Background Image
Previous Page  36 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

34

‘n Oorsig oor die koringoeskwaliteit

van die 2013/2014-seisoen

D

ie poging om ‘n goeie kwaliteit koringoes jaar op jaar te

verseker is ‘n intensiewe proses. Insette word benodig van-

af alle rolspelers in die koringwaardetoevoegingsketting.

In Suid-Afrika is daar drie hoofkoringteelprogramme, dié van die

LNR-Kleingraaninstituut, Pannar en Sensako.

Nuwe kultivars kan slegs vrygestel word vir aanplanting indien dit

agronomies goed presteer en terselfdertyd ook voldoen aan die

kwaliteitsvereistes van die graanverwerkingsbedryf ten opsigte van

vermalings-, reologiese- (deeg) en bakkwaliteite.

Die teling en vrystelling van nuwe koringkultivars met geskikte kwa-

liteitseienskappe is ‘n langtermynprojek wat gepaard gaan met baie

hoë insetkoste, daarom word evaluasienorme en kwaliteitstandaar-

de daargestel om aan die telers riglyne te verskaf wat die toets van

die tyd kan deurstaan. Enige veranderinge aan die evaluasienorme

en kwaliteitstandaarde word dus deeglik ondersoek en oorweeg

om te verseker dat die langtermyndoelwitte van die teelprogramme

bereik word.

Faktore soos onder meer reënval, klimaat, omgewingsinteraksies

en bewerkingspraktyke het ‘n beduidende effek op koringkwaliteit

en maak die gebruik van absolute kwali-

teitswaardes vir klassifikasiedoeleindes on-

prakties. Vir die evalueringsproses word

kommersiële kultivars dus as biologiese

kwaliteitstandaarde gebruik om as verwy-

singsraamwerk te dien waarteen nuwe teel-

lyne geëvalueer kan word.

Produsente poog verder om die koring-

opbrengs en -kwaliteit te verbeter deur kul-

tivars te selekteer wat die beste aangepas

is vir kommersiële produksie in ‘n spesifieke

gebied. Streng graderingstandaarde is ook

daargestel vir voldoende kwaliteitsbeheer.

Kultivars

Kultivaridentifisering word uitgevoer op elk

van die 340 oeskwaliteitmonsters ingesluit

in hierdie opname. Die kultivars waarna

hieronder verwys word, is gebaseer op ‘n

berekening van die geweegde gemiddelde

persentasie verteenwoordigend van die top

vyf kultivars per streek.

In die Wes-Kaap was SST 015, SST 027

en SST 88 die gewildste kultivars vir aan-

planting. In die Noordwes Provinsie was dit

SST 843, SST 835 en Duzi. SST 835, gevolg

deur PAN 3120 en PAN 3471 was gewild in

streke 21 tot 24 van die Vrystaat. SST 835

was ook die mees aangeplante kultivar in

die res van die Vrystaat, terwyl SST 356,

Elands en PAN 3161 ook populêr was.

Produsente in die Vaal- en Oranjerivier-

besproeiingsgebiede het SST 835, SST 843

en Duzi verkies. Laasgenoemde drie kultivars, in dieselfde volgor-

de, was ook die voorkeurkultivars in Mpumalanga, Gauteng, Lim-

popo en KwaZulu-Natal.

Koringproduksiestreke

Suid-Afrika is verdeel in 36 graanproduksiestreke, met koring wat

in ongeveer 30 van hierdie streke geproduseer kan word. Sien die

Suid-Afrikaanse Gewasproduksiestreekskaart (

Figuur 1

). Streke 1

tot 6 is geleë in die winterreënvalstreek van die Wes-Kaap. Die Wes-

Kaap het hierdie seisoen 928 000 ton (50%) bygedra tot die totale

oes van 1 870 000 ton.

Die Vrystaat is verdeel in produksiestreke 21 tot 28 en verteenwoor-

dig besproeiing sowel as droëlandkoringverbouing. Die tonnemaat

koring geproduseer, het met 90 000 ton afgeneem, wat ‘n voortset-

ting is van die vorige twee seisoene se afname.

Die besproeiingsgebiede word saamgestel uit streke 10 en 11

(Noord-Kaap), 12 tot 20 (Noordwes Provinsie), 29 tot 33 (Mpu-

malanga), 34 (Gauteng), 35 (Limpopo) en 36 (KwaZulu-Natal).

Die Noord-Kaap is nou die tweede grootste produseerder van ko-

ring, danksy ‘n gemiddelde opbrengs van 7,62 ton/ha. Produksie-

syfers is verkry vanaf die Oesskattingskomitee.

OP PLAASVLAK

Koringoes / Kwaliteitsopname / Kultivaridentifisering

Kwaliteit

JOLANDA NORTJÉ,

laboratoriumbestuurder, Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium

Grafiek 1: Verskille in die verspreiding van die proteïeninhoud oor die afgelope drie seisoene.

Grafiek 2: Verskille in die verspreiding van die proteïeninhoud tussen die produksiegebiede.