Background Image
Previous Page  34 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 52 Next Page
Page Background

Hou die Maart-uitgawe van

dop vir ons spesiale

fokus op saad asook fokus op

dieregesondheid.

Belangstellende adverteerders kan

vir Jurgen van Onselen kontak by

082 417 3874 of 021 976 4482.

32

By koring, vreet die jong, onvolwasse wurmstadium aanvanklik aan

die blare van die plant en beweeg later tot in die aar waar dit direkte

skade aan die pitte (saad) veroorsaak.

Hierdie wurms word soms deur vlieë in die familie

Tachinidae

geparasiteer. Die vlieë is min of meer dieselfde grootte as die ge-

wone huisvlieg, maar het effe langer hare (stekels) op die borsstuk

(toraks) en agterlyf. Die volwasse vlieg (

Foto 5

) voed op blom-

nektar en/of heuningdou, terwyl die larwe parasities optree. Die

wyfie vlieg sal ná paring een of meer eiers direk op die wurm lê

(

Foto 6

) waarna die eier uitbroei en die jong larwe (maaier) dan die

wurm penetreer.

Die vlieglarwe vreet aan die wurm se ingewande totdat die wurm

vrek. Die vlieglarwe verlaat dan die kadawer en vorm ‘n papie in die

grond. Uit die papie verskyn die volwasse vlieg om die lewensiklus

weer te herhaal.

Insekpatogeniese nematodes

Word die woord nematode of aalwurm genoem, sien produsente

rooi vlae en dink onmiddellik aan ‘n wortelsiekte by plante. Daar

is egter ‘n voordelige groep nematodes wat op insekte voed en

‘n belangrike rol speel in die onderdrukking van grondgedraagde

insekplae.

Hierdie nematodes behoort hoofsaaklik aan twee families,

Steiner-

nematidae

en

Heterorhabditidae

. ‘n Artikel “

Nematodes harnessed

for biological pest management

” het in die September 2014-uit-

gawe van

SA Graan/Grain

[Vol16(9)] verskyn en produsente word

aangeraai om hierdie artikel te raadpleeg vir verdere inligting.

Net soos patogene (Deel 1) en predatore (Deel 2), is parasitoïede baie

gevoelig vir chemiese plaagdoders en moet onnodige bespuitings

vermy word.

Kennis oor hierdie natuurlike vyande se voorkoms, gedrag en

algemene lewensiklus sal produsente in staat stel om ingeligte

besluite te neem ten einde biologiese beheer te ondersteun.

Hierdie gratis plaagbeheerdiens is reeds in die veld ontplooi;

bestuurspraktyke moet net aangepas word om die impak daarvan

te optimaliseer.

Vir verdere navrae, kontak dr Justin Hatting by die

LNR-KGI by 058 307 3468 of

hattingj@arc.agric.za .

Foto-erkennings

Foto 1:

http://hydro-gardens.com/images/aphidius.jpg

Foto 2:

http://www.biologischer-pflanzenschutz.org/fotos/wpid101-Aphidius-

colemani-0591.jpg

Foto 3:

http://www.utcrops.com/cotton/cotton_insects/images/Aphid_

parasitized_escape_hatch.jpg

Foto 4:

http://www.dongbufarmceres.co.kr/main/Pds/Board/c_product01/%EC%

82%AC%EB%B3%B8_-%EC%A7%84%EB%94%94%EB%A9%B4%EC%B6%A9%E

C%A2%80%EB%B2%8C.jpg

Foto 5:

http://www.nbaii.res.in/Featured_insects/images/exorista-sorbillans2.jpg

Foto 6: Dr J.L. Hatting, LNR-Kleingraaninstituut

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

Ken jou (vriendelike) vyand!