Background Image
Previous Page  45 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 92 Next Page
Page Background

Fokus op langtermyndoelwitte

‘n

Wekroep vir dié jaar is dat produsente op die langter-

myndoelwitte van volhoubaarheid moet fokus. Hierdie

jaar het verseker sy unieke uitdagings. Die droogte aan

die begin van die jaar het teweeggebring dat die meeste

produsente se oeste laer as hul vyfjaar langtermyn gemiddelde

opbrengs is. Kostedruk is aan die orde van die dag. Die basiese

beginsels van akkerbou bly egter van krag. Kalk is steeds ‘n integrale

deel van ‘n volhoubare gewasproduksieprogram. Met dié artikel wil

ek poog om te fokus op die basiese beginsels.

Wat is die hoofredes waarom ons kalk

toedien?

Verhoog kunsmiseffektiwiteit (meer beskikbare plantvoeding-

stowwe).

Vul sekondêre makro-elemente (kalsium en/of magnesium) aan.

Verlaag vry waterstof [H

+

] konsentrasie (versuring) en in uiterste

gevalle aluminiumtoksisiteit.

Verbeter fisiese grondtoestande.

Soos produsente kan sien, is kalk ‘n belangrike skakel in volhoubare

gewasproduksie. In moeilike jare moet daar juis oordeelkundig

te werk gegaan word om hierdie kritieke elementkoste effektief te

bestuur. Dit is ‘n bewese feit dat produsente wat fokus en bly op

‘n goeie kalkprogram, in die lang termyn hul grondbate beskerm.

In goeie jare word die rendement gelewer om ‘n bogemiddelde oes

te verseker. Daar is ‘n paar belangrike punte wat ‘n groot verskil

maak in kalkreaksie:

Gebruik jou landboukundige die nuutste

geakkrediteerde laboratoriumresultate van

bronne?

Dit is skokkend om te sien hoe hierdie aspek die afgelope jare deur

die kalkbedryf afgeskeep is. Die gesoute landboukundiges werk

met die nuutste analises wat die integriteit van hul aanbevelings

verhoog. By SA Kalk & Gips kan jy enige tyd die nuutste bronanalises

aanvra. Kwaliteitkontrole is vir ons ononderhandelbaar.

Kry jy kwotasies van eksterne

vervoermaatskappye?

Jy het dalk jou eie vragmotors of gebruik vriende se vragmotors om

kalk te gaan haal by die naaste myn. Maak seker. Die Suid-Afrikaan-

se vervoerekonomie het die afgelope paar jaar dramaties verander.

Daar is baie meer spesialis losmaatvragmotors beskikbaar waar

kontrakteurs unieke kontrakte het. Daar is niks wat ‘n vervoertarief

verlaag soos goeie terugvragte op vervoerbene nie. Die beste ta-

riewe word soms 24 uur voor lewering beding. Die persepsie is

male sonder tal in die afgelope seisoen bewys dat ‘n naby bron

nie noodwendig die beste gelewerde prys bied nie. Die tydsfaktor

(omdraaityd en staantyd) speel ‘n baie groter rol in tariewe naby

aan bronne as die afstand gery. By verder afstande van ongeveer

>150 km vanaf die bron, speel die fisiese kilometers ‘n baie groter

rol in die tarief. Praat met SA Kalk & Gips wat veral spesialiseer in die

landswye grootmaat skuif van kalk, aangesien dié maatskappy die

enigste nasionale speler in die kalkbedryf is.

Gebruik jy die kalkkwaliteit in die som om

te bepaal watter kalkbron vir jou die beste

waarde gee?

Daar is verskeie maniere om kalkbronne te evalueer. Die eenvoudig-

ste manier is om die effektiewe relatiewe koste (ERK, Murphy

& Folett, 1978) te gebruik. Dit is waar die produkprys (genoeg

voorraad), vervoerprys, KKE (suur) metode en deeltjiegrootte in ‘n

som gebruik word om te bepaal wat die goedkoopste gelewerde

bron vir die aanbeveling (R/ton) is. In die som word die persentasie

deeltjies kleiner as 250 mikron (0,25 mm) baie meer bevoordeel

aangesien dit die reaktiwiteit aandui. Party landboukundiges

verfyn die som verder deur die KKE (Hars) metode te gebruik. Die

Harswaardemetode (Fölscher & Bornman, 1985) neem reeds die

deeltjiegrootte in ag. Dit is egter ‘n moeilike metode en daar is

tans net een laboratorium wat die Harswaarde op ‘n gereelde basis

bepaal. Alle aanduidings is dat landboukalk afkomstig van sagte,

amorfe en hoë poreuse bronne, baie vinniger reageer as landbou-

kalk afkomstig van harde, kristallyne en minder poreuse bronne.

Hierdie effek is egter weglaatbaar by kalk waarvan die fynheid

<250 mikron is. (

Bemestingshandleiding,

Fertasa)

Let wel: Hierdie som moet voor die maak van presisieboerdery-

aanbevelingskaarte en gewone aanbevelings gedoen word. Daar is

niks so frustrerend as aanbevelingskaarte gemaak is en die produk

wat aanbeveel word, nie gelewer kan word nie. Doen dus jou huis-

werk betyds.

Tabel 1

is ‘n voorbeeld van waar die Bothaville-area

dien as basis. Dit illustreer watter verskil bogenoemde punte op

die gelewerde prys van verskillende bronne kan maak. Dit is nóú die

tyd om die regte besluite te neem. Maak seker dat kalk deel vorm

van die tydsraamwerk van jou produksieproses. Kontak ons gerus

dat ons, in samewerking met jou agent en landboukundige, jou

kan help om die regte besluit op die regte tyd te neem.

43

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Produk-inligting

BEN KROG,

bemarkingsbestuurder: SA Kalk & Gips

PRODUK

KM NA

BESTEM-

MING

GEKWO-

TEERDE

VERVOER-

PRYS

PRO-

DUK-

PRYS

KKE-

SUUR

(LAB)

DEELTJIEGROOTTE

AANGEPASTE

KKE VOLGENS

DEELTJIE-

GROOTTE

EFFEKTIEWE

RELATIEWE

KOSTE PER

KKE

GOED-

KOOPSTE

RANG-

ORDE

% FYNER AS

250 MIKRON

(100%)

% GROWWER

AS 250 MI-

KRON (50%)

A Olifantsfontein

Dolomiet

265

210

235 90

59%

41%

72

R6,22

4

A Ottoshoop Dolomiet

244

180

189 96

94%

6%

93

R3,96

1

B Meyerton Dolomiet

191

200

230 92

92%

8%

88

R4,87

3

B Mooiplaas Dolomiet

273

220

170 93

89%

11%

88

R4,44

2

A Olifantsfontein Kalsiet

200

190

215 86

52%

48%

65

R6,20

3

A Panfontein Kalsiet

183

180

155 55

90%

10%

52

R6,41

4

A Prolime Kalsiet

Buhrmansdrift

228

180

195 89

64%

36%

73

R5,14

1

B Northam Kalsiet

338

300

130 78

64%

36%

64

R6,72

5

B Ulco Kalsiet

340

280

200 98

72%

28%

84

R5,70

2

TABEL 1: GELEWERDE PRYS OP BOTHAVILLE VANAF VERSKILLENDE BRONNE.