Background Image
Previous Page  28 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

26

Variërende plantestand:

Die volgende vlak in presisieboerdery

D

roëlandboerdery is oor die algemeen nie maklik nie en word

gekenmerk deur vele uitdagings. Verhoogde insetkoste,

soos diesel, saad, kunsmis, plaagbeheermiddels en arbeid,

gepaardgaande met ‘n ongunstige mielieprys, motiveer

produsente om meer effektief te dink.

Die grootste vraag is: Hoe bestuur ‘n produsent die onbeheerbare

faktore, soos die hoeveelheid reën en nog belangriker, die

verspreiding van reën? Die maklikste antwoord is dat ‘n produsent

moet doen wat hy kan, met wat hy het, maar dit beteken ook dat die

besluite wat geneem moet word, al hoe meer en moeiliker raak.

Besluite rakende plantestand kan dalk maklik oorgesien word,

maar kan wel ‘n groter rol speel in die optimalisering van ‘n droë-

landboerderysisteem.

Presisieboerdery en plantestand

Die presisieboerderykonsep is lank nie meer net ‘n idee wat in

ander lande toegepas word nie. Dit is uit en uit deel van ons land-

bou en word nie alleenlik net toegepas nie, maar Suid-Afrika word

gesien as een van die leiers op die gebied.

Die tendense wat die droëlandlandboubedryf tans ervaar, soos

nouer rywydtes, wyer bewerking en veral groter planters met die

hoogste tegnologie en akkuraatheid, maak variërende plantestand

meer toeganklik. Die vraag is egter hoekom moet die produsent

begin om plantestand te varieer en op watter gegewens of faktore

gaan plantestand gevarieer word?

Hoekom variërende plantestand?

Droëlandgewasproduksie word gedryf deur reënval, maar meer

spesifiek deur grondbeskikbare vog. Daarom is die grootste rede

vir die veranderlike toediening van plantdigtheid om die effektiewe

benutting van grondvog te kan optimaliseer deur die verhoging van

die watergebruiksdoeltreffendheid.

Elke droëlandprodusent moet daarna streef dat ‘n plaas of ‘n land

meer graan moet produseer met minder gebruik van grondvog in

millimeters per hektaar.

‘n Voorbeeld wat gebruik kan word om die konsep te illustreer,

is ‘n land wat op een gedeelte hoogliggend is met ‘n diep, goed

gedreineerde grond wat ‘n droër tipe keerlaag het waar water lateraal

beweeg na die laagliggende dele van die land.

Die laagliggende deel versuip maklik, want die keerlaag is vlak en die

klei-inhoud is baie hoog en dus kan baie water gestoor word. Om ‘n

homogene plantestand op dié land te plant sal nie winsgewend wees

nie ongeag van die tipe seisoen.

Plantestand moet verhoog op die dele wat versuip om die natuurlike

vog te kan benut asook om suurstofstres te verlaag. Terselfdertyd

moet die stand verminder tot op ‘n sekere minimumvlak op die

hoogliggende gebied om droogtestres te bestuur. Vanuit hierdie

perspektief maak dit sin om plantestand te varieer.

Faktore wat variërende plantestand

beïnvloed

Grondvog speel die grootste rol om die optimale plantestand te

bepaal. Grondfisiese eienskappe, soos grondvorm, effektiewe

worteldiepte, klei-inhoud en struktuur per horison asook die tipe

keerlaag is die belangrikste faktore om in ag te neem.

Die bogenoemde eienskappe beïnvloed die hidroliese dinamika

in die grondsisteem en daarvoor moet die grond se fisiese

eienskappe bepaal word en die grondvoginhoud gemeet word.

Die profielvoorsieningstempo moet ook bereken word, want

dit kan ‘n beperkende faktor raak, veral in seisoene waar swak

reënvalverspreiding voorkom.

Rywydtes speel ook ‘n groot rol, want plantestand moenie as

‘n eenheid bestuur word nie, maar as ‘n kombinasie met die

agronomiese sisteem. ‘n Wyer rywydte met ‘n hoë plantpopulasie

kan skade veroorsaak en opbrengs verlaag.

Die binnery-spasiëring is noodsaaklik en in hierdie geval is die

populasie op die ry te hoog en dus word die grondvog te vinnig

uitgeput. Die vog tussen die rye beweeg te stadig na die wortels toe,

veral ‘n grond wat ‘n baie lae profielvoorsieningstempo het.

Die grond tussen die rye op ‘n wyer rystelsel is blootgestel. Sonlig

kan die temperatuur op die grondoppervlakte verhoog en dus

grondvogverliese bespoedig deur middel van verdamping. Die

nuutste tendens is om nouer rywydtes te plant en met dié word die

hele grondprofiel op ‘n driedimensionele vlak meer effektief benut.

Daar is verminderde binneryvogstremming en beter grondbe-

dekking. ‘n Mikroklimaat word gevorm wat meer gunstig is vir

vogbewaring. Nouer rywydtes stimuleer die groei en verspreiding

van fyn haarwortels in die boonste 10 cm van die grond wat

reënvaleffektiwiteit verhoog. Nouer rywydtesisteme is gunstiger vir

variërende plantestandtoediening.

Dit sal wys wees om topografie ook as ‘n faktor te oorweeg met die

variërende plantestandproses. Topografie speel ‘n belangrike rol in

die beweging van oppervlakwater asook grondwater. Hoogliggende

dele is geneig om droër te wees en beter te kan dreineer waar

water in die leegtes akkumuleer. Die formasie van gronde word ook

ondermeer gedryf deur topografie.

Voordat daar besluite geneem word rakende plantdigtheid, moet ‘n

produsent eers verseker dat daar geen beperkings op ‘n chemiese

vlak is nie. Dit wil sê die grondchemiese status moet eers reggestel

word. Belangrike aspekte soos pH, suurversadiging, fosfaat (P),

kalium (K), kalsium (Ca) en magnesium (Mg) -vlakke moet in lyn

wees. Die variërende toediening van bemesting moet in plek wees

OP PLAASVLAK

Besluite / Plantestand / Presisieboerdery / Varieer

Bestuurspraktyke

JASON SPARROW,

landboukundige, Sidi Parani