012

Elke plaas en selfs elke land sal hierdie jaar op sy eie geëvalueer moet word om moontlike slaggate te identifiseer en iets daaromtrent te kan doen.