Watter rywydtes is die beste?
H
et jy jouself ook al afgevra: Watter
rywydte is die beste? Die doel
van dié artikel is nie om aan enige
rywydte voorkeur te gee nie,
maar om die praktiese besluit wat met ’n
verandering geneem moet word, uit te lig.
Solank as wat daar graan/rygewasse verbou
word, sal daar altyd meningsverskille oor
rywydtes wees.
In praktyk moet ’n stelsel gekies word wat
die grondfisiese eienskappe (byvoorbeeld
gronddiepte, klei-inhoud en grondtipe), wis-
selboustelsel, gewaskultivars, bewerking
en reënval komplementeer. ’n Voorbeeld
hiervan is waar rywydtes nie dieselfde wyd-
te is nie, maar breër is by die trekkerspoor
om die trekkerwielkompaksie sover as
moontlik vanaf die mieliery te hou.
Hierdie tipe stelsel werk ideaal as ’n spoor-
verkeerstelsel met behulp van ‘n GPS-stuur-
stelsel. Die idee is om by standaardwerks-
wydtes van planters te bly en die bewerking
en opvolgaksies by die stelsel in te pas. Om
rywydtes te verander, gaan altyd met koste
gepaard en dit kan ’n onnodige las op die
boerdery plaas. Poog daarom eerder om
elke aspek van jou bestaande stelsel te op-
timaliseer voordat groot koste aangegaan
word om rywydtes te verander.
In teorie behoort nouer rye altyd ’n beter
opbrengs te gee as wye rye; indien daar
slegs na rywydtes gekyk word. Ons moet
egter in gedagte hou dat rywydte een van
vele agronomiese praktyke is wat ’n verskil
in opbrengs kan maak. Daarom is dit
belangrik, soos reeds genoem, dat die ry-
wydtes die totale gewasverbouing onder-
steun. Nouer rywydtes kan byvoorbeeld ’n
beperking plaas op die bewerkingsdiepte en
’n potensiële oesverlies veroorsaak.
Nouer rywydtes het die voordeel dat
plante beter versprei is in die ry as op wye
rywydtes (sien
Tabel 1
). In Tabel 1 word die
vergelyking getref tussen ‘n 2,1 m, 1,5 m,
0,9 m en 0,75 m rywydte teen verskillende
plantestande van mielies.
Die vogverbruik van ‘n 2,1 m ry teen ’n stand
van 20 000 sal dus heelwat hoër wees op
die bewerkte (geripte) ry as ’n 20 000 stand
op ’n 0,9 m ry. Op ’n meter is daar dus
4,2 plante per meter en op die 2,1 m rywyd-
te en op die 0,9 m rywydte is daar 1,5 plante
per meter.
Die verskynsel word dikwels opgemerk
waar daar op die ry gerip word of met
beitelploeë gewerk word. Vogverlies vanaf
nat bogrond is gewoonlik ook hoër by wye
rywydtes as gevolg van evapotranspirasie.
Die onbedekte grond is dus blootgestel aan
verdamping.
Die omgekeerde is waar op die nou rywyd-
tes waar die blaredak die grondoppervlak-
te beskerm en sodoende verdamping vanaf
die grondoppervlakte verlaag. Wanneer
die grond droog is op die oppervlakte,
kan die vogverliese op die nou rywydtes
ook hoog wees as gevolg van ‘n groter
blaaroppervlakte wat blootgestel is aan
transpirasie, met ander woorde vogverliese
vanaf die blaredak.
Die keuse van ’n rywydte moet die
gewaskultivar en wisselboustelsel komple-
menteer. Indien gewasse, soos sonneblom,
sojabone en grondbone geplant word, sal
die wisselbou met mielies baat by ’n nouer
rywydte van 0,9 m of nouer. Enkelkoppige
mielies wat dikwels onder besproeiing of
op hoëpotensiaal droëlande geplant word,
moet verkieslik op ’n nouer rywydte geplant
word, om te verseker dat daar genoeg koppe
per hektaar is om die verlangde opbrengs
te behaal.
Die opbrengs kan verder beïnvloed word
deur die finale plantestand, plantspasiëring,
hitte-eenhede, grondvog, bemesting, on-
kruiddruk, siektes en insekplae. Die gebruik
van geneties gemanipuleerde gewasse het
’n besliste voordeel vir nouer rywydtes,
aangesien onkruidbeheer met glifosaat ef-
fektief is.
Wyer rywydtes het ’n groot voordeel bo
nouer rye wanneer gronde met ’n lae bo-
grondse vrugbaarheid geplant word om-
rede dieselfde massa kunsmis oor minder
rye versprei word en die konsentrasie van
die kunsmisband heelwat hoër is.
KOBUS VAN ZYL,
Omnia Kunsmis
PLANTESTAND
2,1 M
1,5 M
0,9 M
0,75 M
16 000
29,8
41,7
69,4
83,3
20 000
23,8
33,3
55,6
66,7
24 000
19,8
27,8
46,3
55,6
28 000
17,0
23,8
39,7
47,6
32 000
14,9
20,8
34,7
41,7
36 000
13,2
18,5
30,9
37,0
40 000
11,9
16,7
27,8
33,3
TABEL 1: MIELIEPLANTVERSPREIDING IN DIE RY OP VERSKILLENDE RYWYDTES (CM).
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
OP PLAASVLAK
Rywydte / Grondfisiese eienskappe / Reënval
Bestuurspraktyke
Januarie 2015
24