Background Image
Previous Page  46 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

44

saadhanteringsalternatiewe

spaar jou geld

A

griVaria is ‘n onderneming wat

graag waarde in die landboube-

dryf wil ontsluit en sodoende

sorg dat sy produkgebruikers se

winsgewendheid verhoog word. Die onder-

neming verskaf ‘n reeks implemente wat

ingevoer of plaaslik vervaardig word om

hierdie doel te bereik. Dit word hoofsaak-

lik gedoen deur die effektiwiteit van

planters te verhoog deur planterstaantyd te

verminder.

Die kunsmiswa word plaaslik gebou met

die doel om aan jou spesifieke behoeftes

te kan voldoen. Hierdie toerusting is só

ontwerp dat dit meer as een funksie kan

vervul. AgriVaria se kunsmiswa-reeks be-

staan uit twee- en vierwielmodelle met

bakmates van 7 500 liter tot 24 000 liter.

Hierdie kunsmiswaens kan met verskillen-

de bykomstighede toegerus word. Daar

is ‘n keuse tussen verskillende awegare,

bakkieshysers, bande en sluise. Daar is

ook ‘n spesiale awegaar beskikbaar wat

uitsluitlik vir saadhantering ontwerp is. Die

kunsmisawegaar lewer ongeveer 800 kg

per minuut afhangend van die trekker se

olielewering.

Ontwerp is só gedoen dat die kunsmiswa-

reeks aan die verskillende planters wat

beskikbaar is, se vereistes kan voldoen. Die

tweewielwaens is spesifiek ontwerp om

die saaikasplanters maklik en vinnig te kan

volmaak. Daarenteen is die vierwielwaens

meer ontwerp om die tradisionele tipe

planter met saad- en kunsmisbakke vol te

maak. Met ‘n langer awegaar kan hierdie

waens ook die saaikasplanters bedien.

Die nuwe toevoeging tot die reeks, is

die awegaar-aapstert-kombinasie waarmee

tonsakke vanaf ‘n bestaande platbaksleep-

wa maklik in ‘n tradisionele planter oorge-

laai kan word. Hierdie awegaar-aapstert-

kombinasie kan ook baie effektief gebruik

word om losmaatsaad te hanteer.

Om twee soorte produkte afsonderlik te

kan hanteer, word die vierwielkunsmis-

waens standaard op ‘n veerbladsuspensie

met twee kompartemente gebou. Die

tweewielwaens word standaard met drie

kompartemente vervaardig, maar kan na

gelang van behoefte aangepas word. ‘n

Watertenk-opsie kan ook bygesit word.

Om korrosie tot die minimum te beperk,

ondergaan die binnekant van die waens

spesiale behandeling. Verder word alle

lasse toegesweis sodat daar so min as

moontlik plekke is waar produk kan aanpak

en korrosie kan begin.

Vlekvryestaal word gebruik om die sluise

mee te vervaardig en die sluise kan hidrou-

lies of meganies, afsonderlik beheer word.

Die awegaar of bakkieshyser is ontwerp om

by die sluis aan te pas. Indien jy dit verkies,

kan meer as een awegaar langs mekaar ge-

monteer word. Hierdie stap dra daartoe by

dat die kunsmiswa gelyk twee soorte pro-

dukte in verskillende planterbakke kan oor-

laai of dat die aflaaitempo verhoog word.

Die awegaar en bakkieshysers word hi-

droulies aangedryf en die operateur kan

die tempo van lewering beheer en stop

soos nodig. Vlekvryestaal word gebruik om

die awegaar en bakkieshysers volgens die

kliënt se vereistes te vervaardig, maar dit

word standaard in 6 m lengtes vervaardig.

Verder is die awegaar só ontwerp dat die

kunsmis of graan so min as moontlik be-

skadig word. Daar is ‘n nuwe aanhegstuk

wat dit moontlik maak dat net een persoon

die awegaar van die een kant na die ander

kan verskuif en sodoende kan die awegaar

aan albei kante van die wa gebruik word.

Die awegaar en bakkieshyser vou maklik

oop en toe as die wa vir lang afstande

verskuif moet word. Die teleskopiese ver-

lengstuk van die awegaar of bakkieshyser

na die kunsmisbak is lig sodat die opera-

teur dit maklik kan hanteer. Hierdie verleng-

stuk kan ook afgehaal word.

Die bande wat opgesit word, beïnvloed

die hoogte van die kunsmiswa, maar die

standaardwa is laag genoeg dat ‘n vurk-

hyser wat tonsakke kan hanteer, gebruik

kan word om die wa vol te maak. Die

awegaar kan ook gebruik word om self die

wa vol te maak. Indien jy dit verlang, is ‘n

hidrouliese arm wat tonsakke kan hanteer,

ook beskikbaar om op die wa te monteer.

Hierdie hidrouliese arm kan só vervaardig

word dat dit ook aan die trekker gehaak

kan word.

‘n Goeie seil word ook as standaard ver-

skaf en kan vanaf die grond oop en toe

gemaak word. Hierdie seil word oor ‘n raam

gerol wat die vorm van plasse bo-op die

seil beperk. Die awegaar of bakkieshyser

se bak word ook van ‘n seil voorsien wat

help voorkom dat vog nie maklik in die awe-

gaar of bakkieshyser kom nie.

Alle dele waar roes ‘n groot probleem kan

wees en waarby baie slytasie verwag word,

is van vlekvryestaal vervaardig.

Hierdie produkte het die vermoë om die

staantyd van planters te verminder en so-

doende kan daar meer hektare per dag per

planter geplant word.

Produk-inligting

PIETMAN BOTHA,

namens AgriVaria

Die Skippy 1000-4. Hier-

die awegaar-aapstert-

kombinasie is gebou

om 1 ton kunsmis-

sakke gemaklik 4 m

ver op te tel en dan die

planterkunsmisbakke

met ‘n awegaar vol

te maak.