Background Image
Previous Page  40 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

38

Bewaringsboerdery:

Organiese materiaal – die basis van grondkwaliteit

B

ewari gsboerdery het voor- en nadele. Een van ie b -

langrikste voordele wat dit vir boerdery as ‘n besigheid

inhou, is die kleiner belegging in trekkers en implemente.

Trouens, ‘n afname in die benodigde belegging in trekkers,

is tipies 65% en in sommige gevalle selfs meer. Die besparing

is aansienlik as in ag geneem word dat die belegging in trekkers

gewoonlik 1 kW per hektaar of meer beloop en die prys van ‘n

70 kW trekker tans R8 000 of meer per kilowatt is.

Bewaringsboerdery is egter nie net besparings en eenvoud nie.

Uitgawes aan onkruiddoders verhoog gewoonlik dit wat die be-

sparings op bewerkings gewoonlik uitwis. Verder verg dit goeie

bestuur en groter kennis van onkruidbestryding as wat met kon-

vensionele bewerking die geval is. Dit is ook moeiliker om bewa-

ringsboerdery op sand- as op leem- en kleigrond te laat slaag, wat

besondere goeie waarneming, oordeel en besluitneming vereis.

Die grootste voordeel van bewaringslandbou is, soos die naam aan-

dui, die bewaring van grond en die langtermynvolhoubare graan-

produksie wat daaruit voortvloei.

Die bekende beginsels van bewaringsboerdery is minimum grond-

versteuring, die behoud van ‘n deklaag van oesreste en die toe-

passing van wisselbou. Van die eerste voordele wat gou na vore

kom, is verminderde erosie en ‘n verhoogde waterinfiltrasietempo

van die grond. Die organiese materiaalinhoud van die grond ver-

beter ook, veral in die boonste sowat 50 mm van die grondprofiel

wat ‘n baie belangrike voordeel is.

Die waardevolle rol wat organiese materiaal op die chemiese, fisie-

se en biologiese eienskappe of kwaliteit van die grond speel, is

baie lank reeds bekend. Organiese materiaal kry egter nie die

aandag wat dit verdien nie – waarskynlik weens ‘n persepsie dat

niks gedoen kan word om die inhoud daarvan in die grond te

verhoog nie. Verder is dit ook bekend dat die organiese materiaal

van grond in die somersaaigebied met sowat 60% afgeneem het

weens bewerking.

Organiese materiaal bestaan onder meer uit koolstof. Met laborato-

riumontledings word die organiese koolstofinhoud bepaal en so

gerapporteer. Dié resultaat kan dan gebruik word om die organiese

materiaalinhoud van die grond te bereken. En die som is eenvoudig.

Die organiese materiaalinhoud is 1,72 keer die organiese koolstof-

inhoud. Sou ‘n grond se organiese koolstofinhoud byvoorbeeld

0,5% wees, dan is die organiese materiaalinhoud 0,85%.

Die organiese materiaal in grond bestaan uit drie komponente. In

eenvoudige terme kan dit die “lewende”, die wat “onlangs dood” is

ANDRÉ NEL,

LNR-Instituut vir Graangewasse

‘n Infiltrasiekors vorm gou op bewerkte grond wat die infiltrasie van reënwater beperk en afloop en erosie bevorder.