Background Image
Previous Page  39 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Hoër effektiwiteit

is die rigting om te gaan

O

or die jare is daar geweldig baie

kennis oor die verskillende plant-

voedingstowwe opgebou. Ons

het nou die tyd bereik waar daar

nie net na voedingstowwe en hulle toe-

dieningshoeveelhede gekyk moet word

nie, maar ook na die effektiwiteit van

die kunsmisprodukte en gewasse.

Ons by Kynoch Kunsmis kyk nie net na elke

voedingstof nie, maar veral ook na hoe

ons die effektiwiteit van kunsmisprodukte

en die effektiwiteit van die gewas kan ver-

hoog. Hierdie verhoging van effektiwiteit

kan tot die winsgewendheid van die produ-

sent lei.

Tot en met planttyd

Kunsmisprodukte met ‘n hoër effektiwiteit

kan reeds voor-plant uitgestrooi word. Só

‘n produk is byvoorbeeld KynoPlus

TM

– ‘n

stikstofkunsmis met ‘n hoër effektiwiteit

as van die ander produkte. KynoPlus of

KynoPlus-mengsels (stikstof-, fosfaat-, ka-

lium- en swaelmengsels) kan reeds voor-

planttyd uitgestrooi word aangesien hierdie

produkte ‘n urease-inhibeerder bevat wat

moontlike stikstofverliese weens vervlug-

tiging bestuur. Die bestuur van die ver-

vlugtigingsverliese kan meer geld in die

produsent se sak sit.

Hoewel daar genoegsame voedingstowwe

in die grond teenwoordig kan wees, kan

die jong saailing steeds voedingstoftekorte

weens swak grond- en/of klimaatstoestan-

de ondervind. Hierdie tekorte kom veral

onder koue en nat toestande voor waar

die jong saailing se wortelontwikkeling ge-

strem is.

Om hierdie probleem op te los, kan

KynoPop

TM

naby die saad toegedien word

om ‘n goeie wortelstelsel vroeg in die sei-

soen te vestig. Met ‘n goeie wortelstelsel,

sal die jong saailinge verdere koue/nat

toestande beter kan teenstaan en ook min-

der vatbaar vir moontlike onkruiddoder-

skade wees.

Hierdie tipe toediening is aanvullend tot

bandgeplaasde kunsmis met-planttyd en

kan nie bandgeplaasde kunsmis met-plant-

tyd vervang nie. Dié tipe toediening kan

ook elke jaar as ‘n standaardtoediening by

gewasse gedoen word.

Na-planttyd-toedienings

Daar kan beslis ook later in die seisoen ‘n

verskil gemaak word. KynoPlus met ‘n hoë

effektiwiteit kan as topbemesting gebruik

word om in die gewas se stikstofbehoefte

te voorsien. Dit kan, indien nodig, ook

saam met byvoorbeeld kalium en/of swael

toegedien word. Die kombinasie van

meer as een voedingstof in die topbemes-

tingsprogram kan ook die effektiwiteit van

die gewas verhoog.

Blaartoegediende bemesting se opname is

baie meer effektief as grondtoegediende

bemesting. Dit is ongelukkig nie moontlik

om in die gewas se totale behoefte met

blaarvoedings te voorsien nie. Wat ook

belangrik is om te weet, is dat verskillende

gewasse verskillende behoeftes het.

Blaarvoeding, soos Kynoch se Oemff

®

-

reeks, is gewasspesifiek (ontwikkel om in

‘n spesifieke gewas se behoefte te voor-

sien) en ook groeistadiumspesifiek. Gedu-

rende ‘n gewas se groeiperiode is daar

sekere voedingstowwe wat meer belang-

rik as ander is. Hierdie reeks blaarvoedings

is ‘n uitstekende manier om nie net moont-

like plantvoedingstekorte op te hef nie,

maar ook om die metaboliese prosesse in

die plant te bestuur.

Kombinasies

Die doel van hierdie benadering is om

kunsmisprodukte sowel as die plant self,

meer effektief te maak. Daar bestaan nie so

iets soos ‘n

silver bullet

in gewasverbouing

nie. Die geheim lê in die gebruik van die

regte kombinasies om die effektiwiteit

van die produkte sowel as dié van die gewas

te verbeter.

Indien die kunsmis sowel as die gewas se

effektiwiteit verhoog kan word, kan dit tot

hoër opbrengste en kwaliteit lei. Hierdie

verhoogde opbrengs en/of kwaliteit is tot

voordeel van die voedselprodusent om sy

winsgewendheid te verbeter.

Die verbetering van die voedselprodusent

se winsgewendheid word ondersteun deur

Kynoch se strewe na verhoogde effektiwi-

teit deur innovasie.

37

July 2015

Produk-inligting

JOHAN VAN BILJON,

hoofbestuurder: Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis

‘n Gedeelte van die navorsingsproewe waar die effektiwiteit van die produkte en die gewasse

getoets word.

Die geheim lê in die

gebruik van die regte

kombinasies om die effek-

tiwiteit van die produkte

sowel as dié van die

gewas te verbeter.