FOKUS
Bemesting
Spesiale
Julie 2015
40
KUNSMIS:
Goed of sleg vir mikrobiese gemeenskappe en erdwurms?
T
ot onlangs nog is slegs gefokus op die fisiese en chemiese
aspekte van grondkunde, maar nie op die biologiese aspek-
te nie. Erdwurms en grondmikroörganismes is egter baie
belangrike rolspelers in gesonde grond.
Die grondstruktuur word verbeter wanneer erdwurms tonnels
grawe op soek na voedsel deurdat hulle die gronddeeltjies losmaak.
Die tonnels wat deur die boonste grondlae gevorm word, laat lug
deur die grond en dreineer reënwater vanaf die oppervlak.
Erdwurms trek ook organiese materiaal af in die grond in, wat op
hulle beurt weer die vrugbaarheid van die grond verbeter. Die or-
ganiese materiaal word verder ook deur die erdwurms as voedsel
gebruik en sodoende word nutriënte beskikbaar gestel om opge-
neem te word deur die plante.
Grond wat deur die erdwurm se liggaam beweeg het, bevat meer
stikstof, kalium, fosfor, magnesium en kalsium as die omliggende
grond en verleen ook ‘n krummelrige tekstuur aan die grond wat
voordelig is vir plantegroei. Verder voed sommige erdwurms op
skadelike nematodes en beheer die getalle daarvan in die grond.
Grondmikroörganismes reguleer nutriëntsirkulering en is betrokke
by die afbreking en mineralisasie van komplekse organiese mate-
riale. Grondbakterieë voed op organiese materiaal en produseer
‘n klewerige stof wat nutriënte bevat. Hierdie klewerige stof bind
grondpartikels saam om groter aggregate te vorm en die grond
teen erosie te beskerm. Verder beskerm die deklaag ook die plant-
wortels teen plantpatogene en siektedraende bakterieë. Sodoen-
de kan plantwortels optimaal funksioneer en beter voeding aan die
plant verskaf.
Grond- en oesbestuurspraktyke kan egter verskeie grondeienskap-
pe beïnvloed wat ‘n effek het op erdwurms en grondmikroörganis-
mes. Aangesien die proses waartydens mikrobes op organiese
materiaal voed en nutriënte vrystel vir opname deur plantwortels
stadig is en nie kan byhou by die tempo waarteen landbouproduk-
sie die nutriënte opgebruik nie, is dit nodig om op ‘n kunsmatige
manier die voedingstowwe terug te plaas in die grond. Daar be-
staan drie tipes kunsmis, naamlik chemies, biologies en organies.
Chemiese kunsmis
Chemiese kunsmis word gebruik omdat dit ‘n koste-effektiewe
manier is om vinnig die nutriënte wat belangrik is vir gewasse,
naamlik stikstof (N), fosfor (P) en kalium (K) in die grond te plaas.
Elkeen van die nutriënte speel ‘n belangrike rol in die groei en ont-
wikkeling van plante.
Chemiese kunsmis is hoogs gespesifiseer om die presiese verhou-
ding van nutriënte te voorsien en die gestandaardiseerde etikette
maak dit maklik om te verstaan en te gebruik, anders as ander
vorme van kunsmis waarvan presiese nutriëntinhoud en -verhou-
dings onbekend is.
CHARNÉ MYBURGH,
LNR-Instituut vir Graangewasse
Grond wat deur die erdwurm se liggaam beweeg het, bevat meer stikstof, kalium, fosfor, magnesium en kalsium as die omliggende grond en verleen
ook ‘n krummelrige tekstuur aan die grond wat voordelig is vir plantegroei.