Januarie 2015
30
H
ierdie artikel is die laaste in ‘n reeks van drie oor die
natuurlike vyande van insekte, met spesifieke verwysing
na kleingraanverbouing. In twee vorige uitgawes van
SA Graan/Grain
(September 2014 en Desember 2014)
is onderskeidelik gekyk na patogene en predatore. In hierdie
artikel word die derde groep natuurlike vyande behandel, naamlik
parasitoïede.
‘n Meer bekende term is parasiet, maar tegnies is daar ‘n verskil
tussen ‘n parasiet en ‘n parasitoïed. ‘n Parasiet word geklassifiseer
as ‘n organisme wat ‘n ander lewende organisme (die gasheer)
gebruik as bron van voedingstowwe; oorlewing van die gasheer is
ook die behoud van die parasiet.
‘n Tipiese voorbeeld is ‘n bosluis wat afhanklik is van vars bloed
wat deur byvoorbeeld ‘n bees (gasheer) verskaf word. Vrek die bees,
is die oorlewing van die bosluis ook in gedrang. By ‘n parasitoïed,
word die gasheer ook aanvanklik as lewende voedingsbron ge-
bruik, maar uiteindelik word die gasheer gedood ten einde die
lewensiklus van die parasitoïed te voltooi.
Daar is uitsonderings, maar vir die doel van hierdie artikel word hier-
die breë definisies voorgehou. Vervolgens word na drie tipes para-
sitoïede gekyk: Wespe in die orde
Hymenoptera
, vlieë in die orde
Diptera
en insekpatogeniese nematodes in die orde
Rhabditida
.
Wespe
By kleingraanverbouing is dit veral plantluise wat deur wespe
geparasiteer word. Hierdie wespe lyk soos klein perdebytjies met
sommige spesies soos
Trichogramma evanescens
wat slegs 0,4 mm
in lengte is.
Daar is twee families wat baie belangrik is by plantluisbeheer, naam-
lik die
Braconidae
(subfamilie:
Aphidiinae
) en
Aphelinidae
.
By die
Aphidiinae
is een van die mees algemene spesie die wesp,
Aphidius colemani
. Hierdie wesp se kop en middellyf (toraks) is
donker van kleur met ‘n effe ligter geelbruin agterlyf (abdomen). Die
pote is ook ligter van kleur en vertoon geelbruin onder ‘n vergrootglas
of mikroskoop.
Die vlerkies is deurskynend en rus bo-op die insek se “rug” in die
nievlieënde posisie. Die antenna is relatief lank en bestaan uit 15 - 17
segmente (
Foto 1
).
Die wesp se liggaamslengte is ongeveer 3 mm (antenna ingesluit).
Hierdie volwasse stadium voed op blomnektar en/of heuningdou
wat deur plantluise uitgeskei word. Afgesien van
A. colemani
is
daar vier ander belangrike spesies (
A. matricariae
,
A. camerunensis
,
A. ervi
en
A. rapae
) wat plantluise parasiteer en ‘n soortgelyke
lewensiklus het.
Hierdie wespe het ‘n baie interessante genetiese meganisme
(haplodiploïede partenogenese) wat toelaat dat wyfies sonder
paring eiers kan lê wat tot die geboorte van (haploïede of “helfte die
aantal chromosome”) manlike wespe lei.
Die vroulike nageslag word deur normale geslagtelike voortplanting
voortgebring en het ‘n vol stel chromosome. Die volwasse wesp leef
ongeveer twee tot drie weke. Die wyfie wesp gebruik haar lêboor om
‘n eier binne-in die plantluis te deponeer. By hierdie spesie word die
lêboor tussen haar pote deur na vore gebring om met die plantluis
kontak te maak en die eier te lê (
Foto 2
).
Sodra die eier uitbroei sal die wurmagtige larwe begin om die
plantluis van binne af op te vreet. Aan die einde van die larwale
stadium (ongeveer tien dae) vorm die larwe ‘n papie binne die
dooie plantluis wat op hierdie stadium ‘n ligbruin, opgepofte voor-
koms het. Hierdie opgepofte plantluis word ‘n “mummie” genoem
(
Foto 3
). Sodra die wesp ten volle ontwikkel is (ná vier tot vyf dae),
vreet dit ‘n deurtjie-opening aan die agterkant van die “mummie”
waaruit die volwasse wesp dan ontsnap.
Nog ‘n belangrike wesp is
Aphelinus asychis
in die familie
Aphelin-
idae
. Hierdie wesp het ‘n soortgelyke lewensiklus as
A. colemani
,
maar het ‘n ander gedrag ten opsigte van eierlegging en voeding.
Die volwasse wesp gebruik haar lêboor in trurat en kyk weg van
die plantluis tydens eierlegging (
Foto 4
). Voeding word ook
aangevul deur die plantluis te wond met haar lêboor, om te draai
en op die proteïenryke vloeistof te voed wat uit die wond lek.
Hierdie voedingsgedrag kan ook tot die dood van plantluise lei
wat as predatoriese tipe gedrag bestempel kan word. Die “mummie”
is swart van kleur en het nie ‘n opgepofte voorkoms nie.
Vlieë
Die Afrika bolwurm,
Helicoverpa armigera
, is ‘n belangrike plaag by
kleingraanverbouing, veral in die Wes-Kaap en onder besproeiing.
OP PLAASVLAK
Parasitoïede / Kleingraanverbouing
Geïntegreerde plaagbeheer
Ken jou (vriendelike) vyand!
JUSTIN HATTING,
LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van die Veldgewasdivisie
Deel 3
“
Kennis oor hierdie natuur-
like vyande se voorkoms,
gedrag en algemene
lewensiklus sal produ-
sente in staat stel om
ingeligte besluite te neem
ten einde biologiese be-
heer te ondersteun.
“