Background Image
Previous Page  29 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 52 Next Page
Page Background

27

January 2015

om die volle potensiaal te kan benut uit die veranderlike toediening

van plantestand.

Bespreking van proefresultate en data

Terratek het proewe gedoen in samewerking met Monsanto en

Omnia om die optimale plantestand van mielies op verskillende

gronde te bepaal. Die proefuitleg was om vier verskillende

plantdigthede te toets, naamlik 20 000, 24 000, 28 000 en 32 000

plante per hektaar. Die kunsmis is aangepas volgens die behoefte

van elke stand en vogmetings is gedurende die seisoen op twee

verskillende maniere geneem.

Die een is geneem met die Neutron-vogmeter, wat gekalibreer is en

die metings is geneem op elke 300 mm-interval tot op ‘n diepte van

2 100 mm. Die tweede manier was om die kapasitansie probes van

Aquacheck te gebruik om sekere tendense te bepaal tot op ‘n diepte

van 1 500 mm.

Die gemiddelde rywydtes van die gekombineerde proef was

1,05 m. Al die resultate is uitgedruk as watergebruiksdoeltref-

fendheid in kg/mm/ha. Die watergebruiksdoeltreffendheid is ‘n

omvattende indeks wat die algehele doeltreffendheid van plant-

water gebruik, kan evalueer (Turner, 1987).

Grafiek 1

verteenwoordig die data van ‘n Avalon grondvorm wat

ongeveer 30 km suidwes van Bothaville is. Dié diep, hoëpotensiaal

grond het ‘n watertafel op 1 400 mm vanaf die oppervlakte. Die

diagnostiese horisonne van die grond is ‘n Ortiese A (klei = 5%) op

‘n geelbruin Apedaal B (klei = 10%) op ‘n sagte plintiet B (klei = 15%

tot 25%).

Volgens Grafiek 1 kan ons sien dat die 28 000 plantestand die beste

gevaar het in terme van watergebruiksdoeltreffendheid en ook die

hoogste opbrengs van 6,2 ton/ha het. Interessant is dat die 32 000

proef die tweede beste opbrengs het, maar het ook die meeste

water gebruik as die ander wat ondoeltreffend is.

Grafiek 2

toon die data aan van ‘n tweede proef wat ongeveer in

dieselfde gebied is as die eerste een, maar die vogstatus is wel baie

hoër. Op dié plaas is versuipskade ‘n baie groot realiteit as gevolg

van die uiterste hoë watertafel van 600 mm diep.

Grafiek 1: Watergebruiksdoeltreffendheid versus plantdigtheid 2012 en 2013 (Bothaville-terrein 1).

Grafiek 2: Watergebruiksdoeltreffendheid versus plantdigtheid 2012 en 2013 (Bothaville-terrein 2).

5,2

5,5

6,2

5,9

5,7

6,4

6,8

7,2