Background Image
Previous Page  41 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 92 Next Page
Page Background

39

July 2015

en die wat “lankal dood” is, genoem word. Die “lewende” komponent

bestaan uit plantwortels, mikro- en meso-organismes, soos swam-

me en erdwurms. Die lewende komponent maak gewoonlik tussen

2% en 15% van die totale organiese koolstofpoel uit.

Die “onlangs dooie” materiaal bestaan uit oesreste, wortels, mikro-

en meso-organismes wat onlangs dood is en waarvan die oor-

spronklike organisme gewoonlik nog identifiseerbaar is. Dié deel

van die organiese materiaal is die aktiewe, of maklik afbreekbare

deel en is die hoofvoedingsbron vir mikro-organismes, insekte

en erdwurms.

In die afbrekingsproses word die bekende voedingselemente,

soos fosfor en stikstof, vir plante beskikbaar gestel. Organiese

stowwe wat tydens die afbrekingsproses van die “onlangs dooie”

materiaal vrygestel word, help om gronddeeltjies saam te bind wat

dan aan die grond struktuur gee. ‘n Groot deel van dié afbrekings-

proses vind by, of naby, die grondoppervlak plaas aangesien dit

die plek is waar die meeste plantmateriaal voorkom.

Die “lankal dooie” materiaal is humus. Humus is die oorblyfsel

van organiese materiaal wat deur die mikrobiese afbrekingsproses

is en speel ‘n baie belangrike rol in grond. Dit dien as stoorplek

vir plantvoedingselemente vir latere vrystelling en is in dié opsig

beter as klei weens ‘n hoër katioon-adsorpsievermoë. Dit kan ook

skadelike chemiese stowwe vasvang en só gewasskade voorkom.

Genoegsame humus kan grondkorse en kompaksie beperk en selfs

die waterhouvermoë van grond verbeter.

‘n Afname in die organiese materiaal van grond gaan gepaard met

‘n toename in probleme met vrugbaarheid, voghouvermoë, kom-

paksie, korsvorming, erosie, parasiete soos aalwurm, siektes en

selfs insekte.

Dié probleme is oorbekend en is kenmerkend van die lae kwali-

teitsvlak wat van ons gronde reeds bereik het. Ingrypende aksies

word gewoonlik gebruik om van die probleme op te los of teë

te werk. Ongelukkig bied dit meestal net ‘n tydelike oplossing,

maar vererger of skep nuwe probleme in die lang termyn.

Deur byvoorbeeld ‘n grondkors of kompaksie met bewerkings op

te hef, word die probleem tydelik opgelos, maar ondermyn die or-

ganiese koolstofinhoud. Aggressiewe chemikalieë wat vir ‘n plaag

aangewend word, kan die balans van organismes in grond versteur

en die geleentheid vir ‘n volgende patogeen skep om skade aan te

rig, selfs aan die opvolggewas.

Die organiese materiaalinhoud van ons bewerkte grond in die

somerreënvalgebied is laag in vergelyking met dié van lande soos

Argentinië, en dit word deur verskeie faktore teweeg gebring. Ons

relatiewe warm klimaat bevorder die vinnige afbreking van organie-

se materiaal.

Die meeste van ons grond het ‘n sanderige tekstuur wat goed

deurlug is en wat ook die vinnige afbreking van organiese materiaal

bevorder. Die toevoeging van plantaardige materiaal tot ons grond

is ook betreklik laag weens die relatiewe lae reënval.

Mieliereste wat nie aan die grond geanker is nie, word maklik deur

die wind weggewaai en baie word ook vir veevoer verwyder. Al-

hoewel die bogrondse plantmateriaal na raming sowat een derde

tot grond se organiese materiaalinhoud bydra, is dit belangrik om

dit op die grond te hou, anders word die agteruitgang van die grond

se kwaliteit net bevorder.

Die vraag of organiese materiaalinhoud verhoog kan word, word

dikwels deur bewaringsbewuste produsente gevra. Die antwoord

is in een opsig ‘n “nee” en in ‘n ander opsig ‘n “ja”.

Nee, die organiese materiaal kan nie verhoog word nie. Navorsing

en ondervinding het getoon dat ‘n verhoging van die organiese

materiaal, indien wel, nie gou plaasvind nie. Dit vereis dat soveel

moontlik plantmateriaal geproduseer en op die grond gelaat moet

word of dat organiese materiaal, soos voerkraalmis, in groot

hoeveelhede toegedien word of dat ‘n gras-rus-land-stelsel gebruik

word. Dan kan dit steeds jare neem voordat ‘n toename waarge-

neem kan word.

Anders beskou, kan die organiese materiaalinhoud spoedig ver-

hoog. By geenbewerking met behoud van oesreste, begin orga-

niese materiaal binne enkele jare in die boonste 50 mm van grond

toeneem. Dit is as gevolg van oesreste en die konsentrasie van

plantwortels wat in dié sone voorkom asook die feit dat dit nie

meer met dieper lae van die grond deur bewerkings vermeng word

nie. Oor die geheel van die grondprofiel gesien, is daar gewoonlik

egter nie gou ‘n toename nie.

Plantreste en ‘n verhoogde organiese materiaalinhoud van die bogrond bevorder reënwaterinfiltrasie, beperk afloop en erosie en kan die

opbrengs beïnvloed.