Die grondvorm is ‘n Pinedene wat nie die sagte plintiet keerlaag
het nie, maar wel ‘n keerlaag wat baie hoog is in klei (40%) en met
lang tye versadig is met water. Die land lê ook laer in die landskap.
Suurstofstres en dus swak wortelontwikkeling is ‘n groot opbrengs-
beperking en met die regte plantestand kan die omstandighede
bestuur word. In dié geval wil die produsent die meeste water
gebruik met die hoogste opbrengs moontlik.
Ons kan sien dat die 32 500 plantestand die beste gedoen het in
terme van watergebruiksdoeltreffendheid asook opbrengs. Die
laagste stand van 20 000 het die swakste gedoen as gevolg van
versuiptoestande.
Grafiek 3
verklaar baie goed wat gebeur met opbrengs asook
grondvog wanneer die verkeerde plantdigtheid geplant word. Die
proef was naby Makwassie gewees op ‘n hoogliggende deel van die
plaas waar ‘n diep, goed gedreineerde Hutton grondvorm voorkom.
Die grond is rooi in kleur en het ‘n klei-inhoud van nie meer as 10%
deur die profiel nie. Daar is geen watertafel nie en die tipe keerlaag
is droër van aard. Die keerlaag bestaan uit saproliet wat verweerde
rots is wat baie bros en brokkelrig is. Die tipe keerlaag kan nie water
keer nie en die water beweeg lateraal weg saam met die helling.
Die proef het effens verskil van die ander, want die plantestand-
opsies gekies vir die gebied was 18 000, 22 000, 26 000 en 30 000
plante per hektaar. Die ideale plantestand op die grond was 22 000
en die 26 000 het ‘n goeie opbrengs, maar het meer water gebruik as
die 18 000.
Die 30 000 het heeltemal verdroog en het 1,8 ton/ha minder op-
brengs as die 22 000 plantestand. Die ekonomiese verlies op die
opsie is baie hoog veral met die saadkoste asook die addisionele
bemesting in ag geneem.
‘n Moontlike rede vir die feit dat die 18 000 plantestandopsie nie
beter gepresteer het as die 22 000 nie, is dalk dat die vogverliese
deur middel van verdamping hoër was, gekoppel met minder mielie-
koppe per hektaar.
Samevatting
Die resultate van die proewe bewys dat plantestand direk korreleer
met die profiel beskikbare water, grondfisiese eienskappe en topo-
grafie. ‘n Variërende plantestand benadering kan die antwoord wees
om die beduidende verskille in grondvog te kan bestuur en ‘n stap
nader te tree om grondvogbewaring te kan optimaliseer. Alles begin
by die kartering van die fisiese eienskappe van die grond en om die
seisoenale grondvog te bepaal.
Variërende toediening van plantestand is die volgende stap in die
presisieboerderyketting. Die konsep verg egter nog
in situ
navorsing
veral in kombinasie met rywydtes en kultivars. In die toekoms sal ‘n
produsent ook verskillende kultivars oor ‘n land kan variëer saam
met ‘n veranderlike plantdigtheid. Om volhoubaar te wees, moet
daar egter ‘n balans wees tussen die vogbalans en die bankbalans.
Vir meer inligting rakende grondfisiese en chemiese analise,
grondvogbepaling en variërende plantestand, kontak die presisie-
boerderyspesialiste by Sidi Parani by 082 805 5177 of
jasons@
sidip.co.za
.
Grafiek 3: Watergebruiksdoeltreffendheid versus plantdigtheid 2012 en 2013 (Makwassie).
Variërende plantestand:
Die volgende vlak in presisieboerdery
4,1
5,2
4,7
3,4
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
29
January 2015
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie