41
July 2015
Ongelukkig het die langtermyntoediening van chemiese kunsmis
‘n negatiewe effek op grondbiologie. Dit veroorsaak dikwels ‘n oor-
maat stikstof, wat ‘n suur omgewing skep vir die mikrobiese ge-
meenskap en ‘n verandering in die samestelling van funksionele
mikrobiese groepe tot gevolg het.
Sonder die grondbakterieë se kleefstof as beskerming, is die plante
oorgelewer aan patogene of siektedraende bakterieë. Erdwurms
beweeg ook weg vanuit ‘n suur omgewing en mettertyd sal die
grondkwaliteit versleg.
Organiese kunsmis
In teenstelling met chemiese kunsmis, bevorder organiese kunsmis
die biologiese aktiwiteite en sodoende die positiewe effek van
mikrobiologiese aktiwiteite in die grond. Organiese kunsmis in die
vorm van dieremis, munisipale vaste afval, kompos en oesreste
word gebruik om grondkwaliteit op ‘n natuurlike manier te verbeter.
In plaas daarvan om direk die sintetiesvervaardigde nutriënte by
die grond te voeg, word organiese materiaal en mikrobes byge-
voeg. Meer organiese materiaal sorg vir meer nutriënte wat vryge-
stel word vir plantopname en moedig ook die groei van meer
diverse mikrobiese gemeenskappe aan, wat op sy beurt die voor-
koms van plantsiektes onderdruk.
Nog ‘n voordeel is dat daar min tot geen risiko is van die toksiese
opbouing van chemikalieë en soute wat skadelik kan wees vir
plante nie. Hierdie vorm van kunsmis is omgewingsvriendelik, her-
nubaar, biodegradeerbaar asook volhoubaar.
Nietemin moet die gebruik van organiese materiaal as kunsmis
versigtig benader en bestuur word, veral kompos en munisipale
afval. Daar moet byvoorbeeld nie ‘n teenwoordigheid van swaar-
metale of onsuiwerhede wees nie, aangesien dit ‘n negatiewe effek
sal hê op die grondbiologie asook die plante. Geduld is ook nodig
aangesien organiese kunsmis stadig afbreek en nie noodwendig so
vinnig nutriënte vrystel soos wat die produsent dit benodig nie.
Bio-kunsmis
Bio-kunsmis word gemaak van lewendige voordelige bakterieë en
fungi. Hierdie mikrobes skakel atmosferiese stikstof om in nitrate
wat deur plante opgeneem kan word.
Die kunsmis verskil van chemiese kunsmis waar sintetiese nutriën-
te direk voorsien word en van organiese kunsmis waar nutriënte
verkry word vanuit die materiaal en nie-spesifiek is. Hierdie vorm
van kunsmis word as nie-skadelik beskou vir grondbiologie, maar
om dit te hanteer en toe te dien, vereis kennis rakende die voor-
dele en beperkings daarvan.
Bio-kunsmis vereis onder meer spesifieke sorg vir langtermynsto-
ring aangesien dit lewend is. Dit moet ook gebruik word voor die
vervaldatum. Verder moet kontaminasie deur ander mikroörganis-
mes ook voorkom word en die korrekte stam moet gebruik word
om te verseker dat dit effektief is. Die langtermyneffek van hierdie
tipe kunsmis is egter nog onbekend.
Elke produsent het sy eie gevoel en opinie oor kunsmis en watter
tipe vir hom werk, elk met geldige redes vir hul keuses. Die besluit
oor watter tipe kunsmis om te gebruik, kan egter nie ligtelik ge-
neem word nie.
Dit is noodsaaklik om sover as moontlik die grond-
biologie in ag te neem, as ‘n mens dink aan al die
voordele wat hulle aan grond bied.
Die voordele wat die verryking in die bogrond meebring, is oog-
lopend. Grondkorse vorm nie meer so maklik nie. Bewarings-
produsente se ondervinding toon ook dat ‘n rol-eg-aksie om ‘n
grondkors tydens die opkoms van ‘n gewas te breek, onnodig raak.
Die invloed wat die verhoging in organiese materiaal plus die
oesreste op die grond se waterinfiltrasietempo het, kan dramaties
wees. Op ‘n tipiese Hutton-grond in die Noordwes Provinsie,
wat 16% klei bevat met ‘n 1,8%-helling en wat onder bewarings-
boerdery is, neem dit minder as 3,5 minute vir 27 mm water om
te infiltreer.
Op dieselfde geploegde grond neem dit 17 minute vir 27 mm water
om te infiltreer weens ‘n infiltrasiekors wat die onbeskermde grond
met ‘n laer organiese materiaalinhoud, vorm. Afloop en erosie
wat met dié lae infiltrasietempo gepaardgaan, is ‘n gereelde gesig
tydens reënbuie.
Die invloed wat die verskil in afloop en infiltrasie van water op die
opbrengs van gewasse het, kan dramaties wees en dit kom veral
gedurende droogtes na vore. Gedurende die 2012/2013-seisoen
met sy Februarie- en Maart-droogteperiode was die opbrengs
van mielies op geploegde grond slegs 1,8 ton/ha teenoor die
4,2 ton/ha van dié in bewaringsboerderystelsels.
Alhoewel die opbrengs van die huidige seisoen (2014/2015) nog
nie bepaal is nie, is dit duidelik dat soortgelyke resultate verwag
kan word.
Die laat van voldoende oesreste op die grond en die opbou van
organiese materiaal in grond, veral die boonste gedeelte van die
profiel, is die basis van volhoubare landbou en alle maatreëls be-
hoort getref te word om dit te bevorder. Deur soveel moontlik
materiaal op die land te los en ‘n variasie van gewasse in wisselbou
te plant, word dit bevorder.
Dit het tyd geword vir bewaringsprodusente om die bedekking
van hul grond met plantmateriaal te meet asook die koolstofinhoud
in die boonste 50 mm van die grondprofiel. Want,
om te meet is om te weet of jou bewaringsaksies
suksesvol is, al dan nie.
Bewaringsboerdery:
Organiese materiaal – die basis van
grondkwaliteit